NVG ‘besluit nog’ oor Oscar se inhegtenisneming

Oscar Pistorius in die hof (Julie 2014)  Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Oscar Pistorius in die hof (Julie 2014) Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag gesê hy wik en weeg nog of ʼn lasbrief vir Oscar Pistorius se inhegtenisneming uitgereik sal word na aanleiding van sy skuldigbevinding aan moord.

Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder, het gesê die staatsaanklaers in die saak het Maandagoggend vergader, maar dit is steeds nie duidelik of Pistorius weer in hegtenis geneem sal word nie. Mfaku het gesê die staat se regspan is steeds besig om ʼn hofdatum vas te stel wanneer die voormalige Paralimpiese atleet weer in die hooggeregshof in Pretoria sal verskyn.

“Ons wag nog vir ʼn hofdatum. Die aanklaerspan beraadslaag tans met die adjunk-regterpresident daaroor,” het hy gesê.

Mfaku het gesê ʼn lasbrief vir inhegtenisneming is een van die beskikbare opsies vir die staatsaanklaers om te verseker dat Pistorius wel in die hooggeregshof verskyn, waar daar dan amptelik ʼn datum vasgestel sal word. “Dit is een van die metodes wat ons tot ons beskikking het om hom te dwing om voor die hof te verskyn.”

Die ander opsie is om ʼn onderneming van Pistorius se regspan te kry dat sy kliënt wel in die hof sal verskyn. Sodra Pistorius voor die hof verskyn, sal die saak na verwagting tot vroeg volgende jaar uitgestel word om regter Thokozile Masipa kans te gee om ʼn gepaste vonnis vir moord op te lê.

Die appèlhof in Bloemfontein het verlede week Pistorius se vorige skuldigbevinding aan strafbare manslag ter syde gestel en hom skuldig bevind aan moord vir die skietdood van sy meisie, die model Reeva Steenkamp, in 2013.

Pistorius is voorheen vyf jaar tronkstraf deur Masipa opgelê en in Oktober op korrektiewe toesig vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Weskaper ·

Oscar ons voel saam met jou en bid vir jou. Sterkte en hou moed alles sal eendag weer regkom, onthou elke donker tonnel het ‘n helder uitgang. As ek Gerrie Nel was het ek slapelose nagte gehad want my gewete sou my gepla het, ek hoop nie Gerrie het kinders en/of kleinkinders, want dit kan met enige persoon gebeur.

Leoni ·

Ja – nee jy weet beslis nie waarvan jy praat nie. Ek steun Gerrie Nel verseker!! Reg het geskied. Dankie tog!!!!!!

Dina ·

Skrik wakker hy het iemand doodgeskiet. Weet nie in watter droom wêreld jy leef nie. Hy is ‘n moordenaar

Anoniem ·

Waarom moet Gerrie slapelose nagte he? Oor hy sy werk doen. Word jy wakker en los hom uit.

Bloues ·

Weskaper waar kom jou opmnerking vandaag? Gerrie het sy werk gedoen en dit uiters bekwaam gedoen. Geregtigheid het geseevier en n moordenaar beland agter tralies.

Henri ·

Wat is die waarheid wie beskerm wie, of wie se naam moet nie deur die modder gesleep word nie. iewers is n slang in die gras niemand sal net skiet nie.

Willie ·

Henry…jy is reg. Niemand sal net skiet nie. Maar ons praat nie hier van niemand nie….Oscar skiet…sommer vier skote met een van die kragtigste handwapens in die wereld…

Henry ·

Goeie antwoord Willie.
Moet asb my nie met Henri verwar nie.
Nog minder met sy uitsprake.

gb ·

Nee dis nie reg wat jy se nie!!! Mens wens dit op niemand…. sy lewe is klaar hel en sy drome alles in skerwe…skuldig of nie……. niks maak saak reva is weg. Klippe gooi is aaklig!

susan ·

Wow. Die engele in die hemel juig nou. Hier loop sowaar n volmaakte, sondelose mens op aarde. Hy mag maar die eerste klip optel en stenig. Né Genis.

Martin ·

Susan, los vir genis uit. Genis bedaar tog swaer, bedaar tog.

Schalk ·

Susan. Die engele juig? Jy is vinnig om ook maar n klip of twee te gooi. Elke keer wat ek jou nog hier op Maroela geantwoord het, is my kommentaar verwyder. Die beste van alles is, niks van dit was persoonlik nie. Ek kry die gevoel jy druk die rapporteer knoppie indien jy nie van mense se reaksie hou nie. Gaan voort en druk hom hom weer, of nog beter. Vra Maroela om my sommer te blok, want wie ookal by hulle kommentaar verwyder het seker nog nooit n bietjie mag gehad nie en misbruik die geleentheid. Jy is vals! Jy is n dweper en jou soort maak mense wat dalk nog n verhouding met God wou gehad het so bang, dat ons maar eerder klippe gooi. En ek aanvaar dat hierdie sekerlik my laaste kommentaar op Maroela was.

