Nuwe wetsontwerp oor haatspraak binnekort voorgelê

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Solidariteit het vandag gesê dat die ANC se rassepolitiek gevaarlik is. Volgens die vakbond moet die regerende party homself eerder daarop toespits om werk te skep en om sy beleidsrigtings wat die ekonomie kniehalter, te staak in plaas daarvan om ras as politieke instrument te gebruik om sy vervreemde kiesers se stemme te wen.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die sogenaamde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak opgestel is en binnekort aan die kabinet voorgelê sal word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, word die reeds bestaande wetgewing teen rassisme verkeerdelik geïmplementeer en toegepas. “Ons veroordeel enige vorm van rassisme ten sterkste. Die bestaande wetgewing word egter subjektief baie selektief geïnterpreteer ten einde politieke veld te wen ten koste van sekere individue en groepe,” het hy gesê.

“Alvorens nuwe wetgewing oorweeg word, moet alle Suid-Afrikaners eers besef dat rassisme universeel is en nie slegs by sekere individue en/of groepe bestaan nie, en die nodigheid en effektiwiteit van huidige wette moet eers behoorlik bestudeer word,” het Van der Bijl verduidelik.

Hy het bygevoeg dat daar reeds baie onsekerheid bestaan oor wat as rassisme en haatspraak gedefinieer kan word en dat die instelling van tronkstraf die onsekerheid net verder sal verhoog. “Wat in die wetgewing bedoel word met ‘enige handeling wat apartheid verheerlik’ is ook onseker en dit skep die moontlikheid dat subjektiewe polities-gedrewe menings daartoe kan lei dat persone onregverdig tronk toe gestuur kan word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Apie

Swartmense kan nie rasiste wees, so hulle kan dus ook nie haatspraak predik nie!!! Hierdie wette is slegs van toepassing op Witmense. Dis hoekom hulle tans haatspraak predik sonder dat daar enige optredes teen hulle is. Zuma is een van die voorbokke!!

Cathy Kotze

Die ANC gaan beslis nie studente vervolg wat T-Hemde dra met die woorde “Kill all Whites” daarop nie. Ook nie Facebook bloggers wat skryf: “Maak die Wittes dood. Laat hulle kinders die mis word wat ons tuine bemes.” Verseker ook nie hulle eie lede wat gereeld “Kill the Boer. Kill the Farmer” sing nie. Nog minder gaan hulle Pres Zuma aanvat wanneer hy sing: “My Cabinet and I will kill them. We will kill the Whites.” Ek kan hierdie regering gladnie verstaan nie. Bykans ‘n half miljoen Suid-Afrikaners is geweldadig vermoor sedert die ANC aan bewind gekom het. Die meeste… Lees meer »

jacobus

Wat is die definisie van Apartheid. Het die
wet nou betrekking op enigiets wat tydens die bewind vd vorige regering tot stand gekom het, negatief en positief en die verheerliking daarvan.

Gerhardt

Net nog ‘n stuk ontoepasbare gemors wetgewing.

Maddox

Hierdie wetgewing is uit en uit om wittes by te kom. Ander kleuriges sal heeltemal gevrywaar word. Dit laat my dink aan Hitler wat die Jode “gejag” het. Hierdie gaan dieselfde wees, mark my words.