NVG gaan Jiba vervolg

Adv. Nomgcobo Jiba. (Foto: GCIS)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Dinsdag gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die organisasie se private vervolgingseenheid skriftelik in kennis gestel dat die NVG sy voormalige adjunkdirekteur, adv. Nomgcobo Jiba, gaan vervolg.

Dit volg nadat AfriForum en adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, die NVG in November verlede jaar met ’n mandamus-aansoek gedreig het om ’n besluit oor die vervolging van Jiba te neem. Die eenheid het reeds vroeër aangedui dat hy Jiba in ʼn private hoedanigheid wil vervolg.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag in ’n verklaring gesê die NVG het verder dié organisasie se private vervolgingseenheid verseker dat die dossier teen Jiba veilig in ’n kluis is en nooit weg was nie. Dit nadat bewerings aan die lig gekom het dat die dossier vermis word.

“Die NVG se ommeswaai om adv. Jiba uiteindelik te vervolg is nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar vir almal in die land wat in gelykheid voor die reg glo en wat teen staatskaping gekant is,” meen Kriel.

Volgens Kriel is dit egter jammer dat AfriForum se private vervolgingseenheid druk op die NVG moes uitoefen om prima facie-sake te vervolg.

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het Jiba verlede jaar saam met Lawrence Mrwebi, voormalige spesiale direkteur van openbare vervolgings, die trekpas gegee nadat ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro bevind het dat hulle deur Ramaphosa uit hul poste ontslaan moet word.

Mokgoro het bevind dat albei ongeskik is vir hul poste, dat hulle oneerlik is, dat hul integriteit bedenklik is en dat hul werk nie van die nodige vlakke van professionele etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid getuig nie.

In Mrwebi se geval was die kommissie spesifiek striemend oor sy rol in die uiters bedenklike terugtrek van klagte teen die voormalige hoof van misdaadintelligensie in die polisie, Richard Mdluli.

Jiba, wat soos Mrwebi wyd beskou is as ʼn deurtrapte Zuma-ondersteuner, is ook deur die kommissie met die grond gelyk gemaak wat haar rol in die Mdluli-saak betref, waarin sy met Mrwebi saamgewerk het.

Sy is ook gekap oor haar hantering van die Zuma-spioenasiebandesaak en die jare lange ongegronde vervolging van die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen. Booysen is daardeur verhoed om op te tree teen beweerde omvangryke korrupsie en ander misdadigheid in die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JohanR ·

Hurrah!! Die NVG en Shamila Batohi gaan DAREM na al die tyd iemand vervolg. Shamila Batohi is al in 1 February 2019 aangestel, en soever nog geen ANC’s in die tronk nie. Sal Nomgcobo Jiba (jy kan haar rerig nie ‘n advokaat noem nie) skuldig gevind word tronk toe gaan? Dink nie soe! Hoekom is net Jiba vervolg en nie Lawrence Mrwebi? Hy is net soe skuldig!

Adam Adriaan ·

Dit is hulle steil van regeer. Die ANC dink hulle is bo die wet omdat hulle dit maak. Dit is waarom dit so gaan. Alle wat hulle predik is net lippe taal. Hulle is meesters in die misleidings tegniek. Van hulle sosialistiese broeders in krime geleer doer ver in die USSR.

Jack ·

Dis een ding om te sê hulle gaan haar vervolg, dis nie te sê hulle bedoel dit nie. Slegs die tyd sal leer.

capie ·

‘n Swak vervolgings saak en die regtev anc regter en niks gebeur nie.

Sarel ·

Gaan hulle.haar regtig vervolg of beskerm sodat sy skotvry kan uitstap. Kom.ons kyk

Sarel ·

Hoekom????? Gaan dit geval wees dat hulle haar steeds wil beskerm?? Vra net

Okmardom ·

Maggies maar dis n mooi rok. Wonder hoe lyk en kos haar skoene. Het ons n geld tekort. Neee. Net die voters het. Sies!

Okmardom ·

Kan iemand vir ons n opname maak. Hoeveel van ministers het bestuurslesensies. Regtes!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.