NVG kap terug ná korrupsieklagte

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê aantygings dat ʼn voertuig vir die getuiebeskermingsprogram wat aan die NDOV toegewys is vir persoonlike voordeel gebruik is, is nié waar nie.

Die NVG het gereageer op aanklagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing en vervalsing wat die burgerregte-organisasie AfriForum Donderdag teen Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), aanhangig gemaak het.

Luvuyo Mfaku, NVG-woordvoerder, sê die voertuig is vir gewone veiligheidspraktyke deur die NDOV-hoof gebruik.

“Die NVG ontken heftig dat die getuiebeskermingsvoertuig toegewys is vir Abrahams se persoonlike voordeel en gebruik,” sê Mfaku. “Daar was hoegenaamd geen korrupsie betrokke by die gebruik van hierdie voertuig nie.”

Volgens hom is die aanklagte wat AfriForum aanhangig gemaak het ʼn “desperate poging” om die beeld van Abrahams én seniorbeamptes van die NVG te “beswadder”.

Mfaku het ook die sogenaamde onderlangs-gefinansierde eis vir reiskoste van vier lede van die NVG ten sterkste ontken. AfriForum voer aan die eise, ingedien vir goedkeuring om na Zeerust te reis, verdraai die feit dat lede van die NVG eintlik na Kaapstad gereis en R97 000 van hierdie onderlangse fondse spandeer het.

Mfaku sê ʼn interne ondersoek na dié bewerings is reeds in 2017 van stapel gestuur. “Die NVG se integriteitbestuurseenheid het ʼn mandaat om bewerings van beweerde wangedrag deur NVG-lede te ondersoek en dit is standaardpraktyk om sulke bewerings van misdaad na die polisie te verwys.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mrs H ·

NVG het n besonderse werk gedoen om hulself te beswadder. Niemand het nodig om dit te doen of het die tyd daarvoor nie. Dit het lankal al begin met Senior Beamptes se Nepotisme, om net mee te begin…. Die desperaatheid, is aan die NVG se kant.

Joshua ·

Hoe op aarde kan Abrahams sy baas Zuma ondersoek en aankla-en so gou na Zuma se bedanking? En hoekom juis Abrahams wat Zuma Vir jare beskerm het? Nee wat, hier kom weer n afgewaterde ‘skuldig bevinding’ met vele aanklagtes wat Abrahams sal laat maak verdwyn.

Rynhardt ·

In die verlede het Shaun Abrahams gesloer om Zuma te vervolg.Daar hang baie vrae oor hom en NVG!Ďeesdae wil Afriforum almal aanvat en laat aankla,hulle kom voor as n tipe hoof-polisieman.?????Afriforum wat is werklik jou agenda en waarvandaan kom al die finansiering vir hofsake??????????????

Nel ·

Skaal ‘n bietjie die emo’s af. En ten minste doen Afriforum iets.

Cherokee ·

Wàt Rynhardt, is jou motief en doelstellings om Afriforum aan te val? Wie verteenwoordig jy? Klip in die bos dien geen doel hier nie. Jou gekleurde bladsy ook nie. Verduidelik presies wat jou probleem is met bewegings soos Afriforum.

Rynhardt ·

Ek het n voeltjie hoor fluit wat se dat Afriforum kry uit lede R14miljoen p.m.Verder word die ander finansiele bronne geheim gehou.Afriforum as jy iets werklik wil doen,stel ek voor dat jy n deel van daai R14miljoen kan gebruik op n maandelikse basis om blankes uit die plakkerskampe te kry!Jammer,maar ek sal nooit ooit organisasies vertrou nie.

Koos ·

Jou R14 miljoen klink maar ietwat laag geskat. Hulle moet seker hul geboue betaal, en dan is daar nog bedryfsuitgawes, salarisse ensovoorts? As jy nie bydra nie behoort jy nie voor te stel hoe fondse aangewend moet word nie.

Alida ·

Niemand het jou gevra om hulle te vertrou nie dus hoef jy nie ‘n lid te word nie. Hulle finansiele bron van inkomstes het in elk geval NIKS met ons te doen nie. So ook nie die ANC, DA, EFF of enige ander instansie nie. Jy het vergeet hoeveel hulle doen vir hulle lede in die Arbeidshof. Moet net nie hulle hulp inroep as jy in die nood is en dan verkondig hulle wil jou nie help nie. Niemand werk verniet nie. As jy lid van enige organisasie is en ledegeld betaal sal jy gehelp word ongeag wat.

Cherokee ·

Jy moes ‘n diplomaat gewees het, Alida. Dankie vir ‘n netjiese antwoord.

Koos ·

Alida, sulke blinde lojaliteit soos joune is maar net so riskant as om geen organisasie te vertrou nie. Ons leef in die era waar deursigtigheid belangrik is. Lede behoort te weet waar geld vandaan kom, waaraan dit bestee word ensovoorts. Hoekom moet dit heiligskennis wees? Ons behoort selfs hulle salarisse te weet, jou oë sal dalk rek.

L ·

Alida, steur jou nie aan die mislukke gekke en dwase nie… Jy weet mos, hulle skryf op mure en glase… Ek stem saam met jou. Jy is reg. Ons volk HET NET hierdie ouens wat wel vir ons beskikbaar is en die pessimiste kan net fout vind, ondankbaar wees en maun, sies! As jy nie vir Afriforum omgee nie, hoekom n mond vol gal braak ongegrond?

Oom Kalahari ·

Afriforum ek is jare ‘n lid en was nog nooit spyt nie. Jul staan op vir baie sake van belang en is ‘n Organisasie met baie gespesialiseerde personeel/beamptes en met integriteit. Jul vat korrupsie vas waar jul ‘n deeglike ondersoek gedoen het met die nodige bewyse. Jul geldsake word positief aangewend en darem vertrou jul lede op jul. Goeie antw gegee deur Koos.

Rynhardt ·

Julle is sulke naiewe Afrikaners wat nog steeds nie kan sien hoe afriforum julle melk nie.Waar was al die organisasies voor ’94 wat so besorg is oor julle???Ek se weer as Afriforum so bedorg oor wittes is,waarom help hy daardie wittes in plakkerskampe nie???Jul kan nie die waarheid hanteer nie.Dit is die afrikaner se groot probleem!Dink n slag buite die boks!

DJH ·

Ja, Rynhardt……….jy’t nog nooit vir Afriforum ondersteun nie…..dis baie duidelik……..as jy hulle ondersteun het kon jy hulle gevra het vir raad oor die omstandighede in die plakkerskampe…….maar my eintlike vraag is, wat het JY al daaromtrent gedoen, siende dat jy so maklik kritiek uitdeel huh?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.