Nuwe videobewys dat ontvoerde SA’ner nog leef

‘n Skermgreep uit die video wat Gerco van Deventer Saterdag opgeneem het. (Video: Verskaf)

“Ek vra vir enige bystand om my te help om ʼn brug na die buitewêreld te bou, om terug te kry wat my ontneem is – my vryheid …”

Só lui ʼn videoboodskap van Gerco van Deventer, ʼn Suid-Afrikaner wat in Mali vir ʼn losprys as gyselaar gehou word, wat Saterdag opgeneem is. Die Suid-Afrikaanse noodlenigingsgroep Gift of the Givers het die video die naweek gedeel.

In die video pleit Van Deventer vir enige moontlike hulp of optrede wat tot sy vrylating sal lei. Hy sê ook dat hy geen kennis dra van waar sy familie is óf hoe dit met hulle gaan nie.

Dr. Imtiaz Sooliman, voorsitter en stigter van die organisasie, sê die video is soortgelyk aan twee vorige video’s van Van Deventer wat ook uitgestuur is. Tussengangers het die jongste video direk aan die organisasie se gyselaarsonderhandelaar, Mohamed Yehia Dicko, gestuur.

Dié tussengangers het dit weer regstreeks by lede van Al Kaïda gekry.

“Dicko is tans in Mali waar hy met tussengangers en ander invloedryke rolspelers praat in die hoop dat hulle Al Kaïda oor die volgende paar dae kan oortuig om Van Deventer onvoorwaardelik vry te laat. Daar is geen geld om ʼn losprys te betaal nie,” sê Sooliman.

“Dít is ʼn belangrike week vir ons en ons hoop en bid dat daar ʼn gunstige uitkoms sal wees.”

Van Deventer, ’n ervare Suid-Afrikaanse paramedikus wat voorheen onder meer in Afghanistan gewerk het, is sedert November 2017 in aanhouding nadat hy destyds vir werk na Libië gereis het en op die eerste dag van sy nuwe werk as gyselaar geneem is.

Die ontvoerders in Libië het Van Deventer later aan ontvoerders in Mali verkoop. Dié ontvoerders wou eers hul geld terughê voordat hulle Van Deventer vrylaat.

Gift of the Givers het dit egter vroeër al duidelik gemaak dat daar nie geld is om die losprys vir Van Deventer se vrylating te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

MJ ·

Ek kan nie glo dat die SA regering so gevoelloos is en nie kan of wil help nie.

George ·

Bitter min, bitter min governments sal enigens betaal nie. Dit maak enige Suid Afrikaner wat reis n teiken. Ek weet nie van een government wat sal onderhandel nie.

ES ·

Die probleem is, as Suid Afrika skielik begin om lospryse te betaal vir burgers wat gyselaar gehou word, gaan daar duisende meer mense as gyselaars aangehou word. Die oomblik wat regerings toegee word hulle die terroriste se beursies. Dit is baie hartseer, maar dit is die waarheid.

Harley Davidson ·

Die VSA het die beleid maar die navy seals sal lankal geweet het waar hy is en hoe om hom daar uit te kry met die gevolge wat nie goed sou wees vir die terroriste nie.

George ·

Gee bietjie jou bron asb? Want die “beleid” waarvan jy praat, waarvan ek weet, is vir aktiewe militere personeel, en nie civilians nie.

Jean ·

Die beleid van “we don’t negotiate with terrorist?” Amerika gaan red tog hulle eie mense, kyk op Netflix “Captive” waar die Suid Afrikaanse Korkie familie ook op is.

Amelia ·

nee nie geld vir die man nie maar om thabo bester terug in land te kry was oor n miljoen waarom kan die ministers ni betaal dat man vrygelaat word nie of onderhandel probeer tog net ramaposa

George ·

Om n voortvlugteling te kry en om te betaal aan terroriste is 2 verskillende gevalle.

ES ·

Amelia, ons moet ook darem appels met appels vergelyk… die twee gevalle is glad nie dieselfde nie.

Johann ·

Male and pale…nie noodwendig op die Sa “regering” se prioriteits lys van iemnad wat hulp nodig het nie. Skreiende skande dat ‘n welwilendheids organisasie optree en intree.

George ·

Die is hartseer en erg, maar die het niks te doen met die regering nie, die regering het geen plig om met terroriste te onderhandel nie, betaal hul een keer, dan word enige SA’ner n teiken vir dieselfde. Julle is welkom om n fundme page te begin, maar julle doen nie. Wat se dit van julle

popsa ·

Dit is die plig van ‘n regering om na sy landsburgers om te sien, hoe of waar ook al. Onthou die geskaakte Israelies op Entebbe-lughawe jare gelede, en die uiterste dapperheid waarin ‘n soldaat selfs gesterf het om sy landsburgers se vryheid terug te kry. Maar daardie tipe staatmanskap en innerlike integriteit is uiters skaars vandag.

miche ·

Lees sy boodskap weer.
Ek dink daar binne in sy boodskap lê nóg ‘n boodskap. Selfs dalk ‘n clue. Hy probeer iets sê wat hy nie voor sy ontvoerders kan sê nie?

Althes ·

Ons kan net glo en vertrou op die Here dat hy verenig sal word met sy gesin.

ES ·

Dit moet verskirklik wees om nie te weet of jy more nog gaan lewe nie… Dis so ‘n groot risiko om in hierdie oorloggeteisterde lande te gaan werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.