NVG hoof bereid om Gordhan-aanklagte te heroorweeg

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Woensdag aan LPs gesê hy is bereid om die besluit, om Pravin Gordhan, die minister van finansies, te vervolg, te heroorweeg sodra hy die vertoë van Gordhan se regspan ontvang het.

Abrahams het die parlement se portefeuljekomitee vir justisie toegespreek en beklemtoon daar was geen inmenging van sy of enigiemand anders se kant om Gordhan en twee voormalige werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Oupa Magashula en Ivan Pillay, op bedrogaanklagte te vervolg nie.

Die NVG het Dinsdag aangekondig Gordhan, Pillay, voormalige adjunk-kommissaris van die SAID en Magashula, voormalige kommissaris van die SAID, moet op 2 November in Pretoria in die hof verskyn. Hulle word van bedrog aangekla in verband met Pillay se vroeë aftrede.

“Die besluit om te vervolg is geneem op aanbeveling van die spesiale direkteur wat aan die hoof staan van die prioriteitsmisdaad litigasie-eenheid, in konsultasie met die direkteur van vervolging in Noord-Gauteng,” het Abrahams Woensdag gesê.

“Nou word ek, kragtens artikel 179 van die Grondwet en artikel 22 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, toegelaat om as die nasionale direkteur die saak te oorweeg en ondersoek in te stel na die vertoë van die beskuldigde of enige persoon wat geraak word, ook die klaer. Ek is meer as gewillig om enige kwessie te heroorweeg indien iemand versoek dat ek dit doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Columbiana ·

Wat ‘n gekke spul. Destroy eers die rand en die land se ekonomie en dan kom hy tot insigte. Wat ‘n klomp ……….. woorde wat Maroela nie sal toelaat

BOLANDER ·

Columbiana, ek stem. Ek kan ook nie die woorde uiter wat ek wil nie. Maroela sal my beslis dagvaar!!!!!!!

gert ·

Mooi man .Iemand het die skepsel gehelp om sy oe en ore en brein te gebruik. Mnr is toe nie so belangrik soos hy gedink het hy is nie. Dwaas.

Justice ·

Ek het gewonder wanneer Adv. Abrahams van deuntjie gaan verander noudat die NVG ook tien teen een gedagvaar gaan word om voor ‘n paneel van regters te getuig waarom hulle nie vir Zuma ook in die naam van geregtigheid wil vervolg nie. Hy het sy vriend dalk nie ‘n guns bewys om die agbare Min. Gordan te dagvaar nie. Mag dalk self in daardie gat val wat hulle met soveel smaak gegrawe het.

Justice ·

Ek het gewonder wanneer Adv. Abrahams van deuntjie gaan verander noudat die NVG ook tien teen een gedagvaar gaan word om voor ‘n paneel van regters te getuig waarom hulle nie vir Zuma ook in die naam van geregtigheid wil vervolg nie. Hy het sy vriend dalk nie ‘n guns bewys om die agbare Min. Gordan te dagvaar nie. Mag dalk net self in die gat val wat hulle met soveel smaak en oortuiging gegrawe het.

Verdwaas ·

Wat n klomk totale dwase bymekaar. Die Rand val eers aansienlik en dan is rommel status nog n tree nader en raai wat, die groot vergunning word gemaak om die aanklagtes teen minister Gordan terug te trek. Verstom my hoe mense in hoe posisies met Suid Afrika kan rondmors!!!!

Ellie ·

Nee ek dink dis n slenter . Hyvhet die mag ….so hy kan Zuma ook vry spreek

Moeggepraat ·

NVG = Nie Vervolgingsgesag. Hoeveel skade het die “belangrike” Adv nie die ekonomie berokken nie? Pay back the money, Shaun!!!!

Justice ·

Ek versoek jou Mnr die Nasionale Direkteur Adv. Abrahams as daai iemand om jou besluit te heroorweeg – so nie hoop ek jy sweet bloed voor daardie paneel regters wanneer jy moet verduidelik waarom jy Min. Gordan en nie vir Zuma op sy plus 700 bedrog en korrupsie klagtes wil vervolg nie.

