Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê dat hy die hofuitspraak, wat ʼn terminaal-siek man die reg gee om met die hulp van ʼn dokter sy eie lewe te beëindig, sal teenstaan.
Mthunzi Mhaga, NVG woordvoerder, het Donderdag gesê die gesag is teleurgesteld met die uitspraak en sal daarteen appelleer. “Dit het verreikende gevolge uit ʼn gesondheidstandpunt, grondwetlike regte en vir die magte van die NVG. Dit stel ʼn presedent.”
Robin Stransham-Ford (65) se aansoek dat ʼn dokter hom mag help om selfmoord te pleeg is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria toegestaan. Die hof het gelas dat die dokter nie vervolg of dissiplinêr verhoor mag word nie. Stransham-Ford, ʼn voormalige advokaat, is in September 2013 met terminale prostaatkanker gediagnoseer.
Volgens Mhaga affekteer die uitspraak die magte van die NVG omdat hulle nie die dokter kan vervolg nie, terwyl genadedood nie in Suid-Afrika wettig is nie. “Ongelukkig is die hofbevel nie opgeskort nie, so enige iets kan tussen nou en Maandag gebeur,” het hy gesê.
So word geld gemors! Vir wat? Liewe hemel intussen ly die man! Absoluut belaglik. Osn wil ‘n punt wys…ja watookal.
Daar is ‘n verskil tussen genadedood en vra jou dr vir ‘n voorskrif vir medikasie wat jou sal doodmaak. Hy neem ‘n besluit oor sy lewe niemand anders se lewe nie so los hom uit as die hof dit so beveel het is dit reg. Beteken dit dat as iemand sterf asg van ‘n oordosis medikasie wat hy gekry het op voorskrif dat daardie dr nou ook moet vervolg word,
Die man is intussen oorlede, sonder hulp. En dan is daar mense wat se daar is geen God.
Ek het dit dat dit ‘n erge lyding is om aan prostaatkanker te ly en te sterwe.
Ek glo nie dat daar een van ons is wat ‘n uitspraak kan lewer namens die kankerlyer.
Is ons grondwet dan nie so wonderlik geskryf om voorsiening te maak om MENSWAARDIG behandel te word?
Wat ek wel van seker is is dat Mhaga nie prostaatkanker het. Altans, dit is wat al die mans dink totdat daar aan jou deur geklop word. Dis mos ‘ander’ en nie ek.
Die les (en verstaan my asb. duidelik dat ek dit NIE van toepassing maak op hierdie geval) is om gereeld te gaan vir ondersoeke. Moenie die houding inneem om, soos ‘n vriend aan my gesê het, dat hy nie sal toelaat dat ‘n dokter fisies (vingergewys) sy prostaat ondersoek.