Nuwe vennootskap ʼn belegging in Afrikaans

virseker-vennootskap-2018-08-02

Henk Schalekamp, dr. Dirk Hermann en Kallie Kriel maak ’n aankondiging oor die Solidariteit Beweging se nuwe vennootskap met Virseker. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die Solidariteit Beweging het Donderdag aangekondig die organisasie sluit ʼn nuwe vennootskap met die korttermynversekeraar Virseker met die doel om aandeelhouers te word. Die vennootskap beoog om nóg miljoene rande in die toekoms van Afrikaans te belê.

Die bekendmaking is Donderdag by Forum Films se ateljee in Centurion, Pretoria gedoen.

“Virseker het in 2010 ontstaan uit die Afrikaanse gemeenskap toe ons net begin droom het oor moontlikhede om ʼn nuwe Afrikaanse universiteit en kampus te finansier. ʼn Groot persentasie van die belegging uit Virseker se trust is sedertdien in Akademia belê.

“Akademia het nou gegroei tot op ʼn punt waar daar binnekort voltydse grade aangebied sal word en ʼn versoek sal ook ingedien word om nog dertig nuwe grade te laat akkrediteer.

“Dié Afrikaanse korttermynversekeringsproduk het ook gehelp om talle studiefondse vir Afrikaanse studente te finansier, terwyl dit ook bygedra het tot die ontwikkeling van die Skoleondersteuningsentrum met ʼn sterk fokus op wiskunde en die uitbreiding van Soltech, ʼn privaat tegniese opleidingstelling,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit en voorsitter van die Virseker Trust gesê.

Hermann het bygevoeg dat Akademia nou ʼn nuwe fase betree en daarom was dit tyd om ʼn nuwe vennootskap tussen Virseker en die Solidariteit Beweging te sluit.

“Hierdie is ʼn groot deurbraak en die begin van ʼn nuwe vlak. Mense wat in Afrikaans glo, sal nie net hul huis of motor verseker nie, maar so ook die toekoms van Afrikaans kan beskerm.”

Hermann het bygevoeg dat met die destydse ontstaan van Virseker was dit belangrik dat die korttermynversekeringsproduk op goeie, gesonde kommersiële beginsels gegrond is en waarde vir kliënte sal bied.

“Die jongste Suid-Afrikaanse kliëntetevredenheidsopname het bevind dat verbruikers die meeste tevrede is met Virseker se versekeringsproduk. Dit maak ons trots, maar het ons ook nie eintlik verbaas nie.

“Ek dink dit is die geval omdat dié versekeringsproduk soveel meer bied en eintlik ʼn persoon ʼn gevoel van genoegdoening gee omdat hulle weet hulle maak ʼn verskil en hul versekering is nie net ʼn irritasie nie.”

Die Solidariteit Beweging beoog nou om Virseker te help om nog 20 000 polisse te verkry sodat die korttermynversekeraar as ʼn selfstandige maatskappy kan registreer waarin die Solidariteit Beweging ʼn aandeelhouer is. Die ander aandeelhouer in die Virseker-maatskappy sal Telesure Investment Holdings wees.

“ʼn Mens kan nie die waarde van eksponensiële groei in hierdie geval te veel benadruk nie. Virseker het van 2011 tot Junie 2018 R32 miljoen in Afrikaanse onderwys belê. Van Junie tot Julie vanjaar was daardie bedrag reeds R12 miljoen,” het Henk Schalekamp, voorsitter van Solidariteit se beleggingsmaatskappy en trusteelid van die Virseker Trust, gesê.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, is dit uiters belangrik om te verseker dat Afrikaans selfstandig en volhoubaar is.

“Afrikaans en Afrikaanse leefruimtes mag nooit net van aalmoese afhanklik word nie. Daarom is dit belangrik om ʼn finansieringmodel te ontwikkel wat dit kan onderhou. Die ontwikkeling van iets soos Akademia moet natuurlik sonder belastinggeld gedoen word en daarom is Akademia vir ons so ʼn uitstekende voorbeeld van wat die krag van lede is.

“Hier is die geleentheid vir mense om nou saam te werk vir die gemeenskaplike saak van ʼn belegging in die uitbou van Afrikaanse onderwys,” het Kriel bygevoeg.