Martin ·

Schalk en Pieta, dit werk mos nou nie so nie. Kerels ek skaam my vir julle!!!!!!!!!!! Maroela, Susan, dankie vir die harde werk wat julle doen.

Gertjie ·

Genis, en julle ander.
Lees jou Bybel en kyk die voorsiening wat God vir Kain gegee het.
In wie se skoene sit julle julle-self?

Meraai ·

Het geregtigheid werklik geskied? Kan enige straf vergoed vir die verlies wat Reeva se gesin en geliefdes moes ly? Daar was verskeie skote. Nie net een noodlottige skoot nie. Watse maniak skiet en skiet net! Geen mens gaan stilbly as daar op hom/haar geskiet word nie en ek dink nie Reeva was die uitsondering nie. Hy moes dan tog tussen haar gille en die van ‘n inbreker kon onderskei en dan opgehou het. Hy het nie. Oscar het op verskeie geleenthede gewys dat hy nie sy woede kan beheer nie. Ongelukkig moes Reeva met haar lewe boet, voordat dit aangespreek is.

Louis ·

Wat net nie vir my sin maak nie is die feit dat Oscar duidelik anders behandel word as ander oortreders. Kyk nou weer toe hy skuldig bevind word aan moord. Met enige ander oortreder sou daar dadelik n lasbrief uitgereik word en hy sou gearresteer word hangende sy borg aansoek. Dit is maar een van vele “gunsies” wat hy ontvang. Wat maak hom so spesiaal dat hy bo die wet verhewe is. Die man het moord gepleeg en hy moet die gevolge van sy dade aanvaar en basta. Waarvoor het ons dan n regstelsel, beslis seker nie om sekere oortreders n pap handdruk te gee nie.

Mercy ·

Ek kan nie glo dat iemand skuldig bevind word aan moord, en dan nog op straat is nie! Ons land is ‘n grap, iets om oor skaam te kry!

Martin ·

Kom ons gee die nvg. ‘n kans. Gerrie het uitstekend gedoen tot sover.

Eddie ·

Dit gaan ook my gesonde verstand te bowe. Jy word skuldig bevind aan moord maar nou moet hulle eers dink wat om te doen. Haaaallllllloooooooo!!!!!!!!!!!!!!! enige normale man op straat sou al lankal weer toegesluit word maar nee nie gil-girl nie daar moet nou eers gedink word wie kan bevoordeel word uit die saak. Regtig kry julle weet wat en laat hom terug gaan waar hy hoort. Agter trallies. Of wil hy graag Kersfees eers by sy oom se huis deurbring. Kan nie glo hoe pateties hierde regstelsel van ons is nie. Moord bly moord maak nie saak wie en wat jy is nie.

Moeksie ·

Weskaper – klim liewer terug in jou dop – jy weet nie waarvan jy praat nie. Ek hoop nie jy het ‘n dogter wat binnekort gaan begin “date” nie…….

susan ·

Nou verstaan ek die knellende droogte wat die land van ons so teister. Die Here gee op met die spul mense maar leer,leer hulle nie hulle les. Dit hou aan oordeel en afkraak en slegsê. Wat verwag ons anders as dat die Here Sy hand gaan toemaak en die hemel sluit. Almal van julle gaan liewer op julke knieë en bid en los die oordeel vir die Here

Francois le Cochon ·

@Susan. So, wat jy se^ is dat ons moet wegdoen met alle wetstoepassers, landroste, howe en Tronke, en dat alle misdadigers slegs deur die Here veroordeel moet word na hul afsterwe.

Mercy ·

Susan, die Here oordeel nie meer nie, hy het ons ‘n vryheid van keuse gegee …

Genis ·

Laat ons dan ook nie klippe gooi na plaasmoordenaars en ander diesulkes wat bloed vergiet nie. Laat almal vry, siestog, niks kan tog hulle slagoffers terug bring nie. Eerlikwaar, weet jy wat jy sê? Al waaroor ek dankbaar is, is dat daar nie kindertjies was nie. Dan was hulle ook nou dood.

susan ·

Nee my liewe mense ek praat van julle wat so oordeel. Party mense lees net wat hulle wil en sien net wat hulle wil…..ek gee op…..

Poplap ·

@Susan. Terwyl jy almal so uitnooi met jou afgesaagde klipgooistorie – gaan jy die betrokke regters ook vertel dat hulle moet laat waai met die klippe????

