Nuwe Valke-hoof se aanstelling ‘moet bevraagteken word’

ValkeDie DA het gesê hy het met benoudheid verneem dat Berning Ntlemeza aangestel is as die nuwe hoof van die Valke.

“Hierdie is ’n man wie se aanstelling en optrede as waarnemende hoof van die Valke deur die Noord-Gautengse hooggeregshof as bevooroordeeld en oneerlik beskryf is,” het Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, gesê.

“Ons sal om dié rede dringend aan die voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie skryf en versoek dat die minister van polisie onmiddellik na die parlement ontbied word om die rasionaal vir die aanstelling te verduidelik.

“Die onverklaarbare skuif deur die minister moet luidkeels bevraagteken word en sy ongetwyfelde versuim om bevredigende antwoorde te verskaf moet aan ’n parlementêre ondersoek onderwerp word en die aanstelling van Ntlemeza moet ter syde gestel word,” het Kohler-Barnard gesê.

Die DA hou vol dat Ntlemeza se aanstelling aan waarnemende hoof van die Valke onwettig was aangesien die skorsing van sy voorganger, Anwa Dramat, ongrondwetlik was. Die Noord-Gautengse hooggeregshof en die konstitusionele hof het gelas dat die minister van polisie se besluit om Dramat te skors “onwettig” en “ongeldig” was en “ter syde gestel moet word”.

“Die portefeuljekomitee oor polisie kan nie die minister se gedrag, deur Ntlemeza eers onregmatig in ’n waarnemende hoedanigheid aan te stel en nou dit permanent te maak, ignoreer nie,” het Kohler-Barnard gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Voornaam: ‘Mthandazo’ (volgens vorige berig) of ‘Berning’ volgens hierdie berig ?

Peet Schabort ·

Beide is sy voorname en ook iets soos ‘majoor-generaal’.

GES ·

Wat maak dit saak? Die ANC het reeds laat weet dat hulle, hulle nie deur howe sal laat hiet en gebiet nie. Die ANC het hulle eie wette (grondwet) wat verhewe is bo alle landswette. In kort ons kan gaan bars.

Blondie ·

Gaan hy by die valke ook n goue handdruk kry. ….soo word hy skatryk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.