Hermann en Kriel het ʼn beroep op almal gedoen wat Afrikaans praat en dié taal op die hart dra om te help bou aan Afrikaans deur die eerste stap te neem en ʼn kwotasie by Virseker vir korttermynversekering aan te vra.

  • Lees ook Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se meningstuk oor die nuwe vennootskap op Maroela Media.
  • Lesers wat graag meer oor Virseker se produkte wil weet of ʼn kwotasie wil kry kan ’n SMS stuur na 42641 of 0861 62 42 74 skakel.

 

  • Maroela Media en die Virseker Trust werk saam om Afrikaanse onderwys en ander Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Kry ʼn verpligtingvrye Virseker-kwotasie.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy, ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. B’s & V’s geld. (FDV-lisensienommer: 16354)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

AmY ·

Wonderlik!!!!
Hierdie kan beslis werk, want oor twintig jaar gaan hierdie die top-universiteit in SA wees.

Verniet ·

Alles baie positief. En hierdie mense wys die verkose regering (nie my regering nie) ‘n ding. Maar nie lank nie dan dwing hulle Akademia om Engels as voertaal in te stel omdat Afrikaans kwansuis ander volkere uitsluit en dus diskrimineer teen hulle – kyk maar wat het hulle grondwetlike hof gesê. Die word mos gebruik om alle volksvreemde goed in jou keel af te wurg en volgens hulle wette te diskrimineer teen ons Eurokane . Solidariteit/ Afriforum moet solank begroot vir die hofsake in hierdie verband

Piet ·

Akademia is ń privaat instansie, hulle kan nie Engels afforseer nie, die enigste rede waarom hulle dit kon doen in die geval van UFS is omdat dit ń publieke universiteit is.

Radioads ·

Afrikaanse media moet ook aangemoedig word om eerder Virseker advertensies uit te saai as die van kompetisie wat niks vir Afrikaans doen nie. Die kompetisie word oor en oor uitgesaai, en kry heeltemal te veel lugtyd.

koos1 ·

Neem in ag dat hulle betaal vir daai lugtyd en dit die Afrikaanse media help voortbestaan.

Celtis Africana ·

Dink net hoe verspot maklik die 20 000 polisse verkoop sou kon word indien daar n sambreelorganisasie bestaan het waar alle instansies wat ons as minderheid se saak goedgesind is, ingebind was as n eenheid.
Landbouorganisasies, Burgerregte organisasies, IRV, FAK en so aan.

humor ·

Celtis n gpoei gedagte, maar ek reken dit is heel logies dat dit so sal gebeur. Hoop so.

Moeg ·

Dis baie mooi, maar dit help nie as jong wit mans met kwalifikasies nie werk kry nie. My man het by Sol-Tech gestudeer en gekwalifiseer as ‘n passer en draaier en’ n Afrikaanse man het gemaak dat sy werk vou en dat hy en almal daar hul werk verloor. En nou wil NIEMAND hom ‘n kans gee nie. So as hulle die universiteit op die been bring hoop ek Afrikaanse werkgewers sal onderneem om hierdie gradueerdes in te neem, anders sien ek GEEN hoop vir ons nie.

Henry ·

Skokkende ervaring!
Hopelik sal die uitkoms waarvoor julle wens, werklikheid word.

jaco ·

Hou op kla oor taal! Taal onteien jou nie sonder vergoeding nie. Taal pleeg nie plaasmoorde nie. Taal is seker in ‘n mate betrokke by regstellende aksie en BEE, maar gaan kyk na oorwegend wit Afrikaanse skole se matriekuitslae elke jaar en dis duidelik dat ons mense wel engels verstaan en kan praat. Hierdie alewige gekla oor alles wat verengels laat my wonder: is daar regtig van ons mense wat dan só dom is dat hulle nie Engels verstaan nie?

L ·

Ag nee Jaco man! Wees saam ons bly? Sjoe aai tog mens?! Wie het gekla? Ons vorder met intense harde werk ou boet, wat jy nie wil of kan doen nie, hoekom gaan word jy nie eerder stil in waardering nie? Goeiste!!!

Boerseun ·

Kan julle dalk n sellulêre netwerk begin? Ek sal eerste aansluit, gister vir Cell C (talk with yourself) gelos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.