NVG-baas soek antwoorde

Shaun Abrahams. Argieffoto: ANA

Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, wil binnekort antwoorde hê oor of pres. Jacob Zuma aangekla moet word of nie.

Abrahams het Dinsdag gesê hy het die span wat die korrupsiebeweringe teen Zuma hanteer tot volgende Vrydag gegun om voorstelle te maak of Zuma aangekla moet word.

“Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bevestig dat adv. Abrahams die vervolgingspan opdrag gegee het om nie later nie as 23 Februarie hul aanbevelings te maak. Sodra hy dit ontvang, sal hy beslis oor die pad vorentoe,” het die NVG in ʼn verklaring gesê.

Zuma se prokureurs het op 31 Januarie sy vertoë aan die NVG gerig oor waarom die 18 aanklagte – 12 van bedrog, vier van korrupsie, een van geldwassery en een van afpersing – wat spruit uit die 783 betalings van meer as R4 miljoen wat na bewering deur en vir Zuma deur Schabir Shaik en sy Nkobi-groep tussen 1995 en 2006 gemaak is, nie weer teen hom ingestel moet word nie.

Die DA het in November verlede jaar dokumente vir die herinstelling van die aanklagte by die NVG ingedien en het aangevoer die besluit wat in April 2009 hieroor geneem is om die aanklagte teen Zuma terug te trek, enkele maande voordat hy tot president verkies is, was irrasioneel.

Die appèlhof het vroeër beslis dat die besluit deur Mokotedi Mpshe, vorige hoof van die NVG, om die aanklagte terug te trek, wel onwettig was. Zuma is daarna die geleentheid gegun om ʼn vertoë te rig oor hoekom die aanklagte teen hom nie weer ingestel moet word nie. Die aanvanklike sperdatum hiervoor was 30 November, maar Zuma het sewe weke uitstel gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Schalk van der Merwe ·

So, as Shaun kon lees sou hy geweet het wat die appel se beslissing was. Dra sy spannetjie se aanbevelings dan nou meer gewig?

Johanna Botha ·

Die man het SA verlam en gevolglik is sa totaal wetteloos ! Lees dit (crime pays in SA ) :

S.A Government makes huge profits from crime.

Example 1:

Take just one million home owners in Gauteng who pay for “armed crime reaction” (not crime prevention) where private security companies react AFTER the crime has taken place – no wonder they never make any arrests!

This service costs on average R250 p.m. Therefore 1,000,000 x R240.00 x 12 months x 14% VAT, generates R403 million in tax revenue for the SA Govt!

Example 2:

A car thief steals a R500,000 car and receives between R10,000 and R30,000 for his deed. The car owner is paid out by insurance and then purchases another similar vehicle, on which
he pays 14% VAT of approx R70,000 as a direct result of crime.

SA Govt must be forced to reconsider this unconstitutional and immoral practice of profiting from crime!

All South Africans should demand that all payments related to protection of life and property should be VAT free and Tax

If a person dies as a result of crime we should demand that estate duty not be paid. SA Govt. has made huge profit of estate duty from the murders of 1300 SAfarmers?

SAGovt likes to compare us to overseas. Well overseas your safety and security is covered by your income tax and is tax deductible!

It is time that SA stood together and made the Govt. and public aware of the Govt’s “income”

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahaa….ek het hierdie geskryf in 2001. Nie geweet dit sweef nog êrens daar buite rond nie. Het dit selfs voorgelê aan Jody Kollapen by die Menseregte Kommissie….en NIKS uitgerig gekry nie. Ek en oorlede André het ure, dae, weke en maande spandeer om mense te probeer oortuig om hierteen weerstand te bied…..Prof Wiegers gaan praat, Dawie Roodt voorlegging gemaak….Suid Afrikaners oorsee probeer oortuig om ons te help met ‘n konstitusionele hofsaak bygestaan deur die Free Market Foundation en The Law Review project….en ons het NêRENS gekom nie!! Suid Afrika het ‘n misdaad gebasseerde ekonomie…en dis net hoe dit werk.

Genieve ·

Shaun Abrahams ek hoop jy sal die land verkeerd bewys en dat daar waarlik bewyse sal wees.

anti verrotting ·

Ek vertrou hom geensins nie – hy cover ook vir sy pel zuma.

Toks ·

Ag so makLik om te besluit,zuma stop hom paar rand omkoopgeld ini hand, en hy besluit…om nie te vervolg nie… So voorspelbaar!

snoefie ·

shaun soek iets anders as weiding? wow!!! shaun he did the crime let him do the time!!!! 18 klagtes shaun? wat het van die ander 765 geword?

Alida ·

Ek dog hy is afgedank? Miskien sit ek die pot mis maar nietemin dit is nou sy kans om sy kant te bring en onpartydig op te tree.

Fanie ·

As daar besluit word om hom nie te vervolg nie sal die saak opgeneem word by Gerie Nel

Alida ·

Hoe het ons dit reggekry om hulle ALMAL nou aan die korthare beet te kry? Ek dink daar is paar manne en vroue wat benoude spronge maak want hierdie is maar net die begin van die blikke wat nog oopgemaak moet word.

Jurie Vermeulen ·

Wat is nou die probleem, hoe kan Shawn dan nie nou n besluit neem nie. Hy dan altyd so maklik besluit om nie te vervolg. Is sy posisie nou ingedrang dat hy leiding soek.

Hans ·

Dit is net n front wat voorgehou word sodat hy die kan blameer wanneer hy zumpie vryspreek. Dan het hy moe nie die besluit gemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.