Nuwe VF Plus leier aangekondig

Pieter Groenewald.

Pieter Groenewald.

Die VF Plus het Saterdag ʼn nuwe partyleier aangewys nadat Pieter Mulder aangedui het dat hy as leier sal uittree.

Dr. Pieter Groenewald, voormalige voorsitter van die VF Plus, is by die party se driejaarlikse verkiesingskongres in Johannesburg as die nuwe leier van die party aangewys. Adv. Anton Alberts is in sy plek as voorsitter aangewys.

Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê Groenewald sal die party saam met ʼn sterk leierskapspan na die volgende algemene verkiesing in 2019 en daarna lei.

Volgens Groenewald was dit ʼn voorreg om saam met Mulder te dien as parlementslid en het dit hom goed voorberei vir sy nuwe posisie. “Daar is min mense in Suid-Afrika met die diepgaande kennis oor die politieke situasie in Suid-Afrika soos dr. Mulder. Hy gaan eers nog aanbly as parlementslid en ons sal voortgaan om sy insig en raad tot voordeel van die party aan te wend,” het Groenewald gesê.

“Die VF Plus het in die laaste munisipale verkiesing gewys hy is ʼn dinamiese, groeiende party, wat ʼn belangrike rol het om te speel in die politieke landskap van Suid-Afrika. Ek is trots daarop om die party die toekoms in te neem met ʼn sterk, nuwe leierskapspan om my te steun. Ons besef daar is vele uitdagings op die pad vorentoe, maar ek is positief dat daar wel ʼn toekoms vir almal in die land is en dat die ANC wel by die stembus geklop kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Cherokee ·

Geluk Pieter…. veels geluk! Mag die VF+ geseënd wees vorentoe en aanhoudend na konserwatisme streef. Mag die party ook die groei beleef wat dit verdien.

Johann ·

Jammer dat ons in SA nie jonger mense toevertrou en na verdienste om ons polities die toekoms met vernuwing in te neem nie. Dit lyk my daar moet soos in die ANC, op ‘n ry af erkenning aan mense gegee word. Ek hardloop nie agter die DA aan nie, sekerlik nie, maar in die tye waarin ons leef en met die jonger geslag wat al meer prominent in die politiek raak, sou dit nie ‘n ook strategies ‘n beter skuif gewees het nie?

Christo du Plessis ·

Jammer Johann, maar jou kommentaar is ongegrond. Ek was by die verkiesing vandag en jy sal verseker op jou rug val as jy al die jongmense op die vergadering kon sien.

Die berig is ook tegnies verkeerd. Dr Groenewald is nie aangewys nie maar is in ‘n geheime verkiesing tot nuwe leier verkies.

Cherokee ·

Jy (as ek reg onthou) het ‘n dag of twee gelede ook malema beloon met ‘n kompliment deur te sê dat jy eerder vir hom sal stem as vir zuma. Ek dink nie jy hoort regtig in die groep nie.

Cherokee ·

Christo, as ek die aanwyser sou wees, sou ek Pieter ààngewys het. Ek is nie ‘n lid van die VF+ nie, bloot omdat hulle nie verteenwoordig is waar ek woon nie (nee, daar meer redes – Sunette het eendag vir my gesê daar is nie ‘n party konserwatief genoeg vir haar nie, wel dit geld vir my ook) maar Pieter is een van die stigters en werkers van die VF+ en hy verdien dit.

Christo du Plessis ·

Cherokee, jy sit die pot mis. Ek het nog nooit vir Malema ondersteun nie.

En kyk weer na my stelling hierbo. Ons wys nie leiers aan nie. Ons verkies hulle. En tydens die verkiesing van die Leier van die Vryheidsfront het Dr Pieter Mulder aangekondig dat hy nie meer verkiesbaar is nie.

Cherokee ·

Nee Christo, ek sit nie die pot mis nie. Ek merk op dat ek nie ‘n naam genoem het nie (jammer daarvoor) maar het gedink dat dit logies sou wees ek praat met die oorspronklike kommentator en nie met jou nie.

alex ·

die VF-Plus het in die laaste algemene verkiesing omtrent 170 000 stemme gekry. in 1994 was dit meer as 400 000. Dis meestal ou Konserwatiewe Party ondersteuners. Die Konserwatiewe Party het in die 1992 referendum omtrent 900 000 stemme gekry. Nou wonder ek maar net: waar is daardie 900 000 heen? Almal dood? Almal in Australië en elders? Almal nou DA-ondersteuners? Ek hoop van harte Dr Groenewald kry dit reg om weer daardie 900 000 vir die VF-Plus terug te kry. 900 000 stemme beteken omtrent 36 parlementslede. Daarmee kan veel meer vir Afrikaners uitgerig word as tans. Die VF-Plus kry mey volle ondersteuning.

