Nuwe vennootskap om landelike veiligheid op te skerp

agri-sa-fidelity-ooreenkoms-2019-04-23-01

Agri SA het ‘n samewerkingsooreenkoms met Fidelity ADT te onderteken om die hoë vlakke van plaasgeweld en landboumisdaad te bekamp. V.l.n.r. is Tommie Esterhuyse van Agri SA se sentrum vir uinemendheid, Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity ADT, en Dan Kriek, president van Agri SA. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Landbouverwante misdaad kos dié bedryf jaarliks sowat R7,7 miljard.

Terwyl plaasaanvalle oor die afgelope twee jaar toegeneem het, het sewe uit tien boerderye ook aangedui dat hulle ʼn vorm van misdaad ervaar het. Veediefstalsake het ook met ʼn verdere 7,2% toegeneem.

Volgens die landbou-organisasie Agri SA wys dit daarop dat lede van die boerderygemeenskap in Suid-Afrika herhaaldelik slagoffers van verskeie misdade is.

Die erns van die geweldsmisdade het dié organisasie genoop om ʼn samewerkingsooreenkoms met Fidelity ADT te onderteken om die hoë vlakke van plaasgeweld en landboumisdaad te bekamp.

Volgens die ooreenkoms sal Fidelity ADT ondersteuning bied aan die polisie en bestaande veiligheidstrukture in die landelike omgewing. Die sekuriteitsdienstegroep wil ook onder meer doeltreffende en bekostigbare monitorstelsels ontwikkel, wat alarms en kameras insluit, om mense en eiendom op plase te beveilig.

“Ons sal ʼn gesentraliseerde inligtingsentrum kan bied om misdaadondersoeke en inhegtenisnemings te voorspel en te fasiliteer. Ons sal ook nou saamwerk met verskeie plaaswagte, plaaslike veiligheidsmaatskappye en boereverenigings om hul vaardighede op te skerp en hulle te bemagtig met waardevolle insigte rakende aspekte soos burgerlike inhegtenisneming, aanmelding van verdagte gedrag, grondbesettings, nywerheidsonrus en veediefstal, asook opleiding in verskeie veiligheidsaspekte verskaf,” het Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity ADT, Dinsdag in Centurion gesê.

Dié sekuriteitsgroep wil help om ʼn behoorlike strategie te vorm vir die bekamping van plaasaanvalle, soortgelyk aan dieselfde strukture wat ingestel is om transitorooftogte te verminder.

Bartmann meen ʼn sterk intelligensiesentrum is nodig waar misdaaddatabasisse bygehou en beeldmateriaal deeglik ontleed kan word.

“Dit is hoe ʼn mens in staat sal wees om misdaad te voorspel, brandpunte te identifiseer en die inligting te kanaliseer na die polisie, plaaswagte en sekuriteitsnetwerk in die landelike omgewing,” voeg hy by.

“Die probleem van plaasveiligheid is te groot vir ʼn enkele organisasie, gemeenskap of selfs owerheidstrukture om te hanteer. Die realiteit is dat geweldsmisdaad in ons landelike boerderygebiede nie slegs die gemeenskap raak nie, maar ook ʼn negatiewe uitwerking op voedselproduksie, nasionale stabiliteit en die ekonomie van die land het.

agri-sa-fidelity-ooreenkoms-2019-04-23-02

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelity ADT, onderteken die samewerkingsooreenkoms met Agri SA, terwyl Dan Kriek, president van dié landbou-organisasie, toekyk. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

“Daarom bly die veiligheid van die boerderygemeenskap een van die uitdagings wat alle boere oor Suid-Afrika heen moet aanpak,” sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum vir Uitnemendheid: Landelike Veiligheid.

“Ons glo dat die vennootskap ʼn groot bydrae sal lewer om ʼn veilige landelike omgewing daar te stel en sodoende voedselsekerheid en maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te ondersteun en op die veiligheidsbehoeftes van landelike gemeenskappe te reageer. Dit is ook die oogmerke van die Landelike Beveiligingstrategie soos ontwikkel deur die polisie met behulp van Agri SA.”

Die vennootskap het op 1 Februarie 2019 in werking getree en word tans uitgebrei na Agri SA se provinsiale organisasies soos Agri Noord-Kaap en Vrystaat Landbou.

