NVG loop sperdatum mis vir Cradock-4-saak

Die Cradock-vier se grafstene. (Foto: Foundation for Human Rights)

Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het Woensdag ooreengekom om op ʼn kwartaallikse basis met die nasionale vervolgingsgesag (NVG) te vergader om gereeld inligting te ontvang oor vordering wat met Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK)-sake verband hou.

Dit kom ná die komitee verlede week opgemerk het dat die NVG die sperdatum misgeloop het om inligting te verskaf of vervolging sal voortgaan in die saak van die sogenaamde Cradock-4.

Maroela Media het vroeër berig die families van die vermoorde anti-apartheidsaktiviste wat as die Cradock-4 bekend staan, het hulle tot die hof gewend om die NVG te dwing om redes te verskaf vir sy versuim om ʼn besluit te neem oor die moontlike vervolging van diegene wat glo verantwoordelik was vir die dood van hul geliefdes. Fort Calata, Sicelo Mhlauli, Sparrow Mkonto en Matthew Goniwe was in Junie 1985 op pad terug van Port Elizabeth na Cradock toe hulle vermoedelik deur die Suid-Afrikaanse Polisie se veiligheidstak by ʼn padblokkade in hegtenis geneem, aangerand en vermoor is. Mkhonto en Mhlauli se liggame is kort ná die voorval by ʼn stortingsterrein in Port Elizabeth gevind, terwyl Calata en Goniwe se liggame dae later in ʼn baai gevind is. Al vier mans was erg aangerand en hul oorskot verbrand. ʼn Ondersoek in 1987 het bevind dat die vier deur onbekende persone vermoor is, maar jare later het dit aan die lig gekom dat dit glo aan die hand van ʼn aantal polisiebeamptes was.

Lede van die komitee het Woensdag hul kommer uitgespreek dat dié sake te lank sloer. “Meer as twee dekades ná die aanvang van demokrasie het families soos dié van die Cradock-4 nog steeds nie berusting nie,” sê Bulelani Magwanishe, voorsitter van die komitee. “Die komitee is ook teleurgesteld oor hoe die saak hanteer is. Die families is nie voor die tyd in kennis gestel dat die sperdatum nie nagekom sal word nie, omdat verdere ondersoek nodig is.”

Die komitee versoek dat ʼn regter dringend aangestel moet word, soos wat die minister onderneem het. “Die NVG het toegegee dat hy die saak beter moes hanteer het deur die families se regsverteenwoordigers in kennis te stel van die vertraging. Die NVG het onderneem om in die toekoms betyds met die families te kommunikeer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marius ·

Dit wys hoe min daar vir die mense omgegee word. Laat alles maar net gaan? Dit is skandelik.

Casper ·

En diegene wat bomme geplant het en landmyne geplant het op plaaspaaie wat onskuldige mense doodgemaak of vermink het kom niks oor nie,want hulle was vryheidsvegters.Kyk maar wat het in Kerkstraat en by die poskantoor in Durban gebeur.Mcbride het die bom in Durban geplant en hy hy het kwytskelding ontvang by die WVK.

Harley Davidson ·

Hulle het te lank gesloer en nou is de klerk oorlede en kan nie sy straf kry nie.

Elinette ·

Uhm ………… De Klerk was nog nie staatspresident in 1987 nie.

Swerwer ·

So belaglik. Al die Aktiviste wat gemoor het se nageslagte moet dan ook vervolg word, so maklik soos dit. Niks kan die mense wat jare gelde oorlede is terugbring nie. Kyk liewer terug en besef wie die hand is wat julle gevoer het.

Misky ·

So ‘n komitee gaan aangestel word om seker te maak die ander komitee doen hulle werk en vergeet nie dinge wat meer as 30 jaar gelede gebeur het nie…….. Absoluut lagwekkend!!!

Blikkies ·

Hierdie tipe van vervolgings is absoluut Belaglik. Dit was in ‘n ander era en die land was in ‘n oorlog gewikkel. Almal beweeg aan, hartseer oor verlore geliefdes in die stryd kom van albei kante af.

Di ·

Wat van die plaasmooorde wat tans gepleeg word in die nuwe apartheid SA??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.