Cherokee ·

Daardie Konserwatiewe Party ondersteuners stem nou DA want soos hulle die HNP verraai het om die regsgesinde stem te verdeel, verraai hulle steeds die blanke in SA.

Afrikaner ·

Ai, niks geleer die afgelope 20 jaar nie! Selle ou gesigte, selle ou resepte – klomp ou mans wat mekaar se aftreeplanne in bewaring geneem het. VF Plus, ek ondersteun elke beginsel waarvoor julle staan, maar solank julle leierskap stagneer sal ek vir die DA stem.

Cherokee ·

Afrikaner, hierdie is ‘n spesiale versoek: asseblief bly waar jy is! Moet vir geen oomblik maak asof ons dieselfde taal praat nie want mense wat vir regstellende aksie en grondhervorming stem terwyl hulle in die publieke forums daaroor kla, is nie welkom by die VF+ nie. Een van die fasiliteite waarvoor die VF+ nie begroot het nie, is ‘n wipplank.

Cherokee ·

‘Afrikaner’, jy stem reeds DA, wees nou meer lojaal teenoor hulle en terwille van hul Engelse Agenda, verander jou naam na ‘african’.

John ·

Hoekom nie insette gevra nie? Alles so stilweg. Hoekom? Jonger gesigte is regtig nodig en meer stemme, maar dis blykbaar nie vir die party belangrik nie. Daar is baie Afrikaners wat ‘n party soek noudat die DA witmense uitstoot.

Cherokee ·

‘Afrikaners’ wat ‘n party soek nadat die DA hulle uitgestoot het, moet ANC of EFF stem.

Rynhardt ·

Beste nuus dat dr.Pieter Mulder uittree!Vir jare het die Mulder-broers net gesit in politiek vir die groot salarisse! VF plus is lankal dood as party! Mulder-broers was vdestyds deel van Kodesa waar die Afrikaner/Bowrvolk uitverkoop en verneder was.Hy kon nie eens vir jare uitspel hoe SA volgens die Vryheidsmanifes beginsels, ekonomies vernietig is nie, en dat regstellende aksie gewettig word teen ons nie.Dit is waarvoor hul almal geonderhandel het.Politiek is dood vir Afrikaner, en ons verlossing le by die Here, nie by oorgewig ooms wat nog steeds voortploeter en publiek nog steeds speel met mooi woorde, nes die anti-afrikanerparty, die DA nog steeds ook doen.Jammer, maar ek prys die sogenaamde politieke helde nie!

Veritas ·

Rynhardt jy is doodreg. Die VF+ beteken absoluut niks. Dit is, en sal altyd gesien word as ‘n witman-party. Die DA is ‘n keffer-brak party wat die ANC net pla maar nooit die regerende party sal word nie. Hulle vra die Afrikaner se steun maar is nie bereid om namens hom op te tree in sake wat direk teen hom diskrimineer nie. Politici is oral dieselfde, net daar vir eie gewin en behandel hul ondersteuners met minagting.

Cherokee ·

Veritas, tot hede toe het ek nogal oor die algemeen van jou bydraes gehou. Tot nou toe het ek gesê. As jy vorige kommentare van my gelees het sou jy sien dat ek niè ‘n lid van die VF+ is nie met redes reeds genoem. Jou kommentare sal ek van nou af meer afkeurend bekyk omdat jy jou oogklappe aan die forum gewys het. Die VF+ het nie eens naastenby die finansies om te spandeer waaroor byvoorbeeld die DA beskik nie, deur mense soos jy. Ek daag jou uit om voorbeelde uit te wys waar hul ondersteuners ‘met minagting’ behandel is. Indien jy dit nie kan doen nie, bewys jy jouself as net ‘n prater prater prater.

