NVG grondwethof toe oor Zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aangekondig hy sal die konstitusionele hof direk nader oor die sogenaamde spioenasiebande-saak.

“Die NVG het besluit om direk by die grondwethof aansoek te doen om verlof tot appèl teen die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak en bevel.”

Regter Aubrey Ledwaba het verlede maand in die hooggeregshof in Pretoria die NVG en pres. Jacob Zuma se aansoeke om verlof tot appèl van die hand gewys.

Die hof het vroeër beslis die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, was irrasioneel.

Volgens die NVG het hulle aanvanklik oorweeg om die appèlhof te nader, maar besluit om die grondwethof te nader nadat hul aanvanklike aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is.

“Die saak opper grondwetlike kwessies, spesifiek die skeiding van magte. Hierdie saak opper ook omstrede punte van die wet wat in algemene openbare belang is en deur die konstitusionele hof in ag geneem moet word.”

Die NVG het bygevoeg die saak moet sonder “verdere onnodige vertraging” opgelos word.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nié te vervolg nie. Die DA het ná hierdie uitspraak ʼn jarelange hofgeding gevoer om die besluit teen te staan en die Noord-Gautengse hooggeregshof het uiteindelik op 29 April vanjaar die besluit om die aanklagte teen Zuma te laat vaar ter syde gestel, nadat hulle bevind het Mpshe se besluit was irrasioneel.

Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde spioenasiebande-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wessel ·

Ek stem saam dat dit nou na ‘n kant toe moet gaan sodat hy kan gaan aftree in Polsmoor.

Wikus ·

Vergeet dit daar is te veel magte wat hom beskerm anders val hul kasteel ook inmekaar.

snoefie ·

hy en sy regspan, die nvg, baklei darem baie hard om te keer dat n onskuldige man sy daggie in die hof geniet.

Keelvol ·

Ek lees net gister die korrupte ding het 2 regters in die konstitusionele hof aangestel. Hulle vang hulle eie ongeletterde massas uit maar jy kan nie die publiek vir ewig bly bedrieg nie, soos die uiteindelike lot van diktators al gewys het.

Eddy ·

Nou wonder ek wat moet n mens dink van die NVG as hulle n krimineel beskerm

Buitestander ·

ANC en sy president is moet nie bo die wet verhef nie?
Óf is hulle meer gelyk as ander burger? Ek glo nie.
Wat sê die Grondwet?

Ander Koos ·

Watter grondwet? Zuma maak sy eie “wette” en kom weg daarmee want anc met hulle meerderheidstem beskerm hom. Wat ‘n sirkus van die absurde!!

M A ·

As dit ek was wat aangekla word en onskuldig is, sou ek gretig wees om my onskuld te bewys, veral as ek maatjies in hoë plekke het. Is die man nie nou net besig om sy eie gat te grawe nie?

Tong innie kies ·

Klaar sy eie gat gegrawe.Hy gaan hom net later sien.

Marietjie ·

Die grap oor die nvg en sy nare is eindelik tragies aangesien hulle so hard probeer om zuma sy dag in die hof te gee, maar terselfde tyd keer hulle dat zuma wel hof toe gaan. Wil die wet op gewone burgers toepas tot op die letter, terwyl hulle skuldig is aan korrupsie, wanbestuur, regs verydeling ens. met Jiba en ander aan die stuur. zuma gaan hard val die dag kom al hoe nader.

Etienne ·

Nie ‘n regskenner nie, maar wat word van regsekerheid ? Kan soveel “top” regters so uiteenlopend oor ‘n saak beslis.Met die fiasco wat afspeel kan ons nog steeds met sekerheid se
ons regbank is onafhanklik ?

JC ·

Etienne, ons regbank is ONAFHANKLIK! Dank die Here daarvoor, anders was die koeel lankal deur die Kerk

JC ·

Etienne, ons regbank is ONAFHANKLIK! Dank die Here daarvoor, anders was die koeel lankal deur die Kerk!

Lance ·

Probeer nou alles in die boek …anc die mense is nie dom nie …meeste sien deur julle en hoe damn korrup julle is …wat n skande is julle nie vir SA !

Joann ·

Ag asseblief moet ons dit nou glo??? Ons het nie almal Gr.1 deur die venster afgekyk en Gr.2 op appro deurgekom nie.

GES ·

Korrupsie en bedrog is mos ‘n kriminele oortreding. Waar pas die grondwetlike hof in? Het die grondwetlike hof enige strafregtelike bevoegdhede nie? Kan die regskenners meer lig werp op die onderwerp?

Anoniem ·

Die spreekwoord sê: “Benoude katte maak benoude spronge!”

Jan maak n plan ·

Nou wat gaan hulle dan doen as die grondwet hof ook sê dat hy moet aangekla word. Ek glo dat Zuma niw een dag in n hof sal sien oor hierdiw sake nie.

Ander Koos ·

Grondwet Hof onafhanklik? JC het jy vergeet van Renate Barnard saak en ook onlangse skole toelating saak?

John ·

JC ek weet nie of jy jou te warm koffie koud geblaas het nie… of gehakkel het nie met die herhaling van jou SOS, en ons wil jou so graag glo, ons beloof (&)… maar ongelukkig…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.