NVG besluit oor Malema se skietery by saamtrek

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat hy ʼn besluit geneem het oor of hy Julius Malema, die leier van die EFF, gaan vervolg of nie op ʼn klagte dat hy skote in die openbaar afgevuur het.

Wát die besluit is, wil die NVG egter nie bekend maak nie.

Die burgerregtegroep AfriForum het in Julie vanjaar gesê hy maak gereed om die hof te nader met ʼn aansoek om die NVG te dwing om ʼn besluit te neem.

Die organisasie het in Augustus verlede jaar ʼn klagte by die polisie teen Malema ingedien, nadat hy by die EFF se verjaardagvieringe in Mdantsane in die Oos-Kaap skote met ʼn aanvalsgeweer afgevuur het.

ʼn Video van die skietery het soos ʼn veldbrand versprei.

Meer as ʼn jaar ná die voorval, is weinig vordering nog met die saak gemaak.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die NVG in die Oos-Kaap, het bevestig dat die vervolgingsgesag wél tot ʼn besluit gekom het.

“Daar is sekere opdragte waaraan die ondersoekbeampte moet voldoen voordat ons besluit bekend gemaak word. Ons sal ʼn verklaring uitreik sodra dit gepas is om dit te doen,” het Tyali aan Maroela Media gesê.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die organisasie het geen terugvoer oor die NVG se besluit gekry nie, al het AfriForum die aanklagte aanhangig gemaak.

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe EFF-leier Julius Malema in Mdantsane in die Oos-Kaap losbrand.

News24 het berig die NVG het eers die kwessie met Malema self bespreek en dat hy glo gevra is om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê.

“Ons dink dit is dubbele standaarde dat Malema eerste ingelig word, maar dat AfriForum, wat die klaer in dié geval is, nog geen terugvoer gekry het nie,” het Cameron gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Se maar net ·

Maar oor ‘n vlag se tweet kan ons BAIE vinnig reageer en ‘n besluit maak, wetgewing in die land is ‘n sirkus

Maljan ·

N besluit was geheel en al onnodig. Hulle moes hard en vinnig op die vent neergekom het, Zuma se gabbatjie al dan nie.

PJ ·

Dubbel standaarde glo hier gaan niks van kom Afriforum sal moet help

Braam Maree ·

Wat van al die ander oortredings sederd die skietery.

Hennie ·

My opinie sal my beslis aan vervolging blootstel, daarom sê ek liewer niks nie. Demokrasie? Wat is dit? Hoeveel wittes verteenwoordig ons land in die parlement?

Jacques ·

Dit wil voorkom asof NVG eers kyk of die ding nie eers weg gaan nie , nou gebruik hulle verskillende maniere . Hoekom wil hulle eers met malema praat , om vir hom te se wat hy moet doen en se om almal om die bos te ly ? Die arme boer wat met sy eie trekker in sy eie werkershuis op sy eie plaas in gery het sit nou nog in die tronk sonder borg , malema is nog n vry man op straat en jaag nogsteeds net aan . Wat se tipe beeld is dit wat die SA NVG na die res van wereld stuur maar die wereld moet net geld in die land stort ? Nou wat nou ?

Skroef ·

Net so. En die huis waarin die boer sy trekker vasgery het, was sy eie persoonlike private eiendom.

Koos B ·

As ek NVG sien dan sien ek nog belasting geld rol.Wat se reg het malema om te doen en se net wat hy wil.In die saak gaan hy niks oorkom nie dit is duidelik omdat hulle hom eers genader het en hy verseker vir hulle gese het wat om te doen.

NET EK ·

Wat is daar om te besluit??? Ja nee as dit een van ons was was ons al lankal toe gelsuit. Hy gaan niks oor kom nie. Hulle is bang vir hom!!!

regtig! ·

Jy wys n vlaggie en word dadelik gekruisig maar hulle besluit nog of hulle wil vervolg as jy n vuurwapen rondswaai!

Tammy ·

As die NGV of enige afdeling van hierdie ANC regering ons belastingbetalers se geld gebruik of misbruik wat ook die geval mag wees is hulle verplig om hulle besluite aan ons, die betalers bekend te maak. Hoe kan hulle ons geld gebruik en dan swyg. Hoe belaglik is dit????????????????????????????????????????????????????????????? Nee Afriforum dring asb aan op die media bekendmaking van wat met Julius gaan gebeur, of is dit onder die mat?

Penellope Jones ·

Mens kry die gevoel dat hoe meer sake teen hom ondersoek word, hoe meer uitdagend raak hy en word mense meer aangehits.

Antjie ·

Die vooroordeel vir Malema teen Afriforum is suggestief dat die NVG gekaap kan wees deur die EFF. Tensy daar wel toepaslike vervolging sal wees. Openbare afvuur van aanvalswapens is buitendien strafregtelik, dus, waarom moes Afriforum kla voor die NVG ondersoek het? En druk uitoefen voor dit afgehandel kan word?

Hoeveel van die huidige erge geweldenaars wat gevang word (wat enigiets en als wil afbrand) is op ʼn stadium beïnvloed deur die EFF? Die regering mag dalk in hierdie mense se stemme belangstel, maar vredeliewende SAners en buitelanders dink eerder aan strafkampe vir die res van hul lewens.

EFF = anargie, vuur en dood. As enige wit SAner hiervoor sou staan, waar sal hy beland? Presies waar hy hoort. Dus net so vir Malema, asb!

Maljan ·

Lyk of die hele parlement deur die EFF gekaap is. Of beter nog, deur malema gekaap is. Asof hy steeds die mag agter die ANC is.

