Nuwejaar begin met nagmerrie vir Jhb gesin

CJ Kotze in die hospitaal. Foto: Verskaf

CJ Kotze in die hospitaal. Foto: Verskaf

Nuwejaarsdag, ʼn dag wat vir meeste vol opwinding en feestelikhede is, het vir ʼn gesin van Randfontein aan die Wesrand in ʼn nagmerrie ontaard toe hul sesjarige seuntjie onverwags op ʼn glybaan ineengestort het.

CJ Kotze het Sondag saam met sy ouers, Jan (29) en Charlene (26), by familie in Kempton Park gekuier, waar die kinders heerlik op ʼn glybaan baljaar het. CJ het skielik inmekaargesak en sy bewussyn verloor. Sy pa was binne oomblikke by hom en het hom probeer bybring, maar tevergeefs. Die familie het daarna met hom na die Arwyp Mediese Sentrum in Kempton Park gejaag.

Volgens Amor Schoeman, woordvoerder van die Child Medi Organisasie wat die gesin bystaan, was CJ met sy aankoms by die hospitaal tegnies gesproke dood. Hy het nie asem gehaal nie en noodpersoneel kon geen hartklop waarneem nie. “Dokters het gespook om hom te resussiteer en het hom elektriese skokke toegedien om sy hart weer aan die gang te kry. Ná 15 minute kon ʼn flou hartklop uiteindelik waargeneem word,” het Schoeman gesê.

Sy verduidelik CJ ly aan ʼn hartkwaal, maar dit het in die verlede nog nooit groot probleme veroorsaak nie. Op die glybaan het hy egter ʼn hartaanval gekry en nou moet hy dringend hartchirurgie ondergaan.

CJ Kotze voordat hy in die hospitaal beland het. Foto: Verskaf

CJ Kotze voordat hy in die hospitaal beland het. Foto: Verskaf

“Ongelukkig is tyd nie nou aan CJ se kant nie. Die grootste probleem nou is dat drie noodsaaklike skanderings gedoen moet word om die presiese omvang van die probleem en sy behandeling te bepaal. Die gesin se mediese fonds dek nie hierdie skanderings en CJ se behandeling in die waakeenheid nie. Daarom probeer Child Medi Organisasie om die gesin te help om die fondse in te samel sodat die skanderings gedoen kan word en dokters kan besluit oor die pad vorentoe,” het Schoeman gesê.

Sy sê dit is nie moontlik vir CJ om nou na ʼn staatshospitaal oorgeplaas te word nie, omdat daar nie tans vir hom ʼn bed beskikbaar is nie en hy te siek is om nou geskuif te word.

“Charlene en Jan is voortdurend by hul kind in die hospitaal, meer as 80 km van hul huis af. CJ word in ʼn geïnduseerde koma gehou en is op ʼn asemhalingsmasjien. Gister het hulle hom ʼn bietjie uit die koma gebring om te kyk hoe hy reageer, maar hy was nog steeds nie lekker nie en hulle het hom toe later weer terug in die koma gesit. Ons wag nog om te hoor of dokters hom vandag weer uit die koma gaan bring,” het Schoeman gesê.

Child Medi Organisasie is ʼn geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat die insameling van die fondse en alle mediese betalings namens die Kotze-gesin hanteer. Besoek hul Facebook-blad of webtuiste vir meer inligting of om ʼn donasie te maak.

Die onderstaande video is geneem nadat CJ vir ‘n ruk uit die geïnduseerde koma gebring is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

snoefie ·

as die selektiewe betalings van mediesefondse deur staatswet afgedwing (volgens hulle) nie ongrondwetlik is nie, behoort dit te wees. hulle weier hierdie skanderings. hulle het groot bybetalings op feitlik alle medisyne, meeste mediese prosedures, tandheelkundige behandeling veral, is n luukse en moet feitlik heeltemal uit eie sak betaal word. tog word alle miv/vigs medisyne, tot volwasse grote nag doeke 100% gedek. hoe grondwetlik is dit?tog kom daar geen piep in protes uit af, as, vf+, medieselui of lidmate nie. dus been ek aan die hemelhoe mediesefondsbydraes om vigs/miv te dek vind byvak by almal, behalwe by my.

