Nuwe watertenkvragmotors vir Noordwes

Watertenks vir Noordwes Foto: African News Agency

Watertenks vir Noordwes Foto: African News Agency

Ses watertenkvragmotors van die staat is aan die premier van Noordwes oorhandig om die provinsie te help met die voortslepende droogte en die waterkrisis.

Novula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het Donderdag die vragmotors, ter waarde van R1.3 miljoen elk, aan premier Supra Mahumapelo in Moruleng oorhandig.

Mokonyane het gesê die oorhandiging is die einde van ʼn tenderproses om waterverskaffingsdienste aan die provinsie te lewer, aangesien dit goedkoper is om die watertenks met staatsbeheerde vragmotors af te lewer. Sy doen ʼn beroep op gemeenskappe en regeringsbeamptes om die watertenks te beskerm en seker te maak dat dit nie gevandaliseer word nie.

Mahumapelo het gesê hy is dankbaar dat die departement op hul versoek om bystand reageer het en hy is bly dat Noordwes “geprioritiseer” is vir die aflewering van die eerste hoeveelheid vragmotors. “Mense in afgeleë gebiede wat nie water gehad het nie, sal nou water hê,” het hy gesê.

Die watertenkvragmotors sal versprei word aan plaaslike munisipaliteit in die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit.

Volgens Mokonyane sal nog watertenks in die nuwe finansiële jaar aan die provinsie verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Luister mooi! Luister baie mooi dit is nie wat die grondwet se nie, nie vrot aflewering waens nie! Nee skoon lopende water en en. So kry julle preoriteite agter mekaar!

Peet Schabort ·

Hoe lyk dit minister Mokonyane met die opgradering en instandhouding van munisipale rioolwerke reg oor die land? Damme soos die Vaaldam (nou op 54,5%) is erg besoedel met rou riool. Blou-groen alge is ‘n algemene gesig in die Vaaldam se water waar dit lyk soos groen verf.

Etienne Weidemann ·

Ek het jare gelde gese gebruik die bykans 1000 watertenkers van die weermag wat staan en stof opgaar en laat staan en luier en brandstof gebruik om die batterye aan die gang te hou, wat verstaan die dom mense van S.A. nie. Maar nou ja daar is nie “kick backs” in so ‘n oplossing nie!!

Fj ·

Ek wonder wanneer gaan die vragmotors aan die brand gesteek word?

scalla ·

Neem asb weer presies dieselfde foto n jaar later, speel dan soek die verskille tussen die twee, dit sal beslis nie moeilik wees nie.

Dan ·

Boorgate sou dalk n beter oplossing gewees het. Onder grondse water is volop in die noordweste.

DMC de Koker ·

Nuwe “staatsbeheerde” watertenks? Die weermag het dan reeds watertenks en is staatsbeheerd. Rampe en rampverligting is deel van die weermag se werk. Gebruik die weermag daarvoor. Maar nee, mors eerder geld en iemand het seker weer ‘n lekker vet “cut” gekry as om te gebruik wat beskikbaar is. Dis buitendien nie ‘n langtermyn oplossing nie. Daar is genoeg weermag tenkwaens op Potch alleen vir Noordwes.

ETIENNE ·

Daar staan meer dan ‘n duisend water tenkers in militere kampe landswyd ongebruik, maar daar is net kickbacks op tenders,ai die media is te dom om dit te verstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.