NVG appelleer teen pedofiel se ‘skokkend ligte’ vonnis

hof-hamer

Argieffoto.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan appelleer teen die vonnis wat Andre Petrus Retief opgelê is nadat hy skuldig bevind is aan seksuele aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, het gesê Retief, ’n siviele ingenieur, is in 2015 skuldig bevind op 2 130 aanklagte en is ʼn vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.

Die staat het kort daarna aansoek gedoen om te appelleer en die aansoek is toegestaan. “Ons appelleer nou omdat ons voel ʼn opgeskorte vonnis – mits hy homself nie weer skuldig maak aan soortgelyke oortredings nie, is ontstellend onvanpas en skokkend lig,” het Ntabazalila gesê.

Van Retief se slagoffers was so jonk as ses jaar oud. “Hierdie slagoffers is seksueel aangerand terwyl hulle geslaap het, wat hulle net nog meer kwesbaar gemaak het. Hy was ook in besit van ʼn groot hoeveelheid beeldmateriaal en foto’s van kindermishandeling. Hy het in 2001 al begin om dit te versamel en is in 2011 in hegtenis geneem,” het Ntabazalila verduidelik.

Die hof het destyds gehoor Retief het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem.

Retief se dade het aan die lig gekom nadat ʼn familievriend die huis waar Retief saam met sy vrou en gesin gewoon het, opgepas het. Retief het sy internetwagwoord vir die vriend gegee waarna die vriend op Retief se skootrekenaar op die foto’s en video’s afgekom het. Hy het ʼn selfoon, videokamera en kamera gebruik om die materiaal te vervaardig en het nie net sy vriende se kinders nie, maar ook bure se kinders seksueel aangerand. “Hy het ook skoolmeisies in kruidenierswinkels verfilm.”

“Ons glo die landdros se vonnis was skokkend onvanpas en die vonnis moet vervang word met een van direkte tronkstraf of direkte tronkstraf wat deels opgeskort is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

A ·

Ek hoop julle slaag. Hy het soveel kinders se lewens permanent verwoes. .

Ronel ·

Die regter moet ook sommer ondersoek word! Om so ligte straf vir daai tipe oortreding gee met soveel aanklagte teen hom!! RERIG?

Piet ·

As hy enigsins die boosheid van sy dade besef het sou hy self gevra het vir tronkstraf.

Bella ·

Skande! Hierdie mense het geen gewete nie. Die kindertjies se lewens is verwoes en Hy Gaan met syne aan. Mag God hulle uitwis. Die wraak kom God toe. Hy kan ‘n baie beter werk daarvan maak as ‘n paar jaar in die tronk!??

Santie ·

Hoe op aarde kan ‘n pedofiel en vervaardiger van kinderpornografie net ‘n opgeskorte vonnis kry… en nogal net vir 5 jaar?! Ek kan dit nie glo dat hy eintlik skotvry hiervan afgekom het nie.

Bella ·

Wat mag mens hier se? Ons vloek of dreig nie. Vra net dat Vader wraak neem op die verwoeste kinder lewens.

Catherine ·

My eerlike opinie. Hoe meer misdadigers op die straat is hoe vinniger kan die land in sy petjie wees. Rehap is beter as straf maar hier gaan dit net te ver. Soveel jare ~ nog nie self tot die besef gekom. Wat sal maak dat hy skielik verander?

Theresa B ·

Het die spul in die Howe ook nou al hulle albasters verloor??!! Regtig!!!

Frieda ·

Nee, nee!!! Hy moet in die tronk gaan sit vir die res van sy misrabele lewe!! Hy hoort nie in die samelewing nie. Ek weet van ‘n man wat 12 jaar toegsluit was vir een oortreding (ek praat dit gladnie goed nie), …..ek se ook, ondersoek die regter!!!

Sielkundige ·

Ondersoek die regter, dalk het hy iets om weg te steek – en dus gee hy so ‘n ligte straf.

O flip ·

Ek kook, sulke tyd moet ‘n regter ook voor die hof gedaag word. Hier is beslis onderduimsheid. Seksuele oortreders kan nie gerhabiliteer word nie, al wat werk is alleen in ‘n sel. Hoe de hel het die regter gedink, nee seker glad nie gedink. Andrè Retief, jy kan dalk smile oor dit, maar mag jy jou eie medisyne terugkry, jou gewetenlose vark, monster, gedrog. Mag jy nooit weer werk kry nie. Mag jy in ellende gaan en sommer die Regter ook.

Pop ·

Ek sou lig slaap as ek hy is. Pedofiele is bleikbaar ongeneeslik, nou hoeveel kwaad het hy nie al klaar weer aangerig nie

vrikie ·

In die goeie ou dae was verkragting ‘n halsmisdaad, in die nuwe suid afrika is dit net ‘n raps op die kneukels

Elize ·

Ek hoop NVG slaag, en daardie stuk skuim bevind homself agter die tralies vir baie, baie lank. Die kinders wat hy gemolesteer het, moet vir die res van hul lewens daarmee saamleef.

SUSAN ·

Is die regter nie omgekoop nie? Hy weet duidelik nie wat hy doen nie.

Sarel Strydom ·

Gaan kyk na vorige sake,nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Dit is Suid-Afrika waar nie eers ‘n kind se lewe iets werd is nie. Veldtog vir Geweld teen Vrouens en Kinders wat elke jaar plaasvind word net deur Politisie misbruik .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.