“Ons beplan om die Vrystaat aan die hand van kameras te monitor. Die Vrystaat-provinsie loop tans die ergste deur onder veediefstal en skade aan landbou-eiendom, terwyl daar bepaalde dorpe in die Noordwes is wat ook probleme ervaar. Dit is hier waar ons voorkeur sal gee,” sê Esterhuyse.

Agri SA sê die ooreenkoms het die ondersteuning van die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla John Sitole. Die landbou-organisasie wil nou met 15 boereverenigings saamwerk om die landelike veiligheidstrategie verder saam met Fidelity ADT uit te bou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Boerboel ·

Stap in die regte rigting, hoop en vertrou dit is volhoubaar en lewer resultate, 10 Plaas Aanvalle net vir die paasnaweek.

Boemerang ·

Geen ander opsie nie. Die SAPS het duidelik misluk om te beskerm. Stedelinge sal dieselfde moet doen.

Willie ·

Lamsakkige SAPD kannie eers n polisiestasie oppas nie… n National skande!

Elizabeth ·

Die enigste manier om te help, is om onsself te help. Dan weet ons ten minste dit word behoorlik gedoen. Ons regering stel nie in ons belang nie.

ZAR ·

Dit was ook my eerste gedagte. Elke keer as ek lees van Agri-SA dan kry ek so ‘n wrang smakie in my mond.
Hierdie klink na ‘n goeie idee, maar ek is nie meer so seker aan watter kant van die draad Agri-SA staan nie.

Daan ·

AgriSA het die verkeerde politieke pad ingeslaan. SAAI het die gaping gevat.

aj ·

Welgedaan!

Maar elke individu moet steeds PARAAT word en hom / haar SELF BESKERM!

Werner ·

Nou wanneer het Agri wakker geskrik hulle het ook mos gese almal die TLU en ander oordryf oor die plaas aanvalle hulle is mosterd na die maal

Boerboel ·

Stem Saam Boemerang, Daar is nog manne en vroue in blou wat probeer om hulle werk te doen, maar hulle kan ook net doen soos wat hulle toe gelaat word. Die probleem is egter by die Top struktuur, Gaan kyk na ons ou Polisie mag, al die Hoof van die Polisie wat daai tyd gedien het, het n’ pad in die veiligheids Polisie gestap. Daar was kennis, kundigheid en ervaring, Nou met geen inteligensie eenhied sal die SAPD niks kan uitrig. Jy moet weet wat op die grond aangaan en mense moet opgelei wees vir die tipe werk. Skelms gaan nie nou jou toe kom nie, jy moet inligting opvolg, informante op die grond he wat jou heeltyd voer met inligting. Kyk na die FBI hulle maak baie gebruik van informante en “undercover” agente. SAPD het gevaal om die boere te beskerm. help nie jy wil vang as die misdaad klaar gepleeg is nie.

Anoniem ·

Fedility ADT reken hulle het 4000 voertuie landwyd, so hoe op dees aarde gaan hulle dit doen? Dink hulle nou werklik die aanvallers gaan vir Wahl Baartman se bakore skrik?

Rna ·

Manie, is dit nodig om persoonlik te raak……………….ai tog!

JohanL ·

Manie – ten minste probeer Fidelity ADT iets doen, wat die SAP nou nie juis bekend is voor nie. Sal graag wil hoor, as jy dan so krities is, wat is jou planne/voorstelle om plaasaanvalle aan te spreek?

Ek dink ons almal kan nie wag om te hoor nie. O en los maar die persoonlike opmerkings.

Dries du Toit ·

Manie hierdie mense is nie ons vyande nie. Ons het genoeg vyande moenie jou eie mense jou vyande maak nie. Dit is die grootste rede dat ons vandag is waar ons is. Daar is so baie wit haat in die land. Ek wil glo jy is nie n wit hater nie

Pieter du plessis ·

Manie jy klink soos n polisie man en as jy bang is fidelity guards vat jou werk/niks doen dan is jy reg die publiek wit en swart is moeg vir die polisie

ZJ ·

Ja Manie , jy is ook die soort wat net op die kantlyn staan en blaf en niks verder beteken nie. Kom eerder met voorstelle om die probleem aan te spreek.

Jepetto ·

Manie Muis ADT het al baie groot sukses behaal hulle maak gebriuk van die nuutste elektroniese tegnologie hulle het die geld en vermoe om uit te bry so moenie uitmis nie

Judge Dredd ·

So Kriek ontken dat plaasaanvalle so groot probleem is – maar dan gaan hy in vennootskap met ADT sekuriteit vir plaas beveiliging.

