Nuwe Valke-waghond aangestel

Fikile Mbalula, minister van polisie (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Regter Frans Diale Kgomo is met onmiddellike effek as die nuwe waghond vir die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke, meer bekend as die Valke, aangestel.

Dié aankondiging is Vrydag deur Fikile Mbalula, minister van polisie, gemaak.

Mbalula het gesê Kgomo sal die pos beklee ná die onlangse afsterwe van regter Essa Moosa.

Kgomo sal belas word met die ondersoek van klagtes van die publiek rakende die oortreding van menseregte wat deur ondersoeke van die Valke veroorsaak word.

Kgomo sal ook klagtes van lede van die Valke moet ondersoek oor onbehoorlike invloed of inmenging wat op hulle uitgeoefen word tydens hul ondersoeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

N Lourens Reitz ·

Ek het geen respek vir hierdie minister.
Die uitdrukking en termologie van sy taal gebruik op tv nuus moet hy besef dit gaan nie die moord en doodslag en misddaad help oplos nie.As hierdie taal gebruik in die openbare domain gebruik is so dit ñ skorsing of ten minste ñ verpligte verlof veroorsaak het ook in die korperatiewe wêreld.

ag so ·

nee wat niemand word oor n vloekbek geskors of hof toe geneem nie. hy het niemand persoonlik gevloek nie. net, die slim mense sal dit nou beslis doen.

Hennie ·

Wat n bleddie clown. Weet niks van polisie organisasie nie. Hoe kan so clown land se polisie bedryf. Iemand in sy pos moet mos n polisie agtergrond he.

ag so ·

wie in ons onlangse geskiedenis het polisie opleiding gehad? lyk if die parlementslede ook geroteer word om opleiding te kry.

Adam ·

Hennie, ek sien Fikile as ‘n komediant omrede hy ons vermaak met woorde. Ongeag of hy gesien word as ‘n nar of ‘n komediant, kan ons nie argumenteer oor die feit dat die man vir hom gate graaf met sy mond nie. Sy verduideliking in die Parlement oor die gebruik van die woord “balls” is ongelooflik insiggewend. Nie net is hy ‘n leuenaar nie, maar ook ‘n baie swak en arrogante een. Ek dink nie polisierings-ervaring is so belangrik vir ‘n minister nie, bestuursvaardighede en bo-gemiddelde intelletuele vaardighede wel, beide iets wat nie by ons vriend te vinde is nie.

marous ·

Het die waghond wat ‘n waghond nodig het dan hondsdolheid? Waarom vra rol en skiet nie sommer vir die publiek om dit ook vir hom te doen nie?

Eish ·

Hy moet die valke op hok hou, en wie gaan kyk dat hy sy werk doen?
Dis n nimmereindigende aanstelling van hekwagte wat laaaaaankal hul swaard, spies en skild verruil het vir n paar pond.

Apache ·

Dis alles vooraf beplan wie die job kry, vriende help vriende en familie help familie of dit nou in die polisie organisasie is of die regering.

LV ·

Wonder hoe ver is die ondersoek oor die Undertaker se aanstelling van sy familie en vriende in senior poste in die Valke?

Johann ·

Eendag net nou die dag nog, was daar j plek genaamd ZUPTOPIA. In ZUPTIPIA het daar baie ZUMAIKIES rondgeloop wat gevat en geskep en gesteel en gebrrek en verwoes het, met n NUMBA WHONE wat mooi gewys het hoe om dit te doen. Almal het saam in diensandput gepipi…so jiemamd het van iemamd iets slegs gese nie. Hulle skool se naam was ANC ANARGIE TERRORIS OPLEIDINGS MEKKA…o ja…elke dan en wan het hulle maaikies van n Shebeen kom kuier…dit was lekker man…lekker!!!!!

Leahim ·

Die polisie soos hy nou is is n totale mors van belasting geld werf nuwe lede binne in die area wat die stasie dien en oor n paar jaar sal van die stasies in so mate herstel dat hulle iets meer sal beteken as n kantoor waar jy n motor ongeluk aanmeld of dokumente beëdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.