Anoniem ·

Wat gaan van Mngxitama van die BLF se opmerking wat hy gister gemaak het gebeur? Volgens ‘n rubriek in die Citizen het hy gesê dat: “The current looting and riots is a dress rehearsal for the civil war against whites”.

Grysburger ·

Hier gaan duidelik gesien word dat daar geen gelykheid van die reg is nie.

Waai ‘n vlag en gaan tronk toe.

Vuur skote af by ‘n massa byeenkoms en kom skotvry.

Wonder wat die moniteringsdiens (vroeër bekend as die polisie) sal doen indien
1 0 000 mense êrens opdaag met die ou vlag?
Inderhaas nuwe tronke bou?

JohanL ·

Net toe ek gedink het dat dalk, dalk, net dalk gaan dinge verander by die NVG, toe blyk dit dat dit nie so is nie. Eerste keer dat ek hoor die NVG het ‘n besluit geneem, maar dit word nie bekend gemaak nie.

So gaan hierdie saak stilweg ‘n dood sterf. Hoop Afriforum hou die NVG op hul tone.

Marius ·

As iemand my sien ‘n vuurwapen af vuur in die dorp gaan die NVG oor se hulle wag vir klank uitslae of gaan hulle op getuies werk en OR toetse wat hulle op sy hand moes gedoen het vir bewyse dat hy wel ‘n vuurwapen afgevuur het??Wat ‘n grap.

Michael P ·

As ek my wapen dra moet ek hom behoorlik weg steek of ek het groot probleme Hy vuur n AK 47 in die publiek af en kom niks oor nie hy het nie eers n vuurwapen lisensie nie wat se voorbeeld is hy vir die misdadigers. watse leier is hy?

Vra aan NVG ·

As ons elkeen ‘n e-pos (is ons reg) aan die NVG stuur en vir hulle vra wat die rede is. Stuur net asb ‘n ordentlik bewoorde e-pos in die lyn van “Hiermee wil ek graag versoek dat die NVG via die media hul besluit om nie die Malema besluit publiek te maak nie, te verduidelik”. Dit is al. Niks leliks nie. Hul adres is media at npa dot gov dot za

Kom ons maak daai posbus van die NVG bietjie vol !

Gert ·

Rampahoza beskerm vir Judas Malema.
Malema is ‘n belangrike skakel in die ANC se groot plan.

Charl ·

Nou moet Roets nou sit vir 30 dae agv van die vlag storie. Maar Malema met al sy rassitiese uitsprake en doen en late tov wittes kom net skot vry daarvan af, SA stelsel in hulle hel in, lagwekkend

Pottie ·

Kom ons blankes maak soos die mense in hong kong ons bly net vir n week by die huis ons het nie nodig om plekke af te breek en die strate in te vaar soos party mense nie ons moet die land tot stilsand bring mense dan gaan die anc se ore en oe dalk oop gaan maar ek glo nie eers ons kan dit doen nie

Jordaan ·

Meer as ‘n jaar en hulle “besluit” nog, maar arme Ernst Roets is binne 2 weke in die hof oor ‘n twiet van ‘n vlag.

JohanL ·

Ek kry die indruk Pres Ramaphosa en Adv Batohi is in ‘n kompetisie gewikkel. Kyk wie kan die minste uitsprake maak. Vir ‘n land wat in ‘n krisis is, is beide van hulle baie stil. Lyk my hulle het nie raad nie?

Jerry ·

Afriforum moet ophou om te krap waar dit nie jeuk nie! Julle soek skoor met diegene wie geen onreg van witmense verdra nie, die “untouchables” en n toekomstige president van SA. Die hel gaan julle nog haal vir al julle moeite om die kader vervolg te kry!

James ·

Hy gaan weer niks oorkom nie. Mens wonder wie trek die toutjies

Anoniem ·

NGV pateties gaan tekere oor n landsvlag rerig, Maar EFF EN BLF mag se en doen wat hulle wil maar ja dit is mos hoe dit in hierdie land gaan. Sick.

jaco ·

Kom ons kom almal saam en herskryf finaal die grondwet, met die volgende daarin:
1. Rassisme is net rassisme wanneer wit mense lelik is met swartes. Swartes wat lelik is met wit mense, is ‘n aanvaarbare uiting van frustrasie oor apartheid en ‘n “straf” vir apartheid wat wit mense verdien.
2. Strawwe vir wit rassisme teenoor swartes word duidelik in die grondwet omskryf.
3. Wit mense verloor hulle stemreg.
4. Onteiening sonder vergoeding word toegepas in alle provinsies behalwe die Wes-Kaap.
5. Vanaf die inwerkingstelling van die nuwe grondwet, word wit mense geleidelik verskuif Wes-Kaap toe.
6. Die Wes-Kaap word ‘n wit tuisland met beperkte selfregering en buitelandse belegging. Dit word iets soos wat China (vriend van die ANC) met Hong Kong doen.
My voorstelle lyk radikaal, maar dink mooi: dit kan werk en die uiteinde is dat wit en swart dan uit mekaar se hare is, maar dan as gevolg van apartheid op die ANC/swart meerderheid se voorwaardes.

jan ·

Malema wys die ANC se werklike kleur, wat te Skynheig is om dit te doen,Hoekom kom hy nooit iet oor nie hy kan se wat hy wil hy kan doen wat hy wil,hy kom met alles weg,selfs met moord

Judge Dredd ·

Hoeveel maande/jare later?

Dit is tog so duidelik dat ons vervolgingsgesag/regstelsel gebroke en net een kant toe werk.(Om wittes te vervolg)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.