Amanda ·

Ek stem volkome saam. Ons land se mediese fondse is van die swakste ter wereld. Hoe weier jy op behandeling van n magtelose kind? Ek wens ek was n miljoener want dan het hierdie seuntjie DIE beste behandeling gekry! Sterkte aan die ouers en familie. Julle almal is in hierdie ouma se gebede.c

Amanda ·

Ek stem volkome saam. Ons land se mediese fondse is van die swakste ter wereld. Hoe weier jy op behandeling van n magtelose kind? Ek wens ek was n miljoener want dan het hierdie seuntjie DIE beste behandeling gekry! Sterkte aan die ouers en familie. Julle almal is in hierdie ouma se gebede.

Johanna ·

Ai tog die mediese fondse waarvoor n mens so duur betaal en dan is daar altyd iets wat hulle nie betaal nie. regtig. dis nou n bedryf wat n mens stom slaan. Ek bid vir julle. Mag God hierdie ou seuntjie genadig wees. Met God is alles moontlik.

Francois ·

Ai dit maak my hart so seer.ek het ook 2 kindertjies Seuntjie 8 en dogtertjie 6.Jy het medies jy betaal jou allie af.En as so iets onverwags gebeur dan moet jy hoor ons dek dit nie.Hulle maak miljoene rande.Ek sal my lewe gee vir altwee my kinders en so ook elke ouer.Hoekom moet dit altyd net oor geld gaan.As ons n staatsdiens gehad het wat jy jou kind kon gevat het na staats hospitaal wat jy weet hy sal da gehelp word was dit n ander saak.Maar daar sal hy definitief dood gaan.Dai ou seuntjie se lewe het nog nie eers begin nie en hy le da want GELD Mammon moet nou eers eerste kom.Betaal voor ons Help.Waar is die Mens wees en omgee vir mekaar.Ek bid vir jul 2 en ons Groot God sal hom genees.

Henco ·

Name en shame die mediese fonds. Ek stem saam met Johanna – ‘n mems betaal so duur vir medies juis vir sulke gevalle en nou dek hul dit nie?! Dis iets wat ‘n mens nie eers jou grootste vyhand toewens nie.

Rene ·

Pateties. Die dokters en hospitale buit mense uit. Hulle maak net geld en het geen simpatie met siek mense nie. Hoekom is belangrike toetse wat gedoen moet word so duur? Daar is altyd ‘n verskoning by mediese fondse dat hulle nie wil betaal nie, of die lid het ‘n groot bybetaling . As jy as lid een maand se premie nie betaal nie is daar probleme vir jou.

MM ·

Almal gaan nou so aan omdat die fonds nie wil betaal vir die diens nie, maar vind eers uit waste mediesfonds is dit en op watter pakket is hulle.

Karen van Zyl ·

Regtig MM? Maak dit saak, hulle is op ‘n medies! hulle betaal neur hulle nekke elke maand want enige “goedkoop” medies is nogsteeds duur!

Silvia ·

Dit is ongelooflik skokkend dat n kind se lewe vandag op die spel moet wees agv mediese hulp nie daar is – agv n fonds wat net nie kan bydrae. Ons het so 4 jaar terug langs ons seun se bed gesit (hy het vark griep gehad). Dit is skrikwekkend om jou kind so te sien, en as ouer so magteloos te wees. Alle sterkte aan die ouers (ons bid vir spoedige herstel).

Lizel ·

Wat maak dit saak op watter pakket jy is op jou medies, kinder van alle ouderdomme behoort 100% gedek te word vir enige iets. Ek verstaan as jy n buitr pasient is en jy gestuur word vir allerande toetse dat kan jy vooraf weet wat jou medies dek en wat nie, maar as jy in die hospitaal is behoort hierdie dinge gedek te word 1000!