Justice ·

Ek versoek jou Mnr die Nasionale Direkteur Adv. Abrahams as daai iemand om jou besluit te heroorweeg – so nie hoop ek jy sweet bloed voor daardie paneel regters wanneer u moet verduidelik waarom u die agbare Min. Gordan en nie ook vir Zuma op sy plus 700 bedrog en korrupsie klagtes wil vervolg nie.

Cherokee ·

Soos ‘n verdwaasde hierbo sê : “Wat ‘n klomp dwase bymekaar.” Daarmee stem ek saam. Enigste verskil is dat ek die dwase elders sien. Nie een van julle dink vir ‘n tweede keer daaroor dat ‘n SAID-werknemer na bewering vroeë aftrede toegestaan is en meer as ‘n miljoen rand uitbetaal is. Daarna is hy blykbaar weer werk gegee asof hy nooit afgetree het en ‘n groot kontantbedrag ontvang het daarvoor nie. Julle het ernstig ‘n ANC-lid se aanhangers geword en sommige wil hom selfs tot president beroep. Wat ‘n klomp dwase bymekaar.

Lance ·

Vernietig eers alles net soos in Des dan skrik ons wakker …te laat skade is gedoen …kan julle nog meer skade maak as wat julle alreeds gemaak het ….

Chrisna Botha ·

Het jy al gewonder oor die goue handdrukke wat sovele onbekwame mense gekry het? Hierdie is n druppel in die emmer.

marie visser ·

Mense, ons moet bid vir hierdie land, dis ‘n opdrag van die Here, met ‘n belofte, ‘sodat ons in vrede kan lewe.’ Ongeregtigheid heers in ons land. Laat ons op ons knieë bly en vir mekaar bid. Ek weet, mens voel baie keer blind van woede vir al die onreg en wil dan liewer vuur met vuur beveg, maar ons almal weet wat is die oplossing – gebed wat ons saambind. Seën vir almal.

Leon ·

Kyk hoe belangrik lyk die man op sy foto! Casper the ghost se tweeling boet!

Marius van Staden ·

Wat ‘n liegende marionet! Gister het hy gesê dat hy self die besluit geneem het en dat hy nie beinvloed was deur politieke belanghebbendes nie. Vandag het die deuntjie ‘n totale ander melodie en woorde. Leuenaars – die hele staatsdiens.

emo ·

ek twyfel of hy die pers verklarring gelees het voor die tyd toe sien hy hy maak n gat van homself en om uit dit te kom moet hul nou gatkruip nee los aanklagtes net so sodat hy n verdere gat van homself kan maak in hof

Johann ·

“Dom” mense met selfaangegewe mag! Net sy houding skree van arrogante vermetelheid! Regskenner op regskenner het voor en na SY aankindigings dit onomwonde duidelik gemaak hy het geen merite in so n “saak”nie. Maar die Zumaikies saam weet mos als….van almal…en veral van hulselwers se moeilikheid nou dat die wiel draai. Bly egter ongelooflik dat EEN man soveel skade kan doen in een dag

Ww ·

Ek vra net is dit hoe S. A. Se regslui handel met eerlikheid en integriteit hoe moet hulle geoordeel word

Christo Meintjes ·

Wat kan ‘n mens nou anders sê as dat dit nou maar net ‘n bewys is dat daar politieke inmengery is by die valke. Shaun Abrahams skiet homself ook in die voet. Dit wys net dat die gevaar ligte nog net sterker flikker waarheen Suid Afrika oppad is die afgrond in. Mag elkeen een van ons vashou in die Hoop en Geloof in Jesus se ewige koninkryk wat Hy nog gaan kom oprig met sy tergkoms aarde toe waar ons ewige vrede en leifde in oorvloed sal ervaar. Blessings vir almal.

