Nuwe WhatsApp-beleid moet voor dán aanvaar word

(Argieffoto: pixabay)

WhatsApp-gebruikers kan tot 15 Mei nog die gewilde boodskapdiens gebruik sonder om die nuwe bepalings en voorwaardes te aanvaar.

Gebruikers het aanvanklik net tot 8 Februarie gehad om die nuwe bepalings en voorwaardes te aanvaar, maar dit is uitgestel na hewige kritiek.

Volgens WhatsApp sal hy in die komende weke ’n banier op WhatsApp vertoon wat meer inligting oor die bepalings en voorwaardes gee. Daar gaan ook gepoog word om kwessies wat moontlik verwarring veroorsaak, uit te pluis. Hierdeur wil die diens gebruikers dan herinner om die nuwe bepalings en voorwaardes te aanvaar om sodoende WhatsApp aan te hou gebruik.

WhatsApp meen die veranderinge aan sy bepalings en voorwaardes is bloot om aan ondernemings die opsie te bied om makliker met mekaar of hul klante op WhatsApp te kommunikeer. Ondernemings kan deur WhatsApp-boodskappe met hul klante gesels, vrae beantwoord en vinniger nuttige inligting soos koopbewyse aanstuur.

“Dit is die gebruiker se keuse of hy of sy met ’n onderneming op WhatsApp wil gesels. Enige onderneming kan ook op WhatsApp geblokkeer of verwyder word,” het die diens op hul webtuiste gesê.

Nuwe inligting rakende hoe WhatsApp data versamel, deel en gebruik, is ook in die nuwe beleid bygewerk. Dit is hoofsaaklik om enige verwarring uit die weg te ruim. Die diens stel gebruikers gerus dat die beleid op geen wyse die privaatheid van gebruikers se boodskappe met vriende of familie beïnvloed nie.

WhatsApp moes die afgelope tyd vure doodslaan nadat in Januarie ’n herrie ontstaan het oor dié diens se nuwe bepalings en voorwaardes met betrekking tot die inwin van hul persoonlike inligting.

Maroela Media het vroeër berig dat verwarring onder gebruikers ontstaan het net nadat Facebook aangekondig het dat hy beoog om WhatsApp te gebruik om ʼn inkomste te verdien deur ondernemings toe te laat om sy klante via die platform te kontak en produkte selfs regstreeks aan hulle te verkoop. Sou gebruikers nie die beleid aanvaar nie, sal hulle nie meer belangrike funksies van dié app kan gebruik nie.

Die diens het dit duidelik gemaak dat nie hy of Facebook gebruikers se private boodskappe kan sien of oproepe kan hoor nie.

Talle gebruikers het gedreig om van alternatiewe dienste gebruik te maak. Ander platforms soos Telegram het ’n toename in gebruikers beleef wat by dié platforms aangesluit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andrew ·

Korrek. Wat meeste nie besef nie is dat die n stratagie is, saam met facebook se se idee rondom n crypto betaal eenheid, is om hulle monopolie rakende sociale inteaksie verder te versterk. Die probleem wat Jan en jy mee sit is dat een ou besluit wat die wereld moet eet, dra en dink en dit gaan alles deur julle foontjies. As jy nie Bizos of zucker se idiologie volg nie gaan jy gekruisig word deur die cancel culture. Jy sal nie besigheid mag doen mt enige hoofstroom identiteit nie. Voorbeeld in tyd coke, as jy nie daai klasse gaan vat nie sal jy nie vir coke in die toekoms werk nie.

Pieter ·

Ek stem 100% Andrew. Ons sien dit reeds gebeur.

Maar, niks keer jou om die apps te gebruik slegs om jou te bevoordeel nie. If you don’t want it on the internet, then don’t put it there.
As jy iets sien waarvan jy nie hou nie / teen jou waardes is. Raporteer en verwyder dit van jou feed.

Sarel ·

Die probleem is nog steeds die dreigebdd houding ” didn dit of” . Verbruikers laat hulle nie dreig of afpers nie

henndrik ·

Dit maak nie saak hoe hulle dit wil inkleur nie, hulle gaan inligting met Facebook deel

Petrus ·

Sodra jou Selfoonnommer geaktiveer word, is jou inligting in elk geval bekend, Whatsapp of te not!

Casper ·

M A W jou inligting kan uitlek aan maatskappye wat produkte aan jou wil afsmeer sodra hulle jou selfoonnommer het en die wolwe sê nooit waar kry hulle jou nommer nie.As jy die diens wil gebruik moet jy tog jou selfoonnommer verskaf as jy registreer.

Petrus ·

Dis hoekom die slim mense mos sê, ‘n Selfoon is jou DNA. As jy by Supermark of watter Winkel ookal was kry jy ‘n boodskap: “How will you rate Pick en Pay?”..of watter plek ookal.

JAN ·

Hulle gaan jou mal maak met advertensies dag en nag. Stuur maar die Telegram. Ek het reeds. Dis maklik. Daar is niks beter as gesonde kompetisie nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.