NVG maak ommekeer oor moordsaak

(Argieffoto: SA Polisie)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy aanvanklike besluit om nie die beskuldigde in ’n moordsaak te vervolg nie, omgekeer nadat AfriForum se privaat vervolgingseenheid die klaer in dié saak bygestaan het.

Adv. Phyllis Vorster, aanklaer by AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het gesê die klaer in die saak se man is in Januarie vanjaar in Richardsbaai doodgeskiet en die vrou het self ook ’n skietwond aan haar hand opgedoen.

Sy en haar man het op 26 Januarie ’n oproer in die buurt opgemerk en ondersoek gaan instel. Die beskuldigde het ’n skoot afgevuur wat tot haar man se dood gelei het. Dieselfde koeël het haar in haar hand getref. Die vermeende moordenaar het in dieselfde buurt as die slagoffers gewoon.

Die egpaar se familie het weens die voorval besluit om na die VSA te emigreer.

“Die polisie het die misdaad ondersoek, maar die NVG het aanvanklik versuim om te vervolg. Dít ondanks die feit dat die polisieondersoek bevind het dat die koeël en gebruikte patroon, wat op die toneel gevind is, deur ’n vuurwapen afgevuur is wat in die beskuldigde se naam geregistreer is,” het Vorster verduidelik.

AfriForum het die vrou bygestaan deur ’n aansoek te bring vir ’n nolle prosequi-sertifikaat, waarna die NVG sy besluit, om die beskuldige nie te vervolg nie, omgekeer het.

“Die NVG se aanvanklike besluit om nie te vervolg nie is irrasioneel en onregverdig. Dit het daarom uiters belangrik geword dat daar ’n teenwig is, soos die privaat vervolgingseenheid, om te verseker dat geregtigheid geskied en wat bereid is om klaers by te staan wanneer die NVG weier om te vervolg in sake wat meriete het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hercules ·

as ek moet sê wat in my kop maal, blok die media my vir altyd :-(

Casper ·

So as ek ‘n lisensie het vir my vuurwapen dan kan ek maar iemand skiet.Was die wapen gestuur vir ballistiese toetse.Indien nie is daar nie ‘n saak nie.Hoe gaan hulle bewys dit was die vuurwapen.

Wilma ·

Hoe kla jy nie iemand aan vir moord nie????? Tensy dit ‘n opdrag moord deur die regering is wat verkeerd geloop het. AI SO SIEK VIR AL DIE MOORD, EN DAN WORD DIT REGVERDIG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.