Nuwe vereniging wil veg vir Afrikaans in universiteite

Piet le Roux

Piet le Roux

Agt bekende oudstudente van verskeie plaaslike universiteite het Sondag bekendgemaak dat hulle ʼn vereniging op die been sal bring ter behoud van Afrikaans in Suid-Afrikaanse universiteite.

Piet le Roux, een van die stigterslede en ʼn raadslid by die Universiteit Stellenbosch (US), het aan Maroela Media gesê daar is regoor die land ʼn georkestreerde aanslag op die onafhanklikheid en uitnemendheid van die voortreflikste Suid-Afrikaanse universiteite in die naam van “transformasie”. Dit het Le Roux en sewe ander sleutelrolspelers in hoër onderwys laat besluit om die Afrikaanse Alumni-vereniging te stig, om as spreekbuis te dien vir diegene wat die voortsetting van uitnemende Afrikaanse hoër onderwys nastreef.

Die ander stigterslede van die vereniging is prof. Hermann Giliomee (US), prof. Francois Venter (Noordwes Universiteit), Paul Colditz (Universiteit van die Vrystaat), prof. Annette Combrink (NWU), prof. Deon Geldenhuys (Universiteit van Pretoria), prof. Jacques van der Elst (Universiteit van KwaZulu-Natal) en dr. Dirk Hermann (NWU).

Volgens Le Roux word die aard van die transformasieprogram in universiteite nie grondwetlik gedefinieer nie, maar is dit duidelik dat daarmee beoog word om die invloed en rol van veral Afrikaanssprekende rolspelers in die hoër onderwyssektor te neutraliseer. Dit blyk ook dat die transformasie beoog om Afrikaanssprekende rolspelers deur ander persone te vervang met velkleur as bepalende kwalifikasie vir aanstelling.

“Transformasie het dus gedegenereer tot ’n program om rasgedrewe dominansie deur anneksasie te bewerkstellig. Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, dreig met ingryping indien “radikale transformasie” nie plaasvind nie,” het Le Roux gesê. “Ons is bekommerd oor staatsinmenging, transformasie en die viktimisering en afskaling van Afrikaans by ons universiteite en ons weier om te aanvaar dat Afrikaans en Afrikaanse studente in ’n staat van beskuldiging geplaas word.”

Hy het gesê die vereniging het ten doel om as spreekbuis te dien vir diegene wat die voortsetting van uitnemende Afrikaanse hoër onderwys nastreef. Vanaf Sondag sal oudstudente en ondersteuners op www.afrikaansealumni.co.za kan registreer dat hulle lid wil word, deur die stigtingskomitee se stigtingsvoorneme te ondersteun. Mense kan ook hul steun per SMS met die woord “student” na 34802 aandui. Die volledige stigtingsvoorneme kan op die webwerf gesien word.

“Die stigtingskomitee sal teen die einde van September ʼn aankondiging maak oor die hoeveelheid steun wat ons gekry het, asook oor die stigtingsfunksie van die Afrikaanse Alumni-vereniging,” het Le Roux gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

36 Kommentare

Dottie Hanekom ·

Ek wil dringend aansluit, dit is hoog tyd dat ons veg vir onsself en ons Taal.

Suné van Heerden ·

Dagsê Rod

Ons het nou ‘n “hyperlink” ingesit op die betrokke skakel in ons berig – dalk werk dit nou?

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Piet Snot ·

Die hyperlink werk – mens kan nou moeiteloos aansluit.

johan ·

120% tyd laat ons opstaan laat die oer drang om ons sin te verdedig opstaan. Laat weet ook waar ek aansluit en ek is daar. Ons vir jou afrikaans.

Carol van den Heever ·

Ek stem volkome saam …… bly weg van ons Afrikaansetaal….ons sal veg vir ons taal – Afrikaans.

