Nuwe voorsitter vir die ATKV-direksie aangewys

atkv-jaarvergadering-2018-01

Bridgitte Mathews, nuwe voorsitter van die ATKV-direksie, en Sonél Brits, waarnemende besturende direkteur van ATKV-MSW. Foto: Verskaf.

Die ATKV het Donderdag tydens die laaste dag van die organisasie se algemene jaarvergadering ʼn nuwe direksievoorsitter aangewys.

Bridgitte Mathews, die ondervoorsitter van die direksie, sal die leisels by die uittredende voorsitter, Anton Redelinghuis, oorneem.

“Ek weet dat die ATKV aan niemand anders as sy lede behoort nie. Dit gaan uitdagend wees om Anton se skoene vol te staan, maar ek gaan dit tot die beste van my vermoë doen,” het Mathews gesê nadat sy op die vergadering by die ATKV-Klein-Kariba in Bela-Bela as die nuwe direksievoorsitter aangewys is.

Mathews dien sedert 2014 op die ATKV se direksie. Sy beskik nie net oor ʼn wye kennis van die Afrikaanse taal nie, maar is ook Engels, Zoeloe, Frans en Setswana magtig.

atkv-jaarvergadering-2018-02

Takafgevaardigdes van regoor die land en Namibië het die ATKV se algemene jaarvergadering by ATKV-Klein-Kariba bygewoon. Foto: Verskaf.

Sy is ʼn geoktrooieerde rekenmeester en het vir talle maatskappye as finansiële bestuurder opgetree. Sy dien ook in die finansiesportefeulje van die ATKV terwyl sy ʼn konsultasiediens bied.

Afgesien van haar rol as direksielid van die ATKV, dien sy ook op ʼn aantal direksies van genoteerde, sowel as private maatskappye in die landbou-, eiendomsbeleggings-, finansiëledienste-, sowel as logistiekebedrywe.

JP Landman, ʼn direksielid en politieke en ekonomiese ontleder, is tot ondervoorsitter verkies en adv. Hennie Strauss is in die plek van ds. Dawid de Wet tot die direksie aangewys.

atkv-jaarvergadering-2018-03

Prof. Ian Rothmann, buitengewone professor in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en direkteur by die Optentia-navorsingsfokusarea. Foto: Verskaf.

Vanjaar se jaarvergadering het Woensdag en Donderdag by die ATKV-Klein-Kariba in Bela-Bela plaasgevind. Die geleentheid het op innovasie en opleiding gefokus en prof. Ian Rothmann, buitengewone professor in bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit en direkteur by die Optentia-navorsingsfokusarea, was die gasspreker.

Sonél Brits, waarnemende besturende direkteur van die ATKV, het gesê die ATKV het met vanjaar se jaarverslag bewys watter kritieke rol die organisasie in innovasie en opleiding speel.

“Die grondslag is gelê vir die finansiële volhoubaarheid van die ATKV-MSW- en die Sake-groep. In hierdie verband is dit verblydend om te rapporteer dat albei groepe ʼn positiewe bedryfresultaat gelewer het,” het Brits gesê.

In die 2017/2018-verslagjaar het die organisasie ʼn allemintige R18 miljoen aan taalprojekte, R26 miljoen aan kuns-, kultuur- en erfenisprojekte bestee, R6 miljoen terug in gemeenskappe geploeg en R6 miljoen aan onderwys bestee.

Volgens Redelinghuis is die sukses van dié projekte te danke aan die ATKV-oorde wat selfs in ʼn strawwe ekonomiese klimaat goeie resultate lewer.

“Die ATKV-lede, wat ongeveer 69 000 beloop, dra grootliks by tot die sukses van ons oorde en sodoende indirek tot die rol wat die ATKV op die terrein van taal en kultuur speel.”

Volgens Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur by die ATKV, streef die organisasie voortdurend na innovasie.

“Als wat ons doen, dra die seën van gehalte en kreatiwiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Schalk Bosman ·

Mag ‘n direksielid ‘n konsultasiediens aan die ATKV lewer ?

Annie ·

Wanneer word die ATKV (Afrikaanse Taal En Kultuur Vereniging) se naam verander?