Leeutjie ·

Susan moenie opgee nie! Daar is tog mense wat soos jy dink. Ek bekyk die saak objektief en is nie aan Oscar of Reeva se kant nie, WANT EK WAS NIE DAAR NIE!! (“Dit klink asof meeste mense op die forum wel daar was”!!) Sommige is selfs nog slimmer as die Regters. Ek is ontsettend ontsteld oor sommige forumskrywers se uitlatings en wil my distansieer en dit daar laat vir God! Die enigste ware Regter wat weet wat daar gebeur het! Waaroor ek wel dankbaar is, is dat ek, ongeag enige omstandighede, nie oordeel nie, wat my ‘n goeie gevoel gee dat God vir my knipoog en se..wel gedaan my kind!!

christine ·

Wel ek het n dogter ek leer haar noual , moenie in n elke liewe man wat jy ontmoet se woonstel loop slaap nie.Dit maak van jou n baie duur hoer. Sorry dis hoe ons voel. Hy kan daar by my kuier en het ek die reg om die vark weg te jaag as hy hom nie gedrae

Martin ·

Ek stem saam dat die saak loop soos hy loop. Maar ek stem ook saam met Christine, Reeva se naam kan nie skoongemaak word hierdeur nie.

Prokureur ·

Wens net mense wil verstaan voor hul kommentaar lewer. Daar is nog nie ‘n Lasbrief vir Arres uitgevoer nie, omrede dit net een van die baie opsies vir die NVG is wat beskikbaar is. Oscar en sy regspan het self die hof genader vir ‘n datum, en moet more 8 Des voor die hof verskyn vir formele borgaansoek en vir die vonnisoplegging om te begin. Niemand weet wat daar gebeur het, en nie een van ons mag ‘n ander oordeel nie, Los nou die arme man. Hy gaan terug tronk toe. Ek vir een hoop hy gebruik sy tyd en skryf ‘n boek, sal dit graag lees.

Mercy ·

Lettie, mag jy eendag tot jou sinne kom. Ek wil amper vloek toe ek jou kommentaar lees!! Win win situation???? Geen ouer wat ‘n kind verloor kan enige iets baat uit finansies nie! Hoekom kry jy nie solank vir jou ‘n skryfblok sodat jy vir Oscar briefies kan skryf in die tronk nie. Oscar se bekendheid maak hom niks beter as enige ander moordenaar nie. Sy disability maak hom niks minder as enige ander persoon nie.

DEE ·

Lettie
As jy net wil kant kies vir Oscar is dit jou saak. Om Gerrie Nel vir n bad loser uit te kryt is heeltemal iets anders. As jy nie weet wat die wetlike aspekte is waaroor hy geapelleer het nie, los dit dan eerder en moenie jouself daaroor uitlaat nie. Dit gaan nie daaroor om Oscar te na te kom nie. Dit is n baie groter ding as dit. As hulle nie Regter Masipa se fout regstel nie, kan ander moordenaars ook wegkom met moord aangesien afgehandelde hofsake gebruik word in argumente en ook n rol speel in vonnisoplegging. Dit was noodsaaklik om hierdie saak verder te voer sodat n fout wat op die regsbank gemaak is, reggestel kan word.

Weskaper ·

Moeksie lees Christine se kommentaar en jy sal weet wat bedoel

Martin ·

Ek stem saam dat die saak loop soos hy loop. Maar ek stem ook saam met Christine, Reeva se naam kan nie skoongemaak word hierdeur nie.

Ellen ·

Geregtigheid het geskied. Hy moes van die begin af in die tronk gegooi gewees het. Gerrie Nel het sy werk deeglik gedoen. EN Oscar het met dum dum rondtes geskiet. Vir die wat nie weet wat dit is nie. Dis ‘n rondte wat oop split wanneer dit ‘n liggam tref. So die skade is baie groter en dood is defnitief.

Winston ·

Ek het ook slapelose nagte. Soos Gerrie Nel. Ek glo hy het ook want hy ken die reg. Reg geskied nie meer deur howe nie soos in verhoorhof. Hierdie is bewys hoe n hof die reg vertolk het.
Vyf appél regters het hom skuldig bevind aan moord op grond van die getuienis voor die hof. Nie strafbare manslag nie. Dit is geensins vir ons nodig om Oscar of Reeva te veroordeel nie. In n verhoor was hy die beskuldigde en sy die oorledene. Hy word nooit n slagoffer nie, behalwe op grond van sy eie handeling, nie. Sy het met haar lewe geboet.
Gerrie Nel het meer as sy plig gedoen. Hy kon dit daar gelaat het en sy salaris advies gaan bekyk het tot betaaldag. Hy het die staat verteenwoordig soos min aanklaers. Ek sê weer, Gerrie jy het respek op baie afgedwing met jou appél. Reg het geskied soos dit hoort.

Johann ·

Aan almal wat Oscar wil kruisig: daar is vroeër berig dat hy môre, Dinsdag, in die hof verskyn om te hoor wanneer hy gevonnis gaan word. Ek vertrou sy aansoek om borg is suksesvol. Sterkte Oscar, ons bid vir jou.

Spokie ·

Oscar is skuldig bevind aan Moord. Hy sal wel boet daarvoor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.