NVG lê beslag op miljoene rand se bates ná vrou glo Kaapstad bedrieg

geld 2Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het beslag gelê op bates ter waarde van nagenoeg R32 miljoen van ʼn Taiwannese vrou nadat sy glo die stad Kaapstad bedrieg het.

“Die bates sluit 14 eiendomme, vier motors en geld in 16 bankrekeninge in van die beskuldigde en haar familielede wat uit die tenders voordeel getrek het,” het Nathi Mncube, ʼn woordvoerder van die NVG, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Mncube het gesê die NVG in die Wes-Kaap het op 19 Augustus ʼn hofbevel bekom om beslag te lê op die bates wat aan die vrou, wat nou ʼn Suid-Afrikaanse burger is, en vyf van haar familielede behoort. Hy het gesê die vrou word verbind aan drie kontrakte ter waarde van ongeveer R68 miljoen, wat deur die munisipaliteit aan die vrou se besigheid toegeken is.

Sy het glo die munisipaliteit bedrieg deur nie bekend te maak dat haar sakevennoot ʼn werknemer van die departement van maatskaplike ontwikkeling is nie. Die tender het aansoeke uitgesluit waarby staatsamptenare betrokke is.

ʼn Fluitjieblaser het die kwessie onder owerhede se aandag gebring.

Die vrou staan tereg op aanklagte van bedrog. Die Wes-Kaapse batebeslagleggingseenheid gaan Dinsdag hofdokumente by die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville indien. Die saak sal later in dieselfde hof aangehoor word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rozanne ·

Klink vir ky inregverdig! Dit was n whistle blower gewees maar die nuus is vol op van die departmentele mense wat sulke kontrakte kry en hulle kom NIKS oor nie! Koet iemand maar gou in bel en fluitjies blaas op hulle voor iets gedoen word aan hulle? Die hele regering is vol bedrog, arresteer die hele lot en laat hulle die land van agter trallies run en dit sal miskien, dalk, wie weet, sal hulle niks oorkom want hulle sit reeds! Simple mense eerlik waar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.