SKuus ·

Na wat toe? Alle tale en multikulturele organisasie? Dan gaan hy vinniger doodgaan as enigiets anders. Eintlik is daar nie meer plek vir die ATKV in ‘n rassistiese land soos SA nie, daar mag groepe spesifiek vir sekere etniese groepe wees maar nie vir Afrikaners nie . die doodsklok het geslaan .. maak maar toe die deure …

Paul ·

Mens weet nie hoe relevant hierdie vandag nog is nie, dalk moet dit én die naam van die instansie hersien word:

ATKV-visie en missie (soos per hul webblad)
 Vir die ATKV is die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van nasiebou, versoening en ʼn suksesvolle Suid-Afrika.
Daarom sal die ATKV ʼn onderneming bedryf ten einde op ʼn volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang te kweek deur:
 die Afrikaanse taal uit te bou;
 ʼn Afrikaanse kultuurtuiste te bied;
 relevant en geloofwaardig te wees;
 ontwikkelings- en opleidingsgerig te wees;
 netwerke te vestig en uit te bou;
 ekonomies kragtig en volhoubaar te wees;
 inklusief te wees;
 eietyds en dinamies te wees; en
 die waarde van die ATKV-handelsmerke te ontgin.

Eish ·

Dankie Paul vir die uiteensetting.
Duidelik nie die organisasie vir my nie.
Woordgimnastiek want die werklikheid is vervreemd van die doelstellings.

Daan Erasmus ·

Die Afrikaners ( en wat presies is ‘n Afrikaner) is die minderheid wat Afrikaans praat. Daar is meer Kleurling, Koi, San en ander groepe wat Afrikaans praat.

Paul ·

Afrikaners is mense wat hul met die Afrikaner se bestaansgeskiedenis
vereenselwig.

uitverkopers ·

Daar val die ATKV – hulle het ‘n nuwe missie – om Afrikaans en die Afrikaanse kultuur te vernietig.
Wat is fout met die mense wonder ek – uitverkopers?

koebaai ·

Gesigkoop – ag asseblief – raak van die ATKV ontslae want dit verteenwoordig nie meer Afrikaans nie. Dit is tog duidelik.

C ·

En so bly almal hul jaarlikae fooie (ons sin al oor die R800) betaal. Hoekom? Want sonder dit wil hul nie dat jy as dagbesoeker inkom nie en kry jy baie moeilik kampeerplek. Ek dink dis tyd dat ons Afrikaners voet neersit. Wat kry ek vir my jaar fooi? Ek betaal nogsteeds ten duurste om te kamp. Dis net ‘n manier om extra geld te maak. Die hoeveelheid lede 69000 x R800 = R55 200 000.00. En ons afrikaners kry bitter min terug!! Nee nee nee. Ons het ‘n stem, dit is tyd om as 1 op te staan!! Of is dit net ek wat so voel?

Koos de Meyer. ·

Nee wat so word alles wat ons Afrikanervolk gehad het in die afgrond gestort. My taal is my taal en ek is trots om Afrikaans te wees. Natuurlik sal daar hensoppers wees. Hulle moto is if you can’t win them, join them. Ongelukkig is dit die toedrag van sake in ons dierbare land.

Wouter ·

My taal en kultuur is nie ten koste van ander se taal en kultuur nie, maar waarom moet ‘n persoon van ‘n ander ras die Afrikaanse taal en kutuur dryf?

Paul ·

Afrikaners kan help om ander se taal en kultuur te bevorder, dat hulle vir hul eie verantwoordelikheid neem en dit vir hul nageslag bewaar, maar waarom moet my taal en kultuur infiltreer word? Mag ek nie vir my eie opstaan en bewaar nie? Dan vra ek vir Maroela, as hulle hierdie verwyder, waarvoor staan hulle? Is julle dan nie nou besig om Afrikaans inklusief te bevorder nie, net vir Afrikaans?

volla ·

Wat is die Afrikaner se kultuur (noem iets wat eie is aan die Afrikaner) waarvan gepraat word? In soverre Afrikaans as taal aangaan: daar is meer nie-blankes Afrikaanssprekendes as blanke Afrikaanssprekendes.

volla ·

Braai is ‘n Suid-Afrikaanse ding (ook nie net SA nie dit word net iets anders genoem in ander lande) en nie net ‘n Afrikaner ding nie. Nee wat, die Afrikaner het geen kultuur van sy eie om mee te spog nie.

