NVG gaan Phahlane nie vervolg

Lt.genl. Khomotso Phahlane (Foto: eNCA/ Lenyaro Sello)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy gaan nie lt.genl. Khomotso Phahlane, die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, vervolg op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg nie.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die nasionale direkteur van openbare vervolging het die saak oorweeg en besluit om Phahlane nie te vervolg nie, aangesien hy meen “die staat sal nie sy saak bo redelike twyfel kan bewys nie”. Mfaku wou nie bevestig wanneer dié besluit geneem is nie, maar het gesê die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is van die besluit in kennis gestel.

Mfaku het bevestig Opod het sedertdien aan die nasionale direkteur van openbare vervolging geskryf om te versoek dat die besluit hersien word. Volgens Mfaku word dié versoek steeds oorweeg en sal Opod van die NVG se besluit in kennis gestel word.

Maroela Media het vroeër berig Opod het verlede jaar ʼn ondersoek van stapel gestuur in verband met ʼn luukse huis wat Phahlane vir homself in die Sable Hills-landgoed in die noorde van Pretoria laat bou het. Opod het glo ondersoek hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om die huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te laat bou.

News24 het vroeër berig Phahlane kon moontlik van dwarsboming van die gereg aangekla word, omdat hy na bewering met getuies in die ondersoek kontak gemaak het. Van die ondersoekers in die saak het ook glo doodsdreigemente ontvang.

ʼn Woordvoerder vir Opod kon nie onmiddellik Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

Pres. Jacob Zuma het Phahlane in Junie vanjaar van sy amp onthef en met lt.genl. Lesetja Mothiba vervang. Fikile Mbalula, minister van polisie, het destyds Zuma se besluit in die verband verwelkom en gesê die bewerings teen Phahlane “laat vrae ontstaan oor gedrag wat teenstrydig is met die verwagtinge van diegene in leierskapsposisies in die polisiediens”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Slappe ·

Hoekom nog tyd en koste aangaan met nvg ondersoeke?
Niemand word in elk geval ooit vervolg nie…

skerwe ·

jy is so verkeerd. dink maar aan die vs boere, die doodskisduo, bennie benson enbdie coligny twee.

Nico ·

Kom nou Gerrie en kie. Hier is nou ‘n kans om jul slag te wys. Put your money where your mouth is.

Johann ·

Kyk mooi hoe die Zuptaniërs losgelaat word om verder te steel en bedrieg. ONAANTASBAAR!

Willie ·

Dis mos famielie van Zuma… Ja ek stem Gerrie, vat bietjie hier raak…

JANEE ·

Wonderlik -as die NVG hom moes vervolg sou hy skotvry weg stap…dit is nou in openbare belang en dit is waarvoor privaat vervolging is. Ons sit angstig en wag Afriform.

pieter ·

5bn rand en motors wat uit die lig uitval en hy is onskuldig asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.