NVG-hoof vra meer geld om korrupsie te bestry

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se kantoor in Pretoria. Foto: Google Maps

Suid-Afrika se vervolgingshoof sê begrotingsbeperkinge plaas die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) onder groot druk en veroorsaak dat die personeel se moreel laag is.

Adv. Shamila Batohi, wat op 1 Februarie vanjaar die leisels as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging oorgeneem het, sê die NVG kon weens finansiële druk sedert 2016 nie meer personeel werf nie. is

Batohi sê dit veroorsaak dat aanklaers se moreel laag is en sommige sake gevolglik verwaarloos is.

“Ons gaan nie die diens wat mense verwag, kan lewer as dié situasie voortduur nie,” het Batohi vandag by ʼn mediakonferensie gesê.

Sy het terselfdertyd vir Hermione Cronje as die nuwe hoof van die NVG se ondersoekdirektoraat voorgestel.

“Ek het nie vantevore die diepte en omvang van die interne en eksterne uitdagings wat my by die NVG in die gesig sou staar, besef nie,” het Batohi gesê.

Sy sê een van die probleme wat sy teëgekom het, is ʼn leierskapkrisis by die NVG en dat die organisasie dringend nuwe leiers benodig.

ʼn Tekort aan geld is ook van Batohi se groot kopsere en sy beskryf die begrotingstekort as ʼn ernstige probleem, veral gegewe Suid-Afrika se endemiese vlakke van korrupsie.

“Dit is uiters belangrik dat ons die NVG weer herkapitaliseer. Ons het toegang tot meer geld vir die NVG nodig,” het sy gesê.

“Dis ʼn opdraande stryd vir diegene wat die goeie stryd wil stry. Ek kyk na sommige van die besluite en wonder hoe ons dit geneem het. Ons het Suid-Afrikaners op velerlei maniere in die steek gelaat. Dit is uiters teleurstellend.”

Batohi én Cronje het dit duidelik gemaak dat hulle diegene gaan vervolg wat die strafregstelsel verswak en ondermyn het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charlie ·

Deur fondse te weerhou, word hulle indirek van vervolging vrygestel.

Waarom sal hulle dan meer geld wil bewillig?

Asjas ·

Sekere mense se moraal sal altyd laag bly, maak nie saak hoeveel hulle betaal word nie.
Verpleegsters, Onderwysers en Polisiemanne word gebore, as jy in dit is vir die geld is jy in die verkeerde rigting.

Dries du Toit ·

Shamila DAARDIE IS JOU EERSTE UITDAGING. Kry daai geld vinnig wat jy nodig het. Die hele SA kyk na jou met hoë verwagtinge. As jy nie slaag om daai geld te kry nie, het jy gefaal. SA soek die kriminele agter tralies en bitter vinnig asb

Hendrik UAE ·

Omdat ons ‘n welsynstaat is,is daar nie geld nie.Nadat die korruptes hulle gedeelte gevat het,gaan die geld vir studente wat nie wil leer nie en kindertoelae.EISH!!Amper niks dan oor nie.

marous ·

Nou koppel die skuldig bevinding en hoeveelheid jare tronkstraf vir die korrupte leiers wat vry rondloop aan ‘n bonus stelsel …

Zumie ·

O Nee….soos in alle gevalle dink die NUWE BASE dat jy ‘n probleem met meer geld doodgooi…… As oud aanklaer se ek “gaan soek vir julle eerlike hardwerkende polisiemanne en aanklaers en julle probleme is verby”. Ongelukkig is dit meestal diegene wat julle oor jare uitgewerk het en min van hulle gaan belangstel om terug te kom…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.