NVG moet opdok oor pa nie onderhoud betaal

court-hammer_thumbDie Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is beveel om duisende rande se onderhoud aan ‘n ma van drie te betaal, berig Beeld.

Waarnemende landdros Daniel Thulare het Andrew Chauke, direkteur van openbare vervolging in Suid-Gauteng, as verteenwoordiger van die NPA beveel om die ma binne sewe dae R21 600 te betaal. Dit is uitstaande gelde vir onderhoud.

Die NVG word verantwoordelik gehou vir die uitstaande onderhoudgelde aangesien daar nooit ‘n ondersoekbeampte aangestel is om by die pa op te volg nie en dit die ma se eise vir onderhoud laat sloer het.

Die pa het in November 2013 die laaste keer onderhoud betaal. Chauke sê die NVG het ‘n tekort aan onderhoudsbeamptes en het aangedui dat die NVG gaan appelleer teen die uitspraak. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marietjie ·

Onderhoudseise is ‘n sirkus op sy beste. Driekwart van die tyd is jy uitgelewer aan genade van iemand wat nie veel weet nie en ook bitter min doen om te help. As jy gelukkig is kan die persoon darem Engels praat en verstaan. Sake sloer vir jare met die een oponthoud op die ander. Wie se probleem is dit nou eintlik dat die NVG ‘n tekort aan onderhoudsbeamptes het? Nie die vrou wat sukkel om haar onderhoud te kry nie. Nou appelleer die NVG – dis mos nie een van hulle kinders wat honger ly nie….

Oom Daan ·

Kudos vir lds Thulare. Hy was duidelik ook al so keelvol vir die gesukkel met sy eie dept, hy kon homself nie keer nie.
Hy’t vir seker geweet die Staat moet appèlleer, anders word ‘n onhoudbare presedent geskep. Maar hy’t vir seker ‘n duidelike boodskap aan sy eie base gestuur!
Ons benodig meer van sy stoffasie.

Lynette Pretorius ·

Die waarnemende landdros het ‘n duidelike boodskap uitgestuur, goed so.

Ek hoop hierdie wanbetaler pa word ook sommer toegesluit (daar is baie van hulle). Betaal ‘n maand of 6, en verdwyn. Dis pure slegtigheid om ‘n ma met kinders oor te laat aan hul eie genade.

Yvonne Damons ·

Ek loop vir drie jaar na die onderhouds kantoor ,sommige kere daag die pa nie op nie maar die landros se daar moet nie lasbrief uit geryk word nie.Na een verskyning toe se my kinders se pa vir my dat hy die ding gan sloer tot die kind 18 raak en hy het dit gedoen.Nou wil die hof he my seun moet self kom rn hy studeer weg van die huis af.As ek gesukkel het vir 3 jaar hoe gsn my seun maak om die geld te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.