Nuwe wetgewing op pad teen plastiekafval

Barbara Creecy. (Foto: ANA)

Nuwe wetgewing is op pad teen die enkelgebruik van plastiek, het die minister van omgewingsake, bosbou en visserye, Barbara Creecy, in die parlement aangekondig.

Sy is in ’n skriftelike parlementêre vraag deur Annerie Weber, DA-LP, gevra of sy beplan om nuwe wetgewing in te stel teen die enkelgebruik van plastiek en, indien wel, wanneer sy dit gaan doen.

Creecy het geantwoord dat die Omgewingsbewaringswet van 1998 die enkelgebruik van plastiek reguleer, terwyl die kwessie van plastiekafval onder die Nasionale Omgewingswet aangaande Afvalbeheer van 2008 ressorteer.

“Dit is ’n feit dat die beheer van plastiekafval wêreldwyd en in ons eie land nie op standaard is nie. Dit is daarom belangrik dat ons daadwerklik moet optree om ons oseane te bewaar,” het die minister gesê.

Sy het daarop gewys dat navorsing deur die Wêreld Ekonomiese Forum en die Ellen McArthur-stigting bevind het daar kan teen 2050 meer plastiek as vis in die see wees as huidige tendense nie stopgesit word nie.

Daarom het die departement van omgewingsake, bosbou en visserye met ’n proses begin om te bepaal of Suid-Afrika se regulering van plastiekafval voldoende is.

Verteenwoordigers van die kleinhandelsektor, farmaseutiese vervaardigers en grimeermaatskappye word by die proses betrek, asook die papier- en verpakkingsbedryf.

Creecy het onderneem dat die proses teen Maart aanstaande jaar afgehandel sal wees en dat nuwe wetgewing daarna sal volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jacques ·

Arno Scheepers – Dit pla hulle nie want hulle milliemeel kom van die rak af en nie van n boer af nie . Hoekom sal plaasaanvalle hulle enigsins pla ? Wat hulle ook niie in gedagte hou nie is al die werksgeleendhede wat hulle self vernietig saam met elke boer wat vermoor word . Red n nasie en bou n volk , hoe doen n mens dit met sulke mentaliteit in ons midde ?

John ·

En die dag daarna gaan al wat boom is begin verdwyn… vir vervaardiging van papierkardoese… Nie? Waarin gaan verpakking gedoen word? Plastiekafval kan nuttig gebruik word, maar die wil beskaam. Daar is reeds genoeg plastiek wat in elke geval verwerk moet word. Om die groot voorbok te wees met ‘n idee is so lekker, maar sonder ‘n praktiese plan is dit bloot ‘n show.

Eric Bornman ·

Hemp kan gebruik word, die vesel is veel beter as hout en groei vinniger. As die regering net hulle ogies wil oopmaak en die kerke bietjie rigting kry.
Haal politiek en broeders uit die hemp sage uit.
Probleem kan vining opgelos word.

Thinus ·

As daar weggedoen gaan word met plastiek gaan daar ook duisende hul werk verloor wat elke dag plastiek versamel vir ‘n inkomste. Sal definitief die aangeleentheid in die breë spektrum moet ondersoek voordat daar wetgewing gemaak word. Vir elkeen wat nie ‘n inkomste verdien nie is daar nog ‘n krimineel in wording.

Mia Joubert ·

Toemaar een van die dae gaan ons niks hê of kry om in plastieksakkies te sit nie. Ons kan wat ons te koop kry sommer so in die hand dra danksy die regerende party

Jacques ·

Die probleem is nie die plastiek in sy geheel nie , dit is die mense se houding as die plastiek klaar gebruik is . As daar nie meer n nut is vir die sak of verpakking nie word dit net eenvoudig neer gegooi waar dit ook al is . As mense besef dat asblikke daar is vir onderander plastiek sal dit al klaar beter gaan . My voorstel is begin mense opvoed oor die gebruik van asblikke . Ek besef dit is makliker gese as gedaan maar dit is n begin .

Lizelda ·

Dankie Jacques baie waar maar hoe gaan jy nou die mensdom kry om te verstaan om nie rommel te strooi nie? Mense id algemeen in selfsugtig.

Vlakvark ·

Die stad oorsee waar ek woon het ‘n bevolking van 1,3 miljoen mense van menigde etnisiteite en kulture. Jy sal nie rommel en plastieke sien rondlê nie. Waarom nie? Vra hul polisie, onderwysers en die ouer gemeenskap. Tyd dat Suid-Afrikaners ernstige selfondersoek doen en minder politiek beoefen.

Vlakvark ·

BELANGRIKER: Mense moet opgevoed word om nie meer as 2 kinders per gesin te hê nie. Oor enkele dekades gaan Suid-Afrika se bevolking 100 miljoen wees. “Too gastly to contemplate!”

Jakes ·

Dit gaan nie oor bewaring nie…..waar is al die geld heen wat die regering hef op plastieksakkies by die winkels? Was daai tyd kwansuis om herwinnings projekte te finansier! Daar is so ver my kennis strek ( en n berig so maand gelede) geen sent in enige projek investeer nie! Wnr jy die sakkie betaal b d winkel word hy met spesifieke kode gelui, die handellaar moet daarvolgens oorbetaal as n tipe belasting. Stel jou voor hoeveel miljoene per maand so genereer word? En dit verdwyn in die duister want wie gaan nou geraas maak oor n veertig sent sakkie? Nee wat, ek sien net nog meer belasting heffings met geen voordele vir die omgewing.

lallison ·

Absoluut stem ek daarvoor, maar …… hulle kan nie eers plaasmoorde beheer nie, wat nog van korrupsie, verkragting etc…, nou wil hulle dit doen – ja sure.

Omtrent 2 kinders….my mening, meer as een kind – geen staatstoelae nie, sal sien hoe vinnig stop hulle

Attie. ·

Papier word van hout gemaak en dit is ‘n hernubare landbouproduk. Pastiek word van olie gemaak en dit word nie gehersirkuleer nie agv die feit dat jy arms vol nodig het vir slegs ‘n paar sent. Koeldrankvervaardigers is die groot probleem met hulle 2 lit bottels wat die wêreld vol om die dorpe lê en nooit opgetel word nie. Ek stel voor ‘n stewige belasting op plastiek en dwing die vervaardigers van’n produk om die leë bottels terug te neem. Wat van plastiek messe en vurke asook plastiek strooitjies?

barend v d westhuizen ·

die probleem is nie die plastiek nie dit is die mens wat mors en alles net neer gooi en begin n sekere nasie en kleur veral te leer om gemors in n drom te gooi en dan kan dit baie makliker verwerk word maar dalk moet goed gemaak word waar n deposito op betaal word en bring trug en jy kry jou deposito trug ek persoonlik koop 25liter seep op die oomblik by fabriek winkel aan betaal n deposito op die drom as en die drom trug bring en ander een koop betaal ek nie weer n deposito op dit nie en dit werk die selde word gedoen met die produkte wat in 5liter kande as alle verskafers dit begin sal daar al klaar in groot klom plastiek minder gemaak word en rond gegooi word verskoning van werk wat verloor word is n swak verskoning

Wessel Enslin ·

Waarom nie katoen inkoopsakke eenmalig aanskaf om van plastiek weg te bly. Bring glas bottels en die depositos op hulle terug en doen weg met plastiek bottels. Wetgewing is ‘n mors van tyd omdat dit nie afgedwing word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.