Nuweland dalk gesloop

Nuweland-stadion (Argieffoto) Foto: whatsonincapetown

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) swyg oor berigte dat die Nuweland-stadion in Kaapstad gesloop gaan word. Verskeie organisasies het die afgelope weke berig dat Nuweland binnekort gesloop gaan word, nadat die WPRU ʼn ooreenkoms met Investec gesluit het, om die grond vir 99 jaar aan hulle te verhuur.

Luidens berigte word die grond waarop die stadion staan aan Investec verhuur om die WPRU uit ’n finansiële verknorsing te help. RugbyRocks berig nou dat die stadion gesloop gaan word om plek te maak vir behuising en kleinhandelseenhede om hier opgerig te word.

Michael de Vries, woordvoerder van die unie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die unie verkies om nie in dié stadium kommentaar te lewer op hierdie berigte nie.

Dié ooreenkoms sal na bewering op ’n 99 jaar lange huurkontrak, met die opsie om te hernu, gegrond word. Die unie sal glo R110 miljoen uit dié ooreenkoms in die sak steek met ’n 5%-aandeel in die wins wat die ontwikkeling gaan inbring, asook wins van 3,5% uit eenhede wat herverkoop gaan word. Die kontrak is geldig vanaf 2020, wat beteken volgende jaar is die laaste jaar dat die stadion gebruik sal word. Investec het wel die opsie om die stadion in gebruik te hou.

WPRU sal egter niks vir die eerste ses jaar invorder nie, aangesien hy eers sowat R52 miljoen aan Johann Rupert se beleggingsmaatskappy Remgro moet terugbetaal. Remgro het in 2016 ’n persoonlike lening aan die unie gemaak toe die WPRU deur bankrotskap in die gesig gestaar is, berig RugbyRocks.

Die oorblywende bedrag van R58 miljoen sal gebruik word om die unie se deure oop te hou.

Die rugbyunie sal waarskynlik na die Kaapstad-stadion in Groenpunt verskuif, berig IOL.

Dit is egter nog nie bevestig nie.

Ellen Fedele, aktivis en sportliefhebber, het ’n Facebookblad gestig om teenkanting te bied teen die dreigende sloping van Nuweland.

“Ek het iewers gelees dat die stadion gesloop gaan word en vir ’n vriendin gesê ek het hierdie mal idee om iets daaraan te doen.” Fedele glo die stadion vorm ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

“Ek het as student een aand by die stadion ingeloer en een van die hekke was oop. Ek het ingestap en was alleen in die stadion. Ek het hoendervleis gekry. Daar is iets aan daardie stadion wat jy nêrens anders kan kry nie. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Geld kan nie alles dryf nie,” glo Fedele.

Maroela Media het vroeër berig Mohammed Cassiem (65) verkoop sedert die 1970’s roomyse by Nuweland en is ’n instelling by dié stadion.

Ook Cassiem glo dit sal ’n fout wees om Nuweland te sloop, hoewel hy nie bewus is van enige voorneme om dit te doen nie.

“Dit sal ’n groot teleurstelling wees. Ek voel of ek daar gebore is. Ek het 51 jaar lank roomys by Nuweland verkoop. Die mense gaan baie teleurgesteld wees, want dit is die lekkerste plek om rugby en krieket te kyk. Op Nuweland is daar baie plesier,” sê hy.

Indien Nuweland wel gesloop word, sal dit ’n einde van ’n era wees, aangesien 2020 ook die laaste jaar sal wees dat Cassiem roomyse by die stadion verkoop.

Hy beplan om daarna af te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sloper ·

Mense dit is n realiteit. Ek is in die siviele bedryf en daar is al tenders uit om dit te sloop in 2021.

Spook op thaba ·

As hulle nie kommentaar wil lewer, beteken dit net dat daar waarheid in die storie steek

Kerneels ·

Kolla, ek hoop nie jy verstik aan jou snoek & patats nie!

Dis sal ‘n hartseerdag vir die WP wees, maar onder omstandighede dalk die enigste uitweg?

