Nuwe waarnemende Valke-hoof aangestel

Lt.genl. Yolisa Matakata, waarnemende hoof van die Valke. Foto: SAPD

Lt.genl. Yolisa Matakata is Donderdag as die nuwe waarnemende hoof van die Valke aangestel.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Donderdag die aankondiging by ʼn mediakonferensie in Pretoria gemaak. Mbalula het gesê hy sal binnekort ʼn permanente aanstelling maak.

Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria Woensdag bevind het genl.maj. Berning Ntlemeza moet onmiddellik sy pos as hoof van die Valke ontruim.

Mbalula het Donderdag gesê die Valke moet nooit beskou word as ʼn instansie wat nie korrupsie in die private sektor beveg nie. “Ek het die senior bestuur van die Valke daaraan herinner dat hul werk is om misdaad te beveg, ongeag hul status of politieke affiliasie,” het hy gesê. “Ek wil hê ons mense moet vertroue in die Valke hê en dat die instansie klinies moet wees in die uitvoering van sy werk.”

Mbalula het Woensdag sy voorganger, Nathi Nhleko, se aansoek om te appelleer teen die hof se vorige beslissing rakende Ntlemeza, teruggetrek.

Nhleko, die voormalige minister van polisie, het verlede maand hofdokumente ingedien om te appelleer teen die hof se besluit dat sy aanstelling van Ntlemeza ter syde gestel moet word. Hy het die aansoek ingedien nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het Nhleko moet Ntlemeza se aanstelling ter syde stel. Die Helen Suzman-stigting (HSS) en Freedom Under Law (FUL) het die aansoek ingedien om Ntlemeza se aanstelling ter syde te laat stel.

Nhleko het Ntlemeza aangestel ten spyte daarvan dat regter Elias Matojane in Februarie 2015 bevind het Ntlemeza was “bevooroordeeld en oneerlik” en het nie oor “integriteit en eerbaarheid” beskik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SP ·

Ntlemeza het die Valke net so vernietig as Selebi toe hy die speseenhede gesluit het. Daar is bitter min kundigheid en ervaring oor in die Valke,en daar is geen manier om dit reg te maak nie

Petrus ·

As Ntlemeza onregmatig aangestel is,dan is al sy besluite mos ook onregmatig. Ek hoop daar is n behoorlike ondersoek na sy tydperk as Valke hoof,veral die aanstelling van sy cronies en uitspattige funksies wat miljoene rande gekos het.

Willie ·

Agge nee waar kom die skierlikke geleerdes vandaan… lyk eerder na n aasvoel

LV ·

Ek hoop Ntlemeza se arrogante buikspreker(woordvoerder) val ook in sy swaard.

Blits ·

Hier kom sports, as die Valke so onafhandlik is hoekom word Zuma dan so beskerm en die valke as sy eie speel plek beheer, As hy gese het dat die Valke eers die korrupsie in die staat gaan aanspreek dan sou dit al klaar n verbetering gewees het, maar die klem word gegooi na die privaat sektor, wonne of hulle die GUPGUPZUMS gaan ondersoek

Albert ·

Nee Zuma sal nie vervolg word nie daarvoor sal Shaun Abrahams sorg!

Jan maak n plan ·

Die budgies kan nie eens korrupsie in hulle eie geleedere en die staatsdiens beveg nie, nou wil hulle die privaat sektor bekyk en dit nog met so n posman, ag verskoon tog, posvrou aan die stuur. Wat n grap.

HJV ·

From bad to worse.. wat weet sy van valke af … haar vlerkies sal gou geknip word

LM ·

Vir almal se negatiewe kommentaar moet ek se sy wat genl Matakata is was die hoof van die Valke in Wes Kaap voordat sy Adjunk hoof geword het. Voor dit was sy by misdaad intelligensie dus moenie oordeel voordat julle nie haar ken nie . Ek is bevoorreg om haar te ken .

Blits ·

Seker maar nog een van Zum se vrouens, Mbaleka Mbeti is een van hulle, wonne hoeveel van sy 20 kinders is onder skeilname in die regeering dalk is Gigaba een van hulle want hy net so clueless soos ZUMZUMDOM

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.