Sou dit nie slegte nuus wees vir privaat sekuriteits agentskappe indien die regering wel misdaad onder beheer kon kry?
Besit Kriek miskien aandele in ADT?
Is dit nie dalk ‘n geval van munt slaan uit misdaad nie.

Gemakserde Sopbeen ·

Voor 1990 was ‘n daar ‘n parate burgermag wat bekend gestaan het as die “Kommando”…..en dit was gefinansier met die boere se inkomstebelasting. Hoeveel plaasmoorde was daar VOOR 1990? Ek vra maar net….

Judge Dredd ·

Besit Dan Kriek aandele in ADT?

Sal dan mos goed wees vir hom as die regering niks aan misdaad doen nie.

marco polo ·

Hoop nie hierdie is n opportunistiese geldmaakstorie nie, maar dankie dat iets gedoen word.

Jerry ·

Ek sien van die kommentators se die SAPD het gefaal, die regering het gefaal en hoekom skrik arme AGRI SA nou eers wakker aangesien dit nou mostert na die maal is. Kom ek se nou vir julle dat julle is reg, maar hoekom julle goedsmoeds vir AfriForum wat n paralelle staatsstruktuur gestig het vir landelike beveiliging nie aanhaal saam met die wat gefaal het nie, getuig van oneerlikheid. Hoe lank is Afriforum al betrokke by landelike beveiliging? Dit is dus duidelik dat Afriforum deel van die groepie is wat julle aanhaal van wie almal gefaal het. Die toename in plaasaanvalle en plaasmoorde het dan selfs onder Afriforum se wagbeurt plaasgevind! Dit is dus mos nou te verstane dat Afriforum, die staat en die SAPD vir Agri SA nie meer veel langer met n keuse laat as om in te gryp en te red wat daar nog te redde is. Deur die kundiges onmiddellik te betrek behoort deur enige regdenkende Afrikaner verwelkom te word, behalwe natuurlik diegene wat meer wit kruise wil sien ten einde hulle politieke agendas verder te voer! Dit is tyd dat die slim laaities eenkant toe staan en by oom Whall leer wanneer hy vir julle wys hoe dit gedoen behoort te word!

Judge Dredd ·

Jerry, dis nou tyd dat jy jou eie raad begin volg en versoenend optree teenoor Afriforum. :-)

AndrewL ·

Werk net uit hoeveel belasting vorder die regering in net uit misdaad, dan verstaan mens waarom misdaad nie bekamp word nie.

Boerboel ·

Mense ek stem saam met Jerrry, kom ons gee ADT n’ kans, dis beter as niks, Ons hoop vir die beste. 14x Plaas aanvalle net vir die Paasnaweek! Tans het ons niks !

Paaries ·

‘n Goeie begin sal wees om die Polisie van jou plaas af te hou. Die stomme handjievol eerlike polisiebeamptes wie nog oor is en wil werk word aan bande gelê of geviktimiseer. Lees gerus op oor wat Robert Mc Bride voor die Staatskapings kommissie getuig het. Die SAPD se topstruktuur is ‘n patronaatskap/mafia.

Nie 'n AB Lid ·

Die Broeders help mekaar. Lyk maar soos een AB-beheerde organisasie wat die ander AB-beheerde organisasie help. Goeie besigheid.

Heksie ·

As ADT so goor gaan wees soos wat hul by ons kantore is, dan het ek nie veel hoop nie! Paraatheid begin by elke boer, vrou en kind, plaaswerker! EN DRA JUL WAPENS!!!!!!!!

AG ASB TOG ·

ADT is USELESS in die stede .. ons het na Bull toe oorgegaan omdat ADT nie op een van ons noodkrete ooit geluister het nie .. daar was kamstig altyd fout met die SEIN en so betaal ons vir 15 jaar aan ADT ‘n reuse bedrag geld om GEEN diens te ontvang nie .. so STERKTE aan die boere as hulle dink ADT gaan op plaaspaaie rondry en hulle gaan beskerm . hulle sit eerder onder die bome en rook .. ek sien hulle elke dag oppad huistoe . maar vra net vir hulp dan kry jy nog ‘n rekening wat nie ingesluit is by jou maandelikse fooitjie nie …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.