Nuwe wending in staat se kooptransaksie met swart huurderboer

landbou-trekker-oestyd

(Argieffoto: Jed Owen/Unsplash.com)

Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het oënskynlik ingestem om die plaas waarop ʼn swart huurderboer al jare lank boer, aan hom te verkoop – maar net die helfte daarvan.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër vanjaar bevind die departement moet die stuk grond van sowat 3 000 ha waarop David Rakgase al dekades lank boer, aan hom verkoop.

Rakgase, ʼn suksesvolle boer, huur die plaas Nooitgedacth by die staat en het ingevolge ʼn nou opgeskorte landbou-ontwikkelingsprogram jare gelede al toestemming gekry om die plaas te koop.

Hy het die hof genader nadat dit aan die lig gekom het dat die regering nie meer die grond wil verkoop nie, maar hom eerder ʼn verdere 30 jaar-huurooreenkoms aangebied het. In ʼn waterskeidingsaak het die hooggeregshof in sy guns beslis.

Ten spyte van die hofbevel dat die departement die plaas binne ʼn spesifieke tyd aan hom moet verkoop, sloer die proses steeds.

“Dit het die departement byna twee maande geneem om ʼn aanbod aan mnr. Rakgase ná die hofbeslissing te maak en nou blyk dit dat die regering net aangebied het om die helfte van die plaas aan hom te verkoop,” het Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, gesê.

“Die departement probeer mnr. Rakgase ʼn rat voor die oë draai en het duidelik geen voorneme om aan die hofbevel te voldoen en die hele Nooitgedacht-plaas aan dié verdienstelike opkomende boer te verkoop nie.”

Die DA het gesê grondhervorming is ʼn morele verpligting en ʼn emosionele kwessie. Die party sê grondhervorming moet arm Suid-Afrikaners, wat voorheen van grondeienaarskap ontneem is, deur die beleid bevoordeel, maar dat die ANC dié beginsel verontagsaam.

Maroela Media het navrae oor die kwessie aan die departement gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jakes ·

Miskien kan die amptenare in die department die die hofbevel nie lees of verstaan nie. Daarom kan die dokumente ook nie voltooi word nie want hulle kan nie skryf nie.

Anoniem ·

Kla die minister, die DG en die departement aan vir minagting van die hof.

Dries ·

Ek verstaan nie nou baie mooi nie. Die staat verhuur die plaas aan die swart boer al vir dekades lank. Hoekom nie lankal die plaas aan hom “gegee” as deel van hulle Grondhervormingsbeleid nie? Nou moet die boer, wat alreeds homself bewys het, die grond by die staat koop? As so ‘n eenvoudige transaksie soos die nie eers gefinaliseer kan word nie, hoe lank gaan grondonteiening en herverdeling neem?

Dries ·

Ek verstaan nie. Die staat soek swart boere. Hier kry hulle idiale kanidaat. Dan moet hy nog die plaas koop? Gee dit vir hom!!! Dis mos wat hulle met grondherorming wil doen. Baie vreemd. As die staat nie eers so ‘n eenvoudige transaksie kan behartig nie, hoe gaan dit gaan met grondonteiening sonder vergoeding?

Lou ·

Dit wys jou net. Hoe ernstig is die staat om suksesvolle swart boere te vestig?
Dit is alles net ‘n politieke spel om die blankes te verarm en alle besit in die regerings se hande te kry sodat hulle kan maak en meestal breek net soos hulle wil.

Tina ·

Wat my net krap is dat die artikel praat van ‘n “opkomende boer”.

Die man is al langer as twintig jaar op die plaas. Hoelank gaan hy nog as “opkomend” bestempel word.

Ditto ·

Ek dink nie dit is ‘n opkomende boer nie. Hy het homself al bewys. Hy vra net vir sy eie stukkie grond waaroor die son ook kan skyn. M.a.w. hy wil ‘n vry man wees sonder om op huur grond of stam grond te bly.

Adam ·

Dries handel met ‘n baie geldige punt hierbo. Dit wys duidelik die regering is nie ernstig met grondonteiening nie en stel nog minder belang om opkomende boere by te staan. Uiteraard kry die totale boerderygemeenskap weinig hulp van die staat en dit is onaanvaarbaar, veral in ‘n land wat gebuk gaan onder langdurige droogtes en talle landbouers wat ophou boer. Die regering bedreig voedselsekerheid en hulle kan gerus alle onbenutte staatsgrond in die hande van opkomende boere plaas en vergeet van die onteiening van grond waarop reeds kommersieel geboer word.

Sarel ·

Grond bly ‘n politieke instrument. Met genoeg politieke blootstelling sou hierdie transaksie al laaaaangkal deel van die geskiedenis gewees het.

Die man kwalifiseer as boer en daarom kan hulle nie politieke myle daaruit kry nie. Hulle het hom nie “ontdek” nie. Hy moet van ‘n niks tot opkommende boer wees vir sukses

Vee ·

Neeeee, grondonteiening sonder vergoeding??? Dan moet hulle mos vir hom die grond gee siende hulle grond gaan terugvat vir die kamerade, dan moet hy mos hierdie grond kry, hoekom koop??

Willie ·

Met opkomende boere kan hulle plunder.. Geld verdoesel, want dis kwansuis projekte wat geborg word… so hulle draai n rat voor hulle oe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.