Nuweling polisiebeampte doodgeskiet

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Die nasionale polisiekommissaris het Woensdag gesê hy is vasbeslote om die moordenaars vas te trek wat ʼn nuweling polisiekonstabel, wat nog net meer as ʼn jaar in die polisiemag gedien het, vandeesweek doodgeskiet het.

Konst. Stevens Oubaas Mangwane (32) is Dinsdag in die Phomulong‑ informele nedersetting in Atteridgeville, Gauteng, doodgeskiet. Volgens kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het Mangwane saam met ʼn 29-jarige vriendin by ʼn taxi uitgeklim toe hulle deur twee onbekende mans gekonfronteer is.

“Die vriendin kon daarin slaag om na nabygeleë huise te hardloop vir hulp toe sy gehoor het hoe ʼn skoot afgevuur word. Toe sy saam met mense terugkeer om te help, het hulle Mangwane se liggaam op die grond gevind,” sê Muridili.

Die polisie het onmiddellik ʼn 72‑uur-aksieplan geaktiveer om die skuldiges vas te trek. Niemand is egter nog in hegtenis geneem nie.

Mangwane was nie aan diens ten tyde van die voorval nie.

Volgens Muridili was Mangwane verbonde aan die Vosman SAPD in Mpumalanga en het hy net meer as ʼn jaar gelede sy loopbaan in die polisie begin. Hy is oorspronklik van die KwaMhlanga-gebied afkomstig, maar het by familie in Atteridgeville gekuier toe hy doodgeskiet is.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale kommissaris van die polisie, het die aanval op Mangwane veroordeel en gesê enige aanval op ʼn polisiebeampte is ʼn aanval op die staat. “Die skuldiges in hierdie walglike misdaad sal geïdentifiseer word en die gereg sal sy gang gaan,” het Sitole gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

willem Botha ·

Die kriminele doen wat die polisie hulle toelaat,die 72 uur aksie plan klink goed ek hoop dit sal ook geld vir plaasaanvalle

BlinkStephaans ·

Ek wonder of dié generaal al gesien het hoe walglik is ñ plaasmoord… maar daarvoor is daar nie ñ plan nie????

Hendrik ferreira ·

Ek het geen tyd of respek vir SA polisie nie maar hierdie is tragies ,ek hoop net hierdie insident veroorsaak dat die polisie begin optree en die misdadigers vasvat

Anni ·

Moenie almal onder een Kam skewer nie asb. Daar’s nog goeie’s wit en swart wat self sukkel in di SAPD om te probeer red, help waar hul kan. Di hele staatsdiens val uit mekaar, gesondheid ook. Ons is Al te skaam om te sě waar Ons werk, Maar Ons probeer Al skeur publiek Ons uit mekaar.

Boetman ·

Die “regstelsel” beskerm mos die krimineel en moordenaar. Hoekom sal hulle dan nou bang wees vir die staat wat geen gesag meer het nie? Die kans dat hierdie moordenaar nooit gevang sal word nie is baie groot.

Wielspore ·

Enige moord is tragies, met alle respek teenoor die familie maar hierdie is nie soseer ‘n meer ernstige moord in vergelyking met ‘n moord teenoor ‘n gewone landsburger. Die persoon was nie aan diens gedurende die moord, hoekom dan die 72 uur plan of is dit ook maar net ‘n verkiesings storie. Dan moet alle moorde ‘n 72 uur plan hê.
Sterkte aan die familie.

Mossie ·

n Aanval op n boer is n aanval op voedsel en oorlewing. Hoeveel 72uur planne is al in werking gestel vir al daardie aanvalle en moorde?

Colleen ·

Hy is ook nie aan diens dood nie en nou wonder ek hoeveel miljoene gaan uitbetaal word aan sy familie.

SjN ·

Gen Sithole, geen moord is aanvaarbaar nie, het die moordenaars ooit geweet hy was n sapd lid, die aksieplan klink meer as n verkiesings praatjie en hoort standaard praktyk te wees, voel jammer vir die familie, sterkte.

Bokkie ·

My innige simpatie aan die naasbestaandes. Wat ek egter nie kan verstaan nie, (kruisig my maar daarvoor), is dat die konstabel was nie aan diens nie – is daar dan enige verskil tussen hom en sy mede passasiers in die taxi? In my oë behoort hy nie as n konstabel geklassifiseer geword het. Daagliks word taxi passasiers geskiet of vrouens word verkrag maar dit haal nie eens die koerant nie.

Bossie ·

Meneer die President

Halfstok asb vir vlae by alle polisiestasies vir elke polisielid wat al gesterf het. Sekerlik honderde. Soos reeds genoem dan ook vir almal wat elke dag in hierdie land sterf. Dit is ook ‘n nasionale ramp. Daardie vlag behoort nooit weer gehys te word nie.

Hierdie verwoesting van lewens in SA behoort dieselfde aandag en simpatie te geniet as die Natalse vloede waar daar opdrag gegee is dat alle landsvlae halfstok moet hang vir ‘n week van nasionale rou vir almal wat daar gesterf het.

Suid-Afrika is ‘n nasionale ramp!

Eben P ·

Sitole is jy seker dis n 72 uur plan? …. of dalk n 720 uur plan dis klink meer na ware jakob. Kan nie vinger plaas op die geval maar daar was mos onlaas ook n 72 uur plannetjie maar nooit weer iets gelees

Leo ·

Sjoe 72uur aksie plan en vasbeslote om hulle vas te trek? Wens hulle wil so reageer met ander moorde en plaasmoorde.

Andre ·

Die ANC wil moes niks aan crime doen nie, so kry vir julle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.