PMB ·

My raad aan die ouers is om hul inligting van die medues te gaan google en uit te vind of of hulle vir PMB kondisies betaal, meeste fondse word deur die Raad vir mediese fondse gedwing om n lys van PMB kondisies te dek, indien wel bel die fonds en praat met n senior persoon nie die een wat die oproep hanteer nie hulle is nie klinies opgelei of opgewasse vd taak nie. Of kry n case manager bd hospitaal om julle te help. Die kind is op n medies wasrvoor julle betaal wees ferm en dring asn op julle regte!
Baie sterkte julle is in ons gebede!

Sê maar net. ·

Wel mense dat ons land se mediese fondse korrup is, is nie te betwyfel. Deesdae wil die fondse nie meer lede dra as hulle nie in ‘n sekere inkomste klas is nie. Een baie bekende fonds het sy premie van R290 na R914 p/m verhoog. Dit is nog dieselfde plan as verlede jaar met minder voordele. So ja ons word gedwing om fonds te kanseleer en om gebruik te maak van swak staats hospitale.

Elza ·

Vader ons vra voorsiening vir hierdie gesin, slim drs met wysheid en dankie vir ‘n kans om U Wonderwerke te kan beleef , herskep CJ assblief Here…..mag mediesefondse oop wees met al die voordele vir almal, genoeg geld beskikbaar as dit reg bestee kan word, … hospitale oorvol en hulp kan ‘n verskil maak vir almal….

veruschka ·

Hospitaal het my en my dogter weggewys omdat ek op die vorm geskryf het privaat pasient. Ek het medies gehad maar was so moeg vir al hul stories toe kanseleer ek my medies en sit daai R5000 per maand in my kluis en toe ek die kontant uithaal voor hul toe wil hul my skielik help. En hul het my nog terugbetaal!

Vygie ·

Ek betaal die jaar R3000.00/maand. R36 000 per jaar. Klink erg…? Hoeveel gaan ‘n hospitaal vir ‘n week in ICU kos. Dan nog die toetse ens. Wat gaan ‘n operasie kos? Dan begin die R36 000.00 min klink? As ek nog op chronies ook is en hulle betaal dit ook 100%. Wat verwag ons van ons mediese fondse? Ek kry die kind jammer en die ouers wat dit moet bydrae. Mens sou dan maklik sê, maar laat hulle dit afbetaal. Hoeveel mense betaal werklik hul mediese rekeninge? Net vir interesantheid, die dokters(gp’s en spesialiste) kry nie minste betaling van alle dienste. MR masjiene en instandhouding daarvan beloop baie kostes. Ongelukkig kry die privaathospitale en dokters nie toelae’s vir huur ens. nie. ‘n Privaat praktyk se instandhouding en oorhoofse kostes beloop ‘n klein forteintjie per maand, buitens die dokters se versekering ens. … … …

Marsha ·

Ag nee wat, moet nou nie weer begin met daardie nonsens hartseer storie van hoe swaar dokters en privaathospitale kry nie .ASSEBLIEF!!!!!!! Ek is so siek hiervan ek kan iets oorkom.Elke dokter in hierdie land is stinkryk en selfsugtig en moet nie nou weer begin met hoe hard hy/sy moes studeer en hoeveel geld dit gekos het nie bla bla bla.Hoekom kom een van hulle nie na vore en help die kind nie .NEE, want hoe gaan hy dan vir sy vakansiehuis, luukse motor, oorsese huis en vakansies betaal.Ek het nog NOOIT n dokter besoek wat vir my gese het wat ek makeer nie.Ek se vir die dokter wat ek makeer en hy skryf medisyne voor.Ek se sommer wat ek nodig het.So asseblief laat ons nou een maal die werklikheid in die oe staar en ophou om onsself te probeer “fool”En ja, ek sal dankbaar wees vir n dokter as ek iets oorkom maar ek is ook dankbaar vir die verpleegster wat die grootste deel van die werk moet doen om my gesond te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.