NVG: ‘Geen klagte teen Pravin’

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan, minister van finansies, tydens sy begrotingsrede op 24 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

Shaun Abrahams, hoof van die NVG, het gesê dit is noodsaaklik om ook te meld dat die ondersoek na die sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie polities gemotiveerd is nie.

Dit volg ná berigte dat Gordhan en agt ander mense binnekort vervolg gaan word vir hul beweerde betrokkenheid by die “rogue”-eenheid.

Abrahams het ook van die geleentheid gebruik gemaak om te beklemtoon dat niemand hom kan beïnvloed in die neem van besluite nie. “Die NVG is nie korrup of vuil soos wat sommige mense beweer nie. Die NVG sweer ook nie saam met ander mense of instellings om enigiemand of hulle gesinne te teister nie.”

Abrahams het gesê die Valke se ondersoek na die sogenaamde “rogue”-eenheid is nie onwettig of ongrondwetlik nie. “Daar is geen aanklagte van spioenasie teen enigiemand rakende dié eenheid nie. Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal ek besluit of iemand in hegtenis geneem moet word of nie. Almal is nou ewe skielik kenners sonder dat hulle enige bewyse tot hul beskikking het,” het Abrahams gesê met verwysing na uitsprake deur politici, politieke partye en ekonome in die media.

Abrahams het ook die media gekap vir hul beriggewing oor die saak en spesifiek verwys na ʼn onlangse spotprent waar hy in die sykar van ʼn motorfiets sit wat deur pres. Jacob Zuma bestuur word. “In die spotprent sit minister Gordhan agter my en hou ʼn bekommerde rand (geldeenheid) vas. Daar is niemand in die wêreld wat my kan beïnvloed om ʼn besluit te neem nie. Ek kan julle vandag die versekering gee dat ek nie ʼn passasier in enigiemand se motor is nie en nooit sal wees nie.”

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Klaas ·

Ag ou Abrahams dis net jy wat jouself glo. Geen intelegente wese sal jou glo nie.

Tonginniekies ·

Abrhams, ek glo jou onvoorwaardelik; net soos ek glo die maan is van kaas gemaak…

Leeukop ·

Hy se eintlik niks en daars geen duidelikheid oor pravin se veiligheid nie, die media se hoofopskrifte wat gerusstellend is is eintlik misleidend.

Braam ·

Wat hy se en wat hy doen is twee verskillende dinge… niemand glo die stooge nie….mamparra. ..

Theuns ·

Shaun Abrahans, Regtig! As ek nog nooit ‘n h…. wat vet gesteel het nie dan sien ek hom nou! Vertel on liewer wat No 1 se opdragte aan jou was. Die waarheid kan dalk vir jou baie meer werd wees as die geld wat Zuma nou betaal vir verraad. Laat die aap uit die mou. Dit sal ‘n scoop wees.

johann cb ·

Ek hoop net hierdie positiewe nuus word nou die wêreld ingestuur, sodat die ekonomie weer effens kan stabiliseer! Nou moet daar net positiewe besluitneming oor JZ wees… Die land wag met opgehoue asem.

Marietjie ·

Die WAARHEID maak seer, die spot prent is presies wat dit wys, handperd van zuma om hom uit die trok te hou.

Buitestaander ·

Russe het hul KGB, Amerika het hul FBIA, Fanse hul Vremde Legion en RSA? Skerpioene en na Wiese musiek dans hulle? J Z. Hy gaan vir sy derde termyn.

Ouman ·

Hy is reg sy orders kom van Jiba af. Dink die persoon iemand sal hom ooit glo. Sy aanstelling was verdag en hy het nog net mooi niks gedoen om die teendeel te bewys nie.

Rupert Ashford ·

He-he-he-he -he Mr Abrahams…ons glo jou. Geen politiek nie ja. Ja swaer…

Nico ·

Mnr abrahams kyk in die spieel na jouself dan sien jy n leuenaar die minister het herken daar word ondersoek gedoen na daai onwettige eenheid in sars en gordhan het dit ingestel so wie bluf jy en die pres

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.