Christo Murray ·

Ek lees onderstaande brief in Saterdag se Burger. Indien dit teen die reels is om dit hier te plaas, verwyder dit asseblief. Ek dink dit is baie relevant:

Jy gaan koop nie vis by ’n hoenderplek

Die hongerte oorval ’n man en sy maag gor en skree. Hy moet dadelik kos in die hande kry om sy honger te stil.
Hy stap in by die naaste restaurant wat in hoendergeregte spesialiseer, heeltemal bewus daarvan dat hy glad nie hoender eet nie. Hy is eintlik ’n viseter.
Nadat hy vriendelik deur die kelner begroet en na sy behoefte gevra is, dring hy daarop aan om vis te bestel. Hy is lus vir vis. Vis wil hy hê en vis gaan hy kry!
Hoe meer die kelner hom daarop wys dat by dié eetplek slegs hoendergeregte berei word, soos duidelik op die reklameborde en spyskaarte aangedui word, hoe meer die hoenders in raak die honger man. Hy is nou hier, en hier gaan hy bly totdat hy sy visgereg kry!
Op sy vraag waarom die man dan nie sy honger gaan stil by die seekosrestaurant ’n ent verder weg as hy dan so graag vis wil hê nie, kom die antwoord dat die visplek nie so goed geleë is nie, dat die gebou en sy interieur nie so mooi soos dié van die hoenderplek is nie en dat die metodes wat in die hoenderplek gebruik word om die kos gaar te maak, soveel beter is as dié van die visplek.
Toe die man met die gorrende maag ná die lange relaas sy asem teruggekry het, maar steeds nie sy sin kon kry nie, raak hy heeltemal waansinnig van woede.
Die volgende oomblik keer hy tafels om, gooi bottels met balsamiese asyn oor die vloer uit en tref iemand met ’n soutpot teen die kop – alles om te keer dat diegene wat wel hoender wil eet, hoender kan kry of hul geregte kan geniet.
Gelukkig was daar genoeg mense in die eetplek wat ook baie honger was en wél hoender wou hê – dít is waarom hulle in die eerste plek na die hoenderrestaurant gegaan het. Hulle het aan die man een van twee opsies gegee: óf hy eet in vrede saam met hulle hoender, óf hy verlaat die restaurant.
Toe een van die hoendereters later by die seekosrestaurant verbyry, sien hy dat ook dáár baie tevrede mense sit en eet.
Hy het aanvaar dat hulle so gelukkig lyk omdat hulle geweet het waarheen om te gaan indien hulle vis wil eet.
Net soos hy, as hoendereter, geweet het waarheen hy graag gaan wanneer hy hoender wil hê.
“Hoe kan ’n mens gaan aandring op vis in ’n hoenderrestaurant en dit vir ander hoendereters onaangenaam maak, terwyl jy heerlike vis saam met die ander seekoseters net ’n entjie verder weg kan kry?” het die man kopskuddend gewonder.

Gertjie
Stellenbosch

Martin ·

Baie keer wonder ek as senior burger, waar gaan dit eindig? Niks wat ons doen, stel die nuwe regering tevrede nie ? Ons het hulle n land gegee wat ontwikkel is en gegee sonder voorwaardes ens.Nou regeer hulle al 21 x jaar en nogsteeds word ons geblameer vir alles wat verkeerd is ? Daar is tog Afrikaanse skole wat baie goed presteer.Waar moet die kinders dan gaan studeer ? Eers was dit die standbeelde, nou is dit die taal, volgende is seker ons godsdiens ? Vra maar net.. . . .

Bert ·

Die aanslag op ons godsdiens is reeds aan die gang. Ene Hans Pietersen van die beweging OGOD (ja, u het reg gelees) takel reeds Godsdiens in spesifiek Afrikaanse skole.

J.Z ·

Jammer maar ek stem saam met Steve dat swart mense deel het aan Apartheid, die ou mense het wat vandag gebeur gesien kom en moes dinge doen om dit te probeer vermy.Die ANC is nou al 21jaar besig om SA in sy peetjie te bestuur en is almal te toe om te sien wat hulle doen. JZ heel voor aan.

AH ·

Die probleem le in die meeste gevalle by die slapgat houding van die universiteit se bestuur soos in die geval van Maties waarom verskoning vra

Sakkie du Plooy ·

Die Engelse praat van ‘n “lame duck”. Ons gaan NIE toelaat dat die ANC regering, gedryf deur die Marxistiese ideologie van die NDR, ons Universiteite gaan “transformeer” nie. Ek ondersteun heelhartig hierdie inisiatief. Ons gaan nie soos ‘n “lame duck” sit en niksdoen en wag vir die doodskoot nie.! Die webadres lewer nog nie ‘n webwerf op nie.

