
Argieffoto.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan appelleer teen die vonnis wat Andre Petrus Retief opgelê is nadat hy skuldig bevind is aan seksuele aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, het gesê Retief, ’n siviele ingenieur, is in 2015 skuldig bevind op 2 130 aanklagte en is ʼn vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.
Die staat het kort daarna aansoek gedoen om te appelleer en die aansoek is toegestaan. “Ons appelleer nou omdat ons voel ʼn opgeskorte vonnis – mits hy homself nie weer skuldig maak aan soortgelyke oortredings nie, is ontstellend onvanpas en skokkend lig,” het Ntabazalila gesê.
Van Retief se slagoffers was so jonk as ses jaar oud. “Hierdie slagoffers is seksueel aangerand terwyl hulle geslaap het, wat hulle net nog meer kwesbaar gemaak het. Hy was ook in besit van ʼn groot hoeveelheid beeldmateriaal en foto’s van kindermishandeling. Hy het in 2001 al begin om dit te versamel en is in 2011 in hegtenis geneem,” het Ntabazalila verduidelik.
Die hof het destyds gehoor Retief het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem.
Retief se dade het aan die lig gekom nadat ʼn familievriend die huis waar Retief saam met sy vrou en gesin gewoon het, opgepas het. Retief het sy internetwagwoord vir die vriend gegee waarna die vriend op Retief se skootrekenaar op die foto’s en video’s afgekom het. Hy het ʼn selfoon, videokamera en kamera gebruik om die materiaal te vervaardig en het nie net sy vriende se kinders nie, maar ook bure se kinders seksueel aangerand. “Hy het ook skoolmeisies in kruidenierswinkels verfilm.”
“Ons glo die landdros se vonnis was skokkend onvanpas en die vonnis moet vervang word met een van direkte tronkstraf of direkte tronkstraf wat deels opgeskort is.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Ek hoop julle slaag. Hy het soveel kinders se lewens permanent verwoes. .
Die regter moet ook sommer ondersoek word! Om so ligte straf vir daai tipe oortreding gee met soveel aanklagte teen hom!! RERIG?
As hy enigsins die boosheid van sy dade besef het sou hy self gevra het vir tronkstraf.
Skande! Hierdie mense het geen gewete nie. Die kindertjies se lewens is verwoes en Hy Gaan met syne aan. Mag God hulle uitwis. Die wraak kom God toe. Hy kan ‘n baie beter werk daarvan maak as ‘n paar jaar in die tronk!??
Hoe op aarde kan ‘n pedofiel en vervaardiger van kinderpornografie net ‘n opgeskorte vonnis kry… en nogal net vir 5 jaar?! Ek kan dit nie glo dat hy eintlik skotvry hiervan afgekom het nie.