Nuwe waarnemende misdaadhoof aangestel

Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het Woensdagaand in ʼn verklaring gesê genl.maj. King Bhoyi Ngcobo is pas as die nuwe waarnemende afdelingskommissaris vir misdaadintelligensie aangestel.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê Ngcobo sal hom goed van sy taak kwyt aangesien as hy meer as 20 jaar ondervinding in die polisiediens het.

Ngcobo het in dié twee dekades in die polisiediens ook met misdaadintelligensie gewerk.

“Misdaadintelligensie is baie belangrik en dit verg ʼn leier wat hardwerkend en ervare is, iemand met goeie leierseienskappe en iemand wat ʼn goeie beeld het. Genl.maj. Ngcobo voldoen heeltemal aan hierdie vereistes,” het Naidoo gesê.

Lt.genl. Mothiba, die waarnemende nasionale kommissaris, het Ngcobo namens die Suid-Afrikaanse polisiediens gelukgewens met sy aanstelling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico ·

Nog net n pion wat aangestel word ek daag hom uit om n taakmag op te stel om die boere se moorde te ondersoek dan wil ek nie eers praat van die kinder moorde nie ek sal dan hom eerste gelukwens as dit gebeur

Anoniem ·

Ek lees in ‘The citizen’ dat hy ‘n vervalste matrieksertifikaat het!

Andre van der bank. ·

Geluk, en ek wens jou werklik sterkte toe vir hierdie baie belangrike pos wat jy nou moet volstaan. Ek hoop van harte dat jy respek sal afdwing van diegene onder jou werksmantel, maar meer belangrik, van elke landsburger wat jy sal dien, ongeag kleur of kreed.

Toppie ·

Hy is aangestel om te fokus op wit misdaad. Sien daar is tans 3 klassifikasies waarin misdaad ingedeel naamlik wit, bruin en swart . Wit misdaad kry onmiddelike aanhouding sonder die keuse van borg aangesien jy ‘n gevaar vir die gemeenskap is.

Swartkat ·

Dit is nou wat jy noem regstellende aksie, die man het ‘n aangepasde matriek sertifikaat, 20 jaar ondervinding in misdaad intelligensie en het vir sy edele Mnr Zuma gewerk as lyfwag. Wat moet hy meer doen om hom te bewys na 20 jaar.

Johanna Botha ·

Van een omstredenheid na die volgende skande …VROT !

Spyker ·

wie waarneem die WAARNEMENDE…kry dit asb reg vir n slag…net een keer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.