Nuwe wetsontwerp oor haatspraak binnekort voorgelê

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Solidariteit het vandag gesê dat die ANC se rassepolitiek gevaarlik is. Volgens die vakbond moet die regerende party homself eerder daarop toespits om werk te skep en om sy beleidsrigtings wat die ekonomie kniehalter, te staak in plaas daarvan om ras as politieke instrument te gebruik om sy vervreemde kiesers se stemme te wen.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die sogenaamde Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak opgestel is en binnekort aan die kabinet voorgelê sal word.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, word die reeds bestaande wetgewing teen rassisme verkeerdelik geïmplementeer en toegepas. “Ons veroordeel enige vorm van rassisme ten sterkste. Die bestaande wetgewing word egter subjektief baie selektief geïnterpreteer ten einde politieke veld te wen ten koste van sekere individue en groepe,” het hy gesê.

“Alvorens nuwe wetgewing oorweeg word, moet alle Suid-Afrikaners eers besef dat rassisme universeel is en nie slegs by sekere individue en/of groepe bestaan nie, en die nodigheid en effektiwiteit van huidige wette moet eers behoorlik bestudeer word,” het Van der Bijl verduidelik.

Hy het bygevoeg dat daar reeds baie onsekerheid bestaan oor wat as rassisme en haatspraak gedefinieer kan word en dat die instelling van tronkstraf die onsekerheid net verder sal verhoog. “Wat in die wetgewing bedoel word met ‘enige handeling wat apartheid verheerlik’ is ook onseker en dit skep die moontlikheid dat subjektiewe polities-gedrewe menings daartoe kan lei dat persone onregverdig tronk toe gestuur kan word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Apie ·

Swartmense kan nie rasiste wees, so hulle kan dus ook nie haatspraak predik nie!!! Hierdie wette is slegs van toepassing op Witmense. Dis hoekom hulle tans haatspraak predik sonder dat daar enige optredes teen hulle is. Zuma is een van die voorbokke!!

Otter ·

Die stelling dat slegs witmense rassisties kan wees is ‘n teksboekvoorbeeld van rassisme.

Cathy Kotze ·

Die ANC gaan beslis nie studente vervolg wat T-Hemde dra met die woorde “Kill all Whites” daarop nie. Ook nie Facebook bloggers wat skryf: “Maak die Wittes dood. Laat hulle kinders die mis word wat ons tuine bemes.”

Verseker ook nie hulle eie lede wat gereeld “Kill the Boer. Kill the Farmer” sing nie. Nog minder gaan hulle Pres Zuma aanvat wanneer hy sing: “My Cabinet and I will kill them. We will kill the Whites.”

Ek kan hierdie regering gladnie verstaan nie. Bykans ‘n half miljoen Suid-Afrikaners is geweldadig vermoor sedert die ANC aan bewind gekom het. Die meeste slagoffers EN geweldenaars kom uit hulle eie geledere.

Maar steeds soek hulle naastiglik na Afrikaner sondebokke.

jacobus ·

Wat is die definisie van Apartheid. Het die
wet nou betrekking op enigiets wat tydens die bewind vd vorige regering tot stand gekom het, negatief en positief en die verheerliking daarvan.

Maddox ·

Hierdie wetgewing is uit en uit om wittes by te kom. Ander kleuriges sal heeltemal gevrywaar word. Dit laat my dink aan Hitler wat die Jode “gejag” het. Hierdie gaan dieselfde wees, mark my words.

Adrian ·

Wat se die nar, vote anc we are a none sexist non RACIAL organisation ,, tipies anc tipies zupta als leuens,, kommuniste

vermeende ·

Ek wonder nou net, sal die swart besigheidkamer en Black lawyera forum nie ook onder die wet gesien kan word as die verheerliking van apartheid nie.
So sal slim sy baas vang.

Marous ·

Eensydige wetgewing….beveg dit! Enige anderskleurige wat verwys na blankes as Legoa of Magoa of Mazungu of Whitey moet ook verantwoord.

Otter ·

Hoe sou die hof “enige handeling wat apartheid verheerlik” Interpreteer? Wie definieër apartheid? Watter handelinge kwalifiseer as verheerliking? Sou ek skuldig wees as ek die ou SA vlag vertoon, en wat sê grondwet van die vryheid van uitdrukking daaroor?

Cobus ·

Hierdie wetgewing gaan die lê van valse klagtes van “haatspraak” teen blankes aanhits en veroorsaak. Gevolglik sal onskuldige witmense gevonnis word, selfs net omdat ons etnies verskil…Die een etniese groep bepaal die lot van die ander…

ig ·

Gelukkig kan die nuwe wet nie my gedagtes bykom nie,so Ek sal dink wat Ek wil en net versigtig wees om dit te sê.

Winston ·

Geen wetgewing sal rassisme aan bande lê nie. Weereens net n poging om die meerderheid teen die minderhede te beskerm. Rassisme is so oud soos die aarde en gaan nie verander nie

Pieta ·

Ek wonder maar net of die “Tainted heroes” dokumenter wat Afriforum vervaardig het en wat sover ek weet nog nie vrygestel is nie enigeiets met hierdie skielike wetgewing te doen het nie. Weet iemand dalk wanneer die dokumenter vrygestel word?

christine ·

Gaan ek en manlief Saterdag n plastiekstel vir n stoep soek. Kry daar net twee kleure n wit en n swart stel merk ons op dat die witstel van dikker plastiek is en ook duurder is, so redeneer ons twee, kom swartveerkoopsman by ons staan ek haal aan ” This is a rainbow nastion you can take the black ones your skin will still be white as snow tomorrow” dit het ons glad nie eersgedink nie. Hulle is so rasbehep.Wil net se Pick n Pay Fichardtpark Bfn lui julle mense beter op. Deesdae is dit beter om te maak of jy doofstom is. Dit werk al lank vir my, party vra my selfs baie ongemaklik onverskoning oor my gebrek

Theresa B ·

Niks sal goedgekeur word as hulle nie daaruit kan voordeel trek nie. Dit wat hulle sê en dit wat ons mag sê is twee verskillende goed.

peter ·

Ek dink dis sekerlik die gevaarlikste wetgewing nog. Die toepassing daarvan sal altyd eensydig wees. Dis soos die doodstraf…jy kan dit nie in die hande van diktators laat nie want hulle pas die wet toe, soos wat hulle dit verstaan en voel op daardie stadium. Emosie gaan beslis ‘n groot rol speel en dinge gaan nog erger raak…

Scalla ·

Dit maak nie saak wat se wetgewing ingestel word nie, n spade bly n spade en sal na die wet steeds n spade wees.

REGVERDIG ·

Het julle al agtegekom dat dit net die swart mense is wat altyd aangekla word van rassisme? Of het ek iewers iets gemis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.