Nuwe voorsitter vir die ATKV-direksie aangewys

atkv-jaarvergadering-2018-01

Bridgitte Mathews, nuwe voorsitter van die ATKV-direksie, en Sonél Brits, waarnemende besturende direkteur van ATKV-MSW. Foto: Verskaf.

Die ATKV het Donderdag tydens die laaste dag van die organisasie se algemene jaarvergadering ʼn nuwe direksievoorsitter aangewys.

Bridgitte Mathews, die ondervoorsitter van die direksie, sal die leisels by die uittredende voorsitter, Anton Redelinghuis, oorneem.

“Ek weet dat die ATKV aan niemand anders as sy lede behoort nie. Dit gaan uitdagend wees om Anton se skoene vol te staan, maar ek gaan dit tot die beste van my vermoë doen,” het Mathews gesê nadat sy op die vergadering by die ATKV-Klein-Kariba in Bela-Bela as die nuwe direksievoorsitter aangewys is.

Mathews dien sedert 2014 op die ATKV se direksie. Sy beskik nie net oor ʼn wye kennis van die Afrikaanse taal nie, maar is ook Engels, Zoeloe, Frans en Setswana magtig.

atkv-jaarvergadering-2018-02

Takafgevaardigdes van regoor die land en Namibië het die ATKV se algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba bygewoon. Foto: Verskaf.

Sy is ʼn geoktrooieerde rekenmeester en het vir talle maatskappye as finansiële bestuurder opgetree. Sy dien ook in die finansiesportefeulje van die ATKV terwyl sy ʼn konsultasiediens bied.

Afgesien van haar rol as direksielid van die ATKV, dien sy ook op ʼn aantal direksies van genoteerde, sowel as private maatskappye in die landbou-, eiendomsbeleggings-, finansiëledienste-, sowel as logistiekebedrywe.

JP Landman, ʼn direksielid en politieke en ekonomiese ontleder, is tot ondervoorsitter verkies en adv. Hennie Strauss is in die plek van ds. Dawid de Wet tot die direksie aangewys.

atkv-jaarvergadering-2018-03

Prof. Ian Rothmann, buitengewone professor in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en direkteur by die Optentia-navorsingsfokusarea. Foto: Verskaf.

Vanjaar se jaarvergadering het Woensdag en Donderdag by die ATKV-Klein-Kariba in Bela-Bela plaasgevind. Die geleentheid het op innovasie en opleiding gefokus en prof. Ian Rothmann, buitengewone professor in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en direkteur by die Optentia-navorsingsfokusarea, was die gasspreker.

Sonél Brits, waarnemende besturende direkteur van die ATKV, het gesê die ATKV het met vanjaar se jaarverslag bewys watter kritieke rol die organisasie in innovasie en opleiding speel.

“Die grondslag is gelê vir die finansiële volhoubaarheid van die ATKV-MSW- en die Sake-groep. In hierdie verband is dit verblydend om te rapporteer dat albei groepe ʼn positiewe bedryfresultaat gelewer het,” het Brits gesê.

In die 2017/2018-verslagjaar het die organisasie ʼn allemintige R18 miljoen aan taalprojekte, R26 miljoen aan kuns-, kultuur- en erfenisprojekte bestee, R6 miljoen terug in gemeenskappe geploeg en R6 miljoen aan onderwys bestee.

Volgens Redelinghuis is die sukses van dié projekte te danke aan die ATKV-oorde wat selfs in ʼn strawwe ekonomiese klimaat goeie resultate lewer.

“Die ATKV-lede, wat ongeveer 69 000 beloop, dra grootliks by tot die sukses van ons oorde en sodoende indirek tot die rol wat die ATKV op die terrein van taal en kultuur speel.”

Volgens Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur by die ATKV, streef die organisasie voortdurend na innovasie.

“Als wat ons doen, dra die seën van gehalte en kreatiwiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

43 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wouter

SEB?

Annie

Wanneer word die ATKV (Afrikaanse Taal En Kultuur Vereniging) se naam verander?

Paul

Mens weet nie hoe relevant hierdie vandag nog is nie, dalk moet dit én die naam van die instansie hersien word: ATKV-visie en missie (soos per hul webblad)  Vir die ATKV is die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van nasiebou, versoening en ʼn suksesvolle Suid-Afrika. Daarom sal die ATKV ʼn onderneming bedryf ten einde op ʼn volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang te kweek deur:  die Afrikaanse taal uit te bou;  ʼn Afrikaanse kultuurtuiste te bied;  relevant en geloofwaardig te wees;  ontwikkelings- en opleidingsgerig te wees;  netwerke te vestig en uit… Lees meer »

Daan Erasmus

Die Afrikaners ( en wat presies is ‘n Afrikaner) is die minderheid wat Afrikaans praat. Daar is meer Kleurling, Koi, San en ander groepe wat Afrikaans praat.

uitverkopers

Daar val die ATKV – hulle het ‘n nuwe missie – om Afrikaans en die Afrikaanse kultuur te vernietig.
Wat is fout met die mense wonder ek – uitverkopers?