Suné van Heerden ·

Dagsê Sakkie

Dankie, ons het die webadres se skakel nou aktief gemaak op ons webwerf – dalk werk dit nou?

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Chris Potgieter ·

Ek sou opgewonde geraak het en aangesluit het as dit nie vir die klomp DA libtards was wat van die stigterslede is nie. Nee dankie, as jou artikels in naspers verskyn het is dit n goeie sifting van watter kant toe jou lojaliteit neig.

Boetboer ·

Ek sal dit ondersteun as hulle beleid is om te veg vir onafhanklikheid van Afrikaans universiteite van die regering, privatisering. Anders moenie my tyd mors nie kapaterkaners. Ek is BOER.

Nee wat ·

Kom ons erken dat ons nie die geveg by publieke universiteite gaan wen nie. Kom ons veg vir die reg vir private Afrikaanse universiteite, daai geveg kan ons wen. Ons moet ook pragmaties wees in die sin dat studie materiaal engels kan wees bv internasioanale teks maar dat alle komminikasie en beatwoording van vrae in afrikaans kan wees.

Thys ·

Private universiteite kan nie staatsubsudies kry nie en mense moet ophou om in terme van velkleur te dink, Afrikaans is die tweede mees gesproke taal, naas Zule, in Suid Afrika. Met ander woorde hierdie is nie n veldtog met n politieke motief nie, hy bevorder die belange van Swart-, Bruin-, Shineese- en witterige Afrikaanssprekendes of hy verdedig die aanval op en stigmatisering van mense wat daardie taal praat op grond daarvan dat hulle daardie taal praat. Dit was nie reg om te diskrimineer tydens apardheid nie en dis ook nie nou reg nie, kom ons leer egter uit die foite van die slagoffers van die vorige regime en ontwikkel nie n slagoffer mentaliteit nie, ons is immers pro aktief en stig organosasies wat politieke boelies op hulle plekke kan sit sonder om te hoef vingers wys en te oordeel. Daar is oorgenoeg skietgoed om mee te werk. As iemand jou beskuldig kan hulle mos gaan doppies blaas of hoe?

Ryan Kommtaar ·

Gaan die kwessie oor taal en die gelykheid van taal wees…….of gaan dit oor “ons taal”. Die wat praat van “ons taal” moet ernstig en hard die oorsprong van die afrikaanse taal gaan studeer. Doen dit met taal wat prakties is.

Terwyl die akademie baklei, skop en skreeu lewe en groei Afrikaans in die Weskaap en Noordkaap………….lewe en praat die taal. Dalk moet ons gaan kyk na die Weskaap en Noordkaap. Of word hulle almal nie ingesluit in die “ons” van “ons taal” nie.

Dieselfde met “ons godsdiens…en godsdiens in skole”. Ons wil godsdiens in skole terug kry, maar wil nie GODDELIK in ons daaglikse lewe wandel nie.

Thys ·

Ryan, dit is die wil van die Allerhoogste dat mense moet ophou om na godsdiens te verwys as hulle s’n. Ware gelowiges sal nederig raak en besef dat die genade nie beperk is tot een handjie vol nie, maar dat alle volke en alle nasies nou ingesluit is by Sy volk. Hy kies nie ons nie en regverdigheid is nie n menslike eienskap nie.

Tom Theron ·

‘n mors van energie. Die regering en sy lakeie sal nie hul koers verander nie. Spandeer die tyd, energie en geld aan ‘n Afrikaanse private Universiteit. Privaat hoër instellings is in baie lande algemeen.

Marius van Niekerk ·

Stem saam met Bert. Die aanslag op ons godsdiens gaan definitief toeneem. Die ANC se oogmerk is om alles te verwoes wat vir die Afrikaner belangrik is. Hoe klink dit: Jou kerk/gemeente is nie verteenwoordigend van die bevolking nie. Jou kerk se taalbeleid sluit ander rasse uit? Die predikant/ouderling/diaken is nie volgens die rassesamestelling nie…..bla bla bla!!! En ons val vir dit. Rerig!!!

