NVG gaan ook teen Abrahams-uitspraak appelleer

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Saterdag gesê hy gaan appelleer teen die Noord-Gautengse hooggeregshof se besluit om Shaun Abrahams se aanstelling as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) ter syde te stel.

Dit volg nadat die presidensie Vrydag in ʼn verklaring gesê het gaan ook appèl teen dié uitspraak aanteken.

Die hof het Vrydag bevind Abrahams se aanstelling was onwettig en moet daarom ter syde gestel word. Dié uitspraak volg nadat burgerlike organisasies die hof genader het om ʼn goue handdruk van R17 miljoen wat Mxolisi Nxasana, Abrahams se voorganger, in 2015 ontvang het onwettig te laat verklaar.

Regter Dunstan Mlambo het beveel dat adj.pres. Cyril Ramaphosa binne 60 dae ʼn nuwe NDOV aanstel en dat pres. Zuma dus die mag vir dié aanstelling ontneem word. Mlambo het in sy uitspraak gesê daar is nou geen struikelblok meer in die pad om ʼn strafregtelike verhoor teen Zuma te begin nie.

Die DA het in sy reaksie op die uitspraak gesê Zuma wil slegs teen dié uitspraak appelleer omdat hy dié verhoor teen homself vertraag – een wat hy jare gelede al in die oë moes kyk.

Die NVG het aangevoer dat hy gaan appelleer omdat Abrahams se betrokkenheid by dié liggaam “baie stabiliteit” te weeg gebring het.

“Die NVG die afgelope twee jaar onder Abrahams se leiding sy beste prestasie behaal sedert die liggaam se ontstaan in 1998. In die 2016/2017-boekjaar het die organisasie 88% van sy doelwitte behaal. Die stabiliteit van die NVG en effektiewe dienslewering bly vir Abrahams van kardinale belang, en hy bly daartoe verbind om te verseker dat die organisasie steeds sonder vrees, voordele of vooroordeel voortwerk,” lui ʼn verklaring van die organisasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adam ·

Kan glo hulle het 88% dielwitte bereik Die ander 12% is Zuma en sy trawante wat hulle voor bang is

DAVID ·

HY BESKERM NOG VIR JZ,vervolg JZ dan sal ons moontlik glo wat sy sukses is

Eish ·

Wat sou die doelwitte wees?
Om vervolging teen Zuma te vermy?
Ek kan glo met Abrahams daar is daar baie stabiliteit, vir Zuma.

Boerseun ·

Die NVG “het 88% van sy doelwitte behaal.” Regtig? Beteken dit die NVG het ‘n vervolgingsuksessyfer van 88%? Of beteken dit misdaad het met 88% gedaal? Dalk 88% van nuwe aanstellings ZUMA-kronies? Dalk 88% van alle teekoppies gewas binne 24 uur? Dalk 88% van alle tenders aan die Gupta’s? Sal graag wil weet watter teikens behaal is.

John ·

Kyk ann7 en die denkpatroon van Zuma et al word duidelik. Eintlik is ‘n outokrasie vir na 1994 beding of eerder opgeeis en op ‘n skinkbord oorhandig. Mens hoef nie die Wizard of Oz te wees om gou te snap watter mag jou toeval sodra jy die landsleisels vasvat nie. Zuma se helpers dra hom op die hande omdat hy sorg dat hulle hom graag wil dien…

KG ·

Dis eintlik belaglik ooglopend hoe die regering stappe neem om hul korrupsie toe te smeer. Die ergste van alles is hulle kom meeste van die tyd daarmee weg!!!

Paul ·

88% bereik????? Is Staatskaping deel van die 22% wat nooit bereik sal word nie?????

My vraag? ·

Waar kom die geld vandaan vir hierdie hofsake? Daar is diegene wat ‘slimmer’ is as ‘n regter.
Mog julle afgeskiet word en PERSOONLIK verantwoordelik gehou word vir die kostes.

Melt Olckers ·

Dis hoekom Abrahams net soos in die geval van Hlaudi persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir die regs onkostes.

alwyn burger ·

Natuurlik gaan Zuma appelleer…natuuurlik gaan sy agente appelleer….want as Zuma val, gaan ñ kaartehuis ineentuimel. Dit sal interessant wees om te sien hoeveel persone op sy “betaalstaat” is

Yster ·

Dalk is die hele NVG kop in een mis. Om korupsie te probeer verdedig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.