Nuwe waarnemende kommissaris vir DKD aangestel

Makgothi Samuel Thobakgale (Foto: LinkedIn)

Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, het Maandag Makgothi Samuel Thobakgale aangestel as die waarnemende nasionale kommissaris.

Thobakgale het BCom-graad in finansies en sakeadministrasie. Hy is tans besig met sy magistergraad in sake-administrasie by die Universiteit van Johannesburg.

“Hy is ʼn hardwerkende, passievolle en kundige staatsdiensamptenaar,” het Lamola gesê. “Hy bring 17 jaar se ervaring van senior bestuur in die bedryf met meer as sewe jaar as rekenkundige beampte van verskillende provinsiale departemente, insluitend ekonomiese ontwikkeling en vervoer.”

Thobakgale was die hoof van die marine- en infrastruktuurprogramme en was adjunk- direkteur-generaal by die nasionale departement van openbare werke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cheetha

Hoop hulle gaan die vorige een saam Zuma toesluit?

Persheks Adri

Laat ons maar sien hoe doen hy die werk… Het egter bedenkinge.

Lag ek nou so lekker vir die gedeelte van die berig:

“Hy is ʼn hardwerkende, passievolle en kundige staatsdiensamptenaar,”

annie

Die man het vreeslik rondgespring tussen poste… Is hy ‘n geoefende cat on a hot tin roof?

Yvonne

Wow …..hoop hy is die swanesang waardig

Hennie J

Ongeag cearial se woorde gisteraand dat daar in die vervolg net die beste applikant aangestel gaan word, is hierdie aanstelling,hoewel tydelik, net nog n kader wat geoormerk is vir die groot skep.
In elk geval, enigiets is beter as spook Fraser.