HEVW ·

Stem saam. Ons stryd is nie alleen n stryd teen die huidige swart regering nie. Ons stryd is teen n kommunistiese aanslag. Vergeet van kommunisme is dood. Dit was maar net n spel van misleiding. Tydens die vorige regering was dit vir die kommunistiese gedrewenis moeilik om inslag te vind. Met die huidige regering het die damwal gebreek en oorspoel dit alle fasette van die samelewing en volkseiendomlike. En onthou tog maar daar is n geskiedenis aan verbonde. Voor die bewind van die huidige regering is daar baie onderhandel. En die groot magte raak ongeduldig en die skroef word al sterker aangedraai. Hulle is maar net marionette in n veel sterker hand. Baie van die huidige gepeupel sal as hulle klaar gebruik is soos n uitgesuigde lemoen weggegooi word.

Deon Kotze ·

Ek is bly daar is nou n stem teen “transformasie”. Niks anders as bedekte haat teenoor Afrikaans sprekendes nie.

Manie ·

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar die bose magte in die lug. Ek hoop dat almal besef dat Die Boerevolk ‘n Christelike verbondsvolk is, dit is hoekom ons so vervolg word. Die ander nasies se meerderheid mense is ongelowig, maar in die Afrikaner se geval is dit ‘n volk wat die ware God dien. Die mense wat nie teen die Afrikaner, sy taal en sy God is nie, is in elk geval nog altyd welkom. Dit is die grootste leuen wat ooit uitgedink is, om die duiwelse verdraainings wat uit Apartheid en Die Reenboognasie meegebring is, te verwar met taal, kultuur en die Afrikaner se reg om uit die sweet van sy aangesig sy brood te verdien. Die aangeblaasdheid van ekstrimisme is in elk geval totaal boos en vol haat, hetsy sterk vanaf ‘n regse of linkse ideologie. Dit word nie aangeblaas vanaf die Godsgehoorsame Afrikaner nie, maar eerder deur ‘n verwarrende bose mag wat wat lekker skuil agter die swak geloof en verwarredende boosheid wat tot die kerke in ‘n harwar het. Duiwelswerk is altyd opgeblase en selfregverdigend en geweldig jaloers op alles wat goed en welvoeglik is. Die Afrikaner moet besef wie sy regte vyand is. Nie die goedgesinde ordelike persoon wat ook uit die sweet van sy aangesig sy brood verdien nie.(Wie nie teen ons is nie is vir ons). Die wat naywer, plunder, opstandig en boos is, korrup en vol haat is, is nie van God nie, al wil die media alle opstandigheid so probeer regverdig. Die Here sal nie meer nodig he om ons te laat onderdruk weens ons afvalligheid, as ons begin opstaan vir geregtigheid en ons saam begin om die bose magte met gebed, saamwerk en geloof te beveg nie. Ons moet ook dinge wat duidelik in God se Woord verbied nie duld in ons lewens nie. Wie nie broer, suster, vader of moeder om My naams ontwil verlaat nie is My nie werd nie. Hoekom wil ons kompromiee aangaan met boosheid as ons weet dit is verkeerd nie – slegs omdat ons nie 100% oortuig is van ons geloof nie, daarom sit ons waar ons sit. As iemand hiermee nie saam stem nie, is ek bereid om daardie persoon agter te laat en my kruis op te neem en te loop. Ons kannie die wereld probeer wen nie, ons moet eers die konokryk van goed soek, dan eers sal die res uiteindelik bygevoeg word.

Ons Afrikaners moet eers heeltemal ophou om ons God en ons geloof te verraai, voordat die Here ons land gaan herstel. Ons is geweldig afgedwaal en polities korrek dat ons nie verstaan wat ongeregtigheid is nie. Solank as wat ons verdeeld is oor wat geregtighheid en ongeregtigeheid is en die bestaan van demoniese magte as ‘n foefie afmaak, bly ons speel in die hand van die gees van die anti-Chris wat gereed staan so ‘n brullende leeu om te verskeur en te verwoes wat hy kan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.