Veritas ·

Cherokee, jy is dalk reg in jou afkeur van my gebruik van die woord ‘minagting’. Politici, in my oë, vry na een en almal se stemme voor enige verkiesing en karring daarna tog maar net aan op hul ou, eiegewin trant. Vergelyk die optrede en resultate van die politieke partye met dié van burgerregte organisasies soos Afriforum , Outa en selfs die Helen Suzman Foundation en jy kan nie anders as om te glo dat politici, nie die pyp rook nie. Dít is wat ek bedoel met minagting. Jou stem is vir hulle net van waarde totdat hulle, hul eie persoonlike doelwitte bereik het. Dit geld, met baie min uitsonderings, ALLE politici wêreldwyd. Dit is my siening en dit is hoekom ek die term ‘minagting’ gebruik het.

Cherokee ·

Veritas, ek het onnodig kras reageer. Ek is jammer, ek kon my stelling minder aanvallend gestel het. Politiek is een van my groot belangstellings en ek was voorsitter van ‘n konserwatiewe party vanaf jong ouderdom. Dit is steeds ‘n tema waaroor ek dikwels onnodig heftig my siening verduidelik. Ek verstaan wat jy sê en lees jou steeds graag. Ek is self somtyds teleurgesteld in die VF se hantering van kwessies maar dan dink ek ook daaraan dat hulle nie naastenby oor die finansies beskik soos diè van die DA. Jammer weer ‘n keer en dankie vir jou terugvoering.

Elsie ·

Mooi so Pieter! Maak nie saak watter een van die Pieters aan die stuur is nie ek is bly. Hulle weet wat hulle doen en baklei tog vir die blanke afrikaner. Watter ander party doen dit? As almal nie so bohaai opskop oor niks nie en saam staan met mense soos die Pieters nie dan was ons dalk beter af vandag. Jammer maar hulle verstaan nie die woord saamstaan nie!

Frik Lotz ·

Baie geluk aan Pieter Groenewald met sy verkiesing as VF Plus leier en ook aan Anton Alberts as voorsitter. Die VF Plus is besig om te groei en sterker te word met elke verkiesing. VF Plus is enigste party wat veg vir minderheidsregte en opstaan vir die Afrikaner se taal, kultuur en erfenis. Doen so voort”

rudi ·

Hy was ‘n leier met integriteit gewees. Dis jammer dat hy die speelveld verlaat.

Magda ·

Mulders en Pieter Groenewald…dankie vir jul uitnemende leierskap!! Hierdie mede-afrikaners wat jul aftakel…my vraag is: waarom stel jul julself nie beskikbaar nie?? Baie sterkte Pieter Groenewald..ons ondersteun jou ten volle…Dankie

John ·

Cherokee, hierdie is werklike vreemde aanvallende reaksies van jou. Jy skiet almal se kommentare af. Vertel ons watter party jy nou eintlik ondersteun in jou wyk want ons het nie meer ‘n Konserwatiewe Party nie. Baie jong Afrikaners voel nerens tuis nie. En dis ‘n feit. Die FFPlus maak soos die ANC en volg ‘n herargielyn kom wat wil. Die nuwe leier het sy dominansie laat geld en oorgevat. Hy gaan nie stemme werf met nog ‘n mooi grys kuifie nie. Ons kort ‘n party met ‘n jonger dinamiese leier, iemand soos die Solidariteitsleier, gebalanseerd met insig in wereldsake en ‘n duidelike toekomsvisie wat nie net in die parlement sit en kla oor almal wat sy ‘hare trek’ of agter sy rug lelike opmerkings maak nie.
Die naam, ‘Vryheidsfront Plus’ is niksseggend en tot nog toe het die party niks in daardie opsig gedoen nie en die ‘Plus’ beteken wat? Net ‘n lekker vet tjek aan die einde van die maand vir nog 15 jaar? (Alle ‘has been’ akteurs/voorsangers/kokke/naweekboere met ‘n chaotiese verlede en ‘n klomp vroue en kinders moet gerus maar nie nou handopsteek nie. Ons het tans so oom in aksie.)

Cherokee ·

John, ek het hoër op aan Veritas verduidelik waar ek staan en waarom ek somtyds heftig reageer in politieke gesprekke. Ek is jammer as ek aanvallend geklink het maar dit was nie werklik die bedoeling nie. Ek was wel vroeër by politiek betrokke en dit speel steeds somtyds ‘n rol wanneer ek kommentare lees van mense wat byvoorbeeld in forums kla oor regstellende aksie en grondhervorming en tydens verkiesings stem hulle daarvoor! Ek sal vorentoe my skrywes drie keer lees voor ek dit pos. Lekker dag vir jou. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.