Nuwe waarnemende groephoof vir Denel

Die sukkelende wapenvervaardiger Denel het William Hlakoane as sy waarnemende uitvoerende groephoof aangestel. (Foto: South African Government News/Facebook)

Die sukkelende wapenvervaardiger Denel het William Hlakoane as sy waarnemende uitvoerende groephoof aangestel.

Dié aanstelling volg nadat Talib Sadik se kontrak as waarnemende uitvoerende groephoof tot ʼn einde gekom het.

Hlakoane, ’n meganiese ingenieur met ’n MBA-graad van die Milpark-sakeskool in Johannesburg, se aanstelling het Maandag in werking getree.

Denel sê in ʼn verklaring Hlakoane het baie ervaring in die vervaardigingsektor. Hy is ook ʼn ervare bestuurder in operasionele bestuur met diepgaande tegniese vermoëns en kennis van projekbestuur en sakeontwikkeling.

Denel is egter steeds op soek na ’n permanente uitvoerende groephoof en die werwingsproses is aan die gang.

Monhla Hlahla, voorsitter van Denel se raad, het Sadik bedank vir die waarde wat hy oor die jare en veral sedert sy aanstelling as waarnemende uitvoerende groephoof tot Denel toegevoeg het.

Maroela Media het vroeër berig Sadik is in Augustus verlede jaar as waarnemende uitvoerende groephoof van die beleërde wapenvervaardiger aangestel nadat Danie du Toit na minder as twee jaar as uitvoerende hoof bedank het.

Hlahla het werknemers, verskaffers, klante en alle belanghebbendes vanoggend daarvan verseker dat hoewel die direksie die finansiële uitdagings probeer hanteer, die fokus steeds is op ʼn omkeerstrategie wat kan lei tot volhoubare groei en winsgewendheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Probeer verstaan

BBBEEEE wat ‘n grap.

Sarel

Iemand eendag genoem dat die beleid wat gevolg word is
” Kill It with a Thousend Faults”

MakersMark

Africanacity.

SwartBees

Elke keer net n nuwe wolf in skaap klere.

As die hoog geleerde ouens hul kwalifikasies die moeite werd is, hoekom kan nie een van hulle Denel reg ruk nie?

Nie Verbaas

En ons almal wonder oor sy vermoe in besigheid strategie. BEE is nie die antwoord nie. Net nog verskonings kom. Wonder of hy verseker is van sy salaris want die ander werknemers is nie.