Waarheid ·

Dis in elk geval n plek waar mense rugby verafgod. Huise en winkels sal n meer positiewe invloed om die omgewing hê.

koos ·

Hoe hartseer – dat dit als gaan oor geld…

Ai dok Craven jou woorde altyd hou geld uit sport – kyk nou – jy draai in jou graf om – dis omdat mense wat nie weet hoe om n onderneming te bestuur aan die stuur van so glorie ryke unie sit – als oor regstellende aksie- da het julle dit

WP ondersteuner ·

Agge nee! Dis soos om `n stuk geskiedenis uit te sny en te maak asof dit nooit gebeur het nie. Nuweland en Loftes is legandariese bakens in ons land. Dis hartseer.

Alida ·

Dit is ‘n jammerte as hulle van Nuweland gaan sloop. Dit is inderdaad ‘n stukkie geskiendenis in WP. Hoekom moet hulle dit gebruik vir behuising en besighede, net nog meer crime , wat ons nie nodig het nie. Ek hoop dat dit behou sal kan bly vir enige sport byeenkomste. Dit moenie net altyd gaan oor geld nie. Ja, wat het van al die geld geword?

What a joke! ·

Kyk ek is n Bul maar ek voel vir jul WP ouens..Ons het daai tyd mekaar noord Transvaal teen Province mekaar lekker opgeneek..Ai mooi herinneringe..Maar die nuwe Suid Afrika wel wat kan n mens se…Hul soek nie die blanke se sport nie al kan hul nie eens sokker speel nie…Ja jul sal aanhou speel maar inderdaad so dat nog n mooi stukkie geskiedenis is presies nou geskiedenis…Sou dit so wees 25jaar terug?

charmaine ·

Wonder in WIE se sak gaan die miljoene regtig gesteek word? Waar geld in SA betrokke is kan jy niemad meer vertrou nie.

Antionette ·

Hulle kan net sowel Tafelberg afbreek tot in die afgrond in. Niks is meer heilig in hierdie land nie.

Linda ·

n Goeie besluit om Nuweland te sloop. Hierdie plek is al vir donkiejare lank n wit olifant. Die grond kan beter benut word !!!

Piet parys ·

Ja maak so en die nuwe stadion sal seker makuka genoem word. . Wat van skenk dit aan die eff en blf vir n week en dan is daar nie sloping koste nie.

Nie Meer Daar Nie ·

Baai Nuweland… Dankie vir al die goeie tye…

Hanlie ·

Agge nee!!!!! Ek kan of wil dit nie glo nie!!!! Wie gaan daarby baatvind???

Ida ·

Dit sal die hartseerste dag in die rugby-geskiedenis van hierdie land wees. Nuweland is ‘n baken, ‘n rots, propvol atmosfeer en geskiedenis. Ek twyfel of ek ooit weer ‘n rugbywedstryd sal bywoon as dit by die Seepunt Stadium moet wees. Soveel goeie herinneringe aan elke besoek daar. Dit sal my hart breek indien hulle dit regtig gaan sloop.

JohanR ·

Rawsons lek seker al lippe af vir daai stuk grond! Elke wedstryd by Nuweland was die beste by bewoon van al die rugby stadie in SA, wedstryd na wedstryd. Waar het al die geld heen gegaan?

Ja swaer ·

Investec probeer nou alle truuks om te oorleef. Kyk bietjie hulle laaste finansiele verslae – lekker in die hek geduik – op pad na bankrotskap …

m ·

Ja en ons Suid Afrikaners (ek praat nie van ‘n spesifieke velkleur of etniesiteit nie) voel ‘n veer vir ons herkoms of toekoms!! Dis die vierde oudste rugby stadeon in die wereld en die oudste in die land, dis ‘n skaamte om dit te verlof!!

pieter ·

Ek hoop dis net n storie op di veld was van die beste rugby gespeel in die geskiedenis , maar gaan kyk hoe lyk die boet erasmus stadium in PE waar groot name gespeel het hys flarde die rugby museum by waterfront kaapstad is toegemaak da was nou geskiedenis so wat nog hoeveel gaan nog waai ek noem dit swak bestuur

Poot ·

@pieter
Al wanneer die beste rugby daar gespeel was, was wanneer die Bulle daar gespeel het.

Dries du Toit ·

Dis wat gebeur as jy n spanbestuurder n unie president maak net om regstellendeaksie tevrede te stel.Kyk maar na die res vd land.CHAOS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.