NVG-hoof se lot steeds in die weegskaal

Mxolisi Nxasana. Foto: GCIS

Mxolisi Nxasana. Foto: GCIS

Mike Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê daar is nog nie ‘n besluit geneem oor hoe om Mxolisi Nxasana, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), se veiligheidsklaring te hanteer nie.

“Ons is in kontak met die president se kantoor,” het Masutha aan verslaggewers in Pretoria gesê. “Die besluit oor die toepaslike optrede is nog nie geneem nie.” Jeff Radebe, voormalige minister van justisie, het Nxasana glo ‘n paar dae voor die nuwe kabinet aangestel is, versoek om te bedank.

Nxasana het glo nie ‘n veiligheidsklaring ontvang nie weens vorige botsings met die gereg. Hy weier om te bedank. Masuthu het daarop gewys dat president Jacob Zuma ingevolge die bepalings van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag die mag het om ‘n kommissie van ondersoek na Nxasana van stapel te stuur. Hy sê weens Zuma se swak gesondheid die afgelope week is daar nog geen besluit geneem nie.

Volgens mediaberigte is Nxasana in 1985 vir moord aangekla maar is hy later vrygespreek na sy weergawe van selfverdediging. Hy het glo ook erken dat hy in September verlede jaar vir roekelose bestuur en verset teen arrestasie in hegtenis geneem is. Hy is glo ook 12 jaar gelede met R2 000 beboet en vir drie jaar geskors deur die KwaZulu-Natalse Prokureursorde weens wangedrag.

Masuthu het Maandagmiddag met NVG-amptenare vergader. Masuthu het ook privaat met Nxasana vergader. “Nxasana is steeds die hoof van die NVG… en hou alle gesag met betrekking tot bestuur van die instelling.”

Nxasana het intussen beloof om regsaksie te neem indien hy afgedank word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Ag los hom almal is korup so waaroor hamer op hom noem een wat nog nie iets gedoen het daar is nie

Liza ·

Al die korrupsie is om van naar te word!! Geen wonder mense emigreer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.