NVG gee nog ʼn spertyd vir Gordhan

Pravin Gordhan. Argieffoto

Pravin Gordhan. Argieffoto

Die nasionale direkteur van openbare vervolging het Pravin Gordhan, die minister van finansies, Maandag ʼn dag gegee om ʼn voorlegging te maak rakende die bedrogaanklagte teen hom, nadat die NVG voorleggings van Gordhan se medebeskuldigdes aangehoor het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê Oupa Magashula, die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), en Ivan Pillay, voormalige adjunkkommissaris, het reeds voorleggings aan die NVG gelewer. “Na aanleiding van [hierdie voorleggings] het die NVG mnr. Gordhan deur sy regsverteenwoordigers, asook genl. [Berning] Ntlemeza, die hoof van die Valke, en mnr. Tom Monyane, SAID-kommissaris, genooi om ook voorleggings in hierdie verband te maak voor 17:00 op 18 Oktober 2016,” het die NVG gesê.

Gordhan het verlede week in ʼn kort verklaring Shaun Abrahams, die NVG-hoof, se uitnodiging aan hom om ʼn voorlegging oor die bedrogaanklagte teen hom te maak, van die hand gewys. “Die hoofrede vir [Gordhan se] besluit is omdat hy nie vertroue het in [Abrahams] se vermoë of gewilligheid om hom ʼn regverdige verhoor te gee nie,” het sy regsverteenwoordigers gesê.

Die NVG het gesê Abrahams sal die voorleggings wat deur Pillay en Magashula gemaak is, oorweeg voordat hy ʼn besluit oor die saak sal aankondig.

Gordhan het Vrydag ʼn hofaansoek in reaksie daarop ingedien, wat wyd geag word as ʼn stryd in die regering vir die openbare beursie. Gordhan se hofaansoek versoek ʼn bevel dat hy nie verplig of by magte is om in te gryp in die besluit van vier groot banke maande gelede om die rekeninge van die welgestelde en polities verbinde Gupta-familie te sluit nie.

Gordhan verwys in die hofstukke na ʼn dokument wat hy in Augustus van die Finansiële Intelligensie Sentrum (FIC) ontvang het met besonderhede oor “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JWM ·

Hoekom sou die NVG so dwingend wees oor reaksievan Gordhan? Daar is dan reeds n hofdatum en is die aangeleentheid “sub judice”?

PJ ·

Dink zumpie moeg vir Nelemeza en Monyane seker opdrag gegee kan nou maar ontslae raak van hulle hulle klaar hulle doel gedien einste zuma hulle mos aangestel

Ampie ·

Moet erken, die Zumpie naampie irriteer my ook grensloos. Noem jou hond Zumpie en fokus op die korrup, oneerlike, ongevoelige skurk wat toevallig die president is en ons daagliks verder verarm.

Josua Keys ·

As ek Pravin Gordon is maak ek die sak aartappels oop en kom met alles uit, indien daar niks is wat hy het om weg te steek nie is dit nou die tyd om alles oop te vlek, ons moet nou eens en vir altyd die nonsens in SA Afrika stop en voorentoe kyk, ons het dringen beleggers in die land nodig wat kan help om ons land weer terug te kry waar dit was voor 1995 maar dit gaan beteken dat die mense wat in SA Bele het om die land lam te lê verwyder moet word en vervang word met beleggers wat wil help om ons ekonomie te laat groei en werk te skep vir almal, as Pravin deel was van die beleggers om SA lam te lê dan moet hy ook maar gaan.

John ·

Die twee mede-aangeklaagdes gaan teen Gordan draai om hul baste te red. Ons moet bid dat Gordhan moedhou anders sit ons nie net met ‘n nuwe liggaam, die RG, en sy nuwe baas genaamd heksejagter nie, maar ook met ‘n vaderkersfees wat wavragte gunste en gawes uitdeel totdat die rooineusbok se go uit is. Goud-, steenkool-, uraan- en landmyne sal soos pes orals opslaan en ‘lykshuise’ oorspoel in loopgrawe.

Henk ·

Abrahams, die man het nou mos al duidelik vir jou gese hy sal geen voorlegging aan jou maak nie. Maar blykbaar verstaan jy nie engels nie. Maar tog verstaan jy die engels wat jou base, die Zuptas, praat. Jy het hom nou amptelik aangekla volgens die Strafproseswet se prosedures. Hierdie selfde wet wat hom die reg gee om te swyg. Gordhan gaan sy saak IN die hof voor ‘n geleerde regter stel. ‘n Hof waar die algehele staatskaping en korrupsie oopgevlek gaan word.
So, hou nou op om al hierdie politieke speletjies in die media te speel en bepaal jou by die 780 klagtes van korrupsie teen zuma. Want dit gaan meer as net jy kos om hom en jouself uit die hof te hou as jy sou weier om hom te vervolg. Derhalwe moet jy seker jou “regskennis” gebruik om voor te berei om aan die wereld te vertoon hoe die staat 780 klagtes van korrupsie teen een man kan verloor!

snoefie ·

mnr Gordan gaan doen asb die voorlegging. hulle is gretig om jou uit die pad te kry sodat hebsugtige kriminele gratis jare lank op universiteite kan rondle en chaos saai. die suid afrikaanse belastingbetaler is alreeds vuisvoos van vir hebsug betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.