Koos1 ·

Ek het nie geweet dat hy ‘n regter ook is nie!
Weet hy dalk dat die aanklagte nie in die hof sal kan staan nie, en probeer sy bas en die van Zuma nou red? Het hulle dalk probeer met die aanklagte dat Gordan sou bedank voor sy mini begrotings rede?
Die vrae word steeds meer en die sirkus moet ‘n groter tent kry!

Nita ·

Is die van nie dalk Abramjee nie? Dus n Zupta! Eers gooi hy die ‘apple cart’ om en kos die land n vinnige paar biljoen rand skade, dan skarrel hy om die appels op te tel. N vieslike politieke agenda skuil agter hierdie stap.

John ·

Ek is bevrees dit is en was die manier om af te tree in die regering en dan weer as konsultant te werk. Daar is baie sulke voorbeelde. Darem net oor R1 miijoen en nie R11 milj se bonus of R250 milj vir opgraderings nie. Maar dit is nie die punt nie. Sekere mense wil Gordhan verdag maak en he mense moet druk op hom plaas om te bedank. Ons weet mos wie. Heuning stroom oor die kiewe van sy goeie vriende met twee monde. Pirhanas is goudvissies in vergelyking met hierdie vleisvretende trolle…

Cherokee ·

Is daar werklik verskil in diefstal van R1m, R11m en R¼b..?

Hasie ·

Die hele gespuis is vals. Hulle lieg en bedrieg so ver hulle gaan. Abrahams? Zuma, die hoof van SAID, Hlaudi, almal lieg en bedrieg voltyds. Zuma is ver voor.

BlueVelvet ·

Wel dit is hoe hulle Zuma gaan los kry. As hulle Gordan oorsien het gaan niemand ‘n oog knip as Zuma weer oorgesien word nie.

Hoe glo hulle….een hand was die ander hand.

Ongelukkig is dit hoe skuldige mense die game speel.

GES ·

Miskien sal dit goed wees as die hofsaak sou voortgaan. Dit is dalk die enigste manier om die gekke te ontbloot. Hierdie hele petalje kon dalk ook ʼn manier wees om die markte te manipuleer en groot geld te maak. Wie weet ….. ?

GES ·

Is hierdie miskien ʼn manipulasie van die geldmarkte nie?? Dit lyk verdag

Rieks ·

Hoekom Gordhan aankla en eers as die ekonomie weer sy alie sien wil hulle alles terug trek. Hierdie is wel ‘n geval van “cut your nose to spite your face”…

Hierdie sogenaamde hekse jaag is nie goed vir ons nie en in ‘n land waar ons al klaar sukkel om kop bo water te hou en kos op die tafels is dit net die laaste doodspyker!

Erich ·

Mnr Gordhan moet hof toe gaan en die spulletjie vir eens en altyd stop sit

humor ·

Geen grap. n Nare sataniese orgie wat hom afspeel. Nie n toneelstuk nie, maar die werklikheid.Iets om te vrees. Dit maak enige beskaafde mens naar.

nieBAFUnie ·

Lakei van politici. Kla aan en as die druk van sy base te groot word, trek klagtes terug want daar kan baie wurms uit die blik peul.

Rina ·

Mense dis n ADVOKAAT kan hy nie sy eie diskresie gebruik nie, sal glo die saak terugtrek as hy aangese woed om dit te doen. WOW na al die skade wat hy nou ons land weer kos. Behoede ons as sulke mense in ons regstelsel is. Wil nooit voor ons regstelsel staan om deur hulle n oordeel oor my vel nie. OUr country the biggest joke in the world.

Ben Prinsloo ·

Cherokee ja daar is n verskil. Meer geld. Ek sê dit met n glimlag. Maar diefstal bly diefstal. Hoe dit ook al sy, ons is op pad ondertoe soos die res van Afrika. Wie nie dit kan sien nie is blind.

gerbrandt ·

HY is op die oomblik die grootste fool in die land. Villiage idiot.

giep ·

Het hy nou sy naam self gat gemaak!! En hy het dit alleen gedoen! Knap gedaan! Hy is sooo vol van homself – maar hoogmoed kom mos tot ‘n val – en hierdie is ‘n duidelike voorbeeld!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.