Wonder ·

Volla, die Afrikaner het sy eie kultuur (miskien kan jy net nie jouself daarmee vereenselwig nie). As jy ‘n voorsitter van ‘n Afrikaanse kultuurorganisasie wil wees, moet jou eerste taal Afrikaans wees. Wat die kultuur aanbetref, dink ek nie die nuwe voorsitter kan haarself daarmee vereenselwig nie. Sy het waarskynlik nie in die afrikaanse kultuur grootgeword nie. Daarmee het ek ‘n probleem.

volla ·

Wonder – Jy sal beter as dit moet doen. Wat is die Afrikaner se kultuur?

Paul ·

Ek sal graag met hierdie dame wil gesels en hoor wat sy van die Afrikaner se geskiedenis af weet. Verselwig sy haar daarmee?

Sannie ·

Wat is ons kultuur!? Braai en suip en kwaadpraat…Ons doen ook lankal nie meer Volkspele nie, tel op jou een hand mense wat kan Volkspele doen..Nee wat, ATKV se dae is getel, moenie energie mors deur kwaad te wees nie!!!

volla ·

Ek wil ook graag weet wat hierdie Afrikaner-kultuur is waarvan die mense praat.

Fanie ·

Hou tog op kla alles gaan vergaan en kom tot niks afrikaans ook.

Grens ·

As ek so die kommetare lees, lyk dit vir my dat ons so regte natbroek huilende ou nasie geword het. Age nee man, kom ons raak so bietjie meer positief en gee die dame ‘n kans. Ek vra jou wat so klae:
1. Wat doen jy om Afrikaans bevorder.
2. Het jy haar kwalifikasies en kan jy soveel tale praat soos sy?
My mening is dat as daar ander rasse is wat voorsit om ons taal te bevorder, dan is ek bly.
Ek sien baie meer voordele vir ons taal met hierdie stap en ek wens haar alle sterkte toe!!

Paul ·

As jy werklik wil weet, kan ek jou die skakels na my facebook en YouTube kanaal gee.

Robert Naude ·

Op RSG vanoggend het die nuwe voorsitter gesé die A in ATKV staan vir afrika . Wonder dan nou wat is die volle nuwe naam.

Mags ·

Baie geluk. Dankie vir jou harde werk vir Afrikaans al vir die afgelope jare. Jy klink uiters bekwaam en toegewyd om jou beste te gee.

kat ·

jadis tyd dat ons se ons goed is ons goed ader druk hul nuese net in waar geld is en n kort rukie is die organisasie bangkrot en daar sien jy kom stop al die lede geld dan sien jy hulle stel nie belang verder nie

Wessel ·

Transformasie is op die tafel. Soos sy dit stel, al meer mense van ander kulture praat Afrikaans, wit mense is in die minderheid en al meer van daardie ander kulture sluit nou by hulle aan.

Ore ·

Toe ek in 1990 wou aansluit as lid van die ATKV,was daar vele vereistes en ‘n betaande lid moes my aanbeveel.Kyk ek nou om my rond by die oorde,sien ek iets heeltemal anders.My bedanking as lid is reeds ingestuur

Wouter ·

Die wit mense het dit begin, die anderskleuriges gaan daarmee opeindig.

Clarence ·

Word die ATKV nou ook ‘n Kollege, Universiteit of soos dit nou voorkom ‘n instituut? Waar kom hierdie idee vandaan en wie gaan hierdeur bedien word? Waarom wyk ons af van ons doel? Is een van die HOOF doelwitte dan nie om Afrikaans te bevorder nie? Ek hoop hierdie vraag word wel beantwoord en nie net ignoreeer of net bloot onder die mat gevee nie…

johan ·

was 3 dae by goudini spa en nooit weer nie alles gaan agter uit bel my gerus

Hans ·

Stel nie belang hoeveel tale die dame magtig is nie,dit is vir my belangrik of Afrikaans haar daaglikse huistaal is. Is ook van mening dat die voorsitter n kwalifikasies in kultuurverwante aangeleenthede en die Afrikaanse taal moet hè-die Vereniging het alreeds ‘n finansiëlebestuurder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.