NGV nog ’n tree nader aan werklikheid

(Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) het Woensdag tydens ʼn stemming van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid sewe stemme ten gunste van en vier stemme daarteen ontvang.

Die parlement kan nou voortgaan om oor die wetsontwerp te beraadslaag, wat beteken dat die implementering daarvan ʼn al groter waarskynlikheid blyk te wees. Dít ten spyte van grootskaalse teenkanting wat die wetsontwerp tot dusver ontvang het.

Heeltydse lede van die parlementêre portefeuljekomitee het vroeër vandag gestem oor die oorweging en aanvaarding van die wenslikheid van die wetsontwerp. Die ANC het ten gunste van die mosie gestem terwyl die DA en VF Plus daarteen gestem het.

“Dit is duidelik dat die ANC vasbeslote is om voort te gaan met hul agenda ongeag die menslike, ekonomiese en finansiële implikasie daaraan verbonde,” sê Michele Clarke, die DA se skaduminister van gesondheid.

Die amptelike opposisieparty hou vol dat die NGV in wese “die armstes van die armes sal benadeel, die rug van die belastingbetalende middelklas sal breek en ons ekonomie moontlik bankrot sal maak.

“Die wetsontwerp bied geen oplossings vir die chroniese probleme wat die gesondheidsorgsektor teister nie. Daarbenewens het die staat nie die institusionele kapasiteit om eties en sonder finansiële onreëlmatighede te funksioneer nie.”

Philip van Staden, ʼn VF Plus-LP en dié party se woordvoerder oor gesondheid, het boonop daarop gewys dat die komitee se werk rondom die wetsontwerp nog nie afgehandel is nie. Die VF Plus het dit vandag op rekord gestel dat die party nie die mosie steun nie en die wetsontwerp in sy geheel verwerp.

Die party wou voorts weet wanneer komiteelede insae gaan kry in die 338 891 geskrewe kommentare wat belanghebbendes ingedien het en hoeveel hiervan vir en teen die wetsontwerp is.

Die komiteevoorsitter het onderneem om dit in die volgende vergadering te bespreek.

Beide die DA en VF Plus het hul versekering gegee dat die geveg teen die wetsontwerp hoegenaamd nie verby is nie en dat hulle nie rus voordat die wetsontwerp verwyder word nie.

Die wetsontwerp beoog om die land se private gesondheidsorgstelsel te sentraliseer en só universele toegang gehalte gesondheidsorgdienste vir alle Suid-Afrikaners te bied.

Maroela Media het verlede jaar berig daar sal egter na raming ’n tekort van minstens R112 miljard in die nasionale begroting ontstaan indien die regering met die implementering van die omstrede NGV voortgaan.

Discovery Health het vroeër ook beraam dat 44% (R212 miljard) van die totale bedrag wat aan gesondheid bestee word aan die privaat sektor betaal word. As privaat mediese fondse dus uitgeskakel word soos wat in die NGV-wetsontwerp aangedui word, sal die gevolglike tekort deur die staat befonds moet word.

Die verhoging van belasting blyk in dié stadium die enigste manier wees om die NGV te befonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Die “ons mag dit nie toelaat nie” bootjie het in 1992 geseil. Met komplimente van 69% van “die volk” nogal. Die volgende ding is jou pensioen.

Fritz ·

En hoe gaan ons dit nogal keer? Met petisies? Met optogte? Deur vir die opposisie te stem sodat hulle maar weer hul gewone 20% kan kry?

Lourens CFG ·

Miskien moet dit tog maar gebeur, sal help dat die land nog vinniger in sy maai gaan en dan daardeur (hopelik) dat ALMAL in ons land in opstand kom teen die regering. Selfs die stemvee.

KatjieDeKat ·

Wat n nagmerrie. Nie dat almal toegang het tot goeie gehalte medies diens nie, dit is in wese n perfekte konsep. Maar wat gaan met die huidige privaat hospitale gebeur? Gaan hulle afgetrek word tot op staatshospitaal vlak? Dit sou veel beter wees om net die staatshospitale reg te ruk tot waar hulle was voor 1994. En sommer nog n paar te bou. Onthou julle die Tygerberg hospitaal, in die 70’s? Het presies net so goed soos enige privaat hospitaal gefunksioneer. Get the state hospitals back to that level of efficiency and professionalism, and you won’t have to do anything more. People pay Heavily into medical aid funds each month exactly to avoid the dystopian nightmare that state hospitals have become!

Wielspore ·

Party privaat mediese instansies in SA lewer swak diens, die klient betaal ‘n arm en ‘n been en kry swak diens in ruil daarvoor. Het vandag ‘n korting op ‘n noodgeval rekening ter waarde van R704.20 betaal, die Dr het nagelaat om die Covid toets wat positief was aan die pasient oor te dra.
Is NGV ‘n oplossing vir SA, moontlik.

VaalDonkie ·

Ek moes R82000 inbetaal toe my dogter in die ICU was. Ek was nie gelukkig nie.

Manie ·

Ek hoop jy het hulle 164 paaiemente van R500.00 p/m betaal. Ek was laasjaar in die hospitaal en moes R3600.00 vir 15 minute wat die narkotiseur langer met my besig was, inbetaal. Dis “daylight robbery”.

katerinadiekat ·

Wielspore, VaalDonkie en Manie – Ten minste lewe julle en julle geliefdes nog. Was julle verplig tot staatshospitale was julle dalk nie so gelukkig nie.

Althes ·

Die staatshospitale was veronderstel om te funksioneer vir almal wat nie medies kon bekostig nie.
Die meeste staatshospitale is wanfunksioneel, vuil, en van die verpleegsters is daar net vir die volgende paycheck. Die handjievol dokters is oorwerk.
Dis die ANC se pre-NVG

Jan ·

Die regering reken dat net “voorheen begunstigdes” (white monopoly capital) lede van mediese fondse is en toegang tot goeie mediese dienste het. Daarom wil hulle die mediesebedryf vernietig; soos hulle die mynbedryf en alle staatsinstellings vernietig het, om hulle hande op daardie geld te lé. Hulle weet baie goed dat die NGV nie gaan werk nie en dat die armstes van armes die swaarste gaan kry. Hulle gee egter nie ‘n duit om vir dié mense nie, want vir een of ander duistere rede stem hulle steeds ANC.

Kobus ·

Met geld wat hulle waar kry? En die dokters? Kubane, want ons mediese korps gaan verseker nie hier bly nie

Anel ·

Die regering voel ‘n veer. Hulle maak nie van staatshospitale gebruik nie. Hulle gaan mos sommer oorsee. En ons moet die gelag betaal. Hulle kan nie eens die staatshospitale op standaard hou nie. Hoe dink hulle gaan hulle alles onderhou? Behoede ons!!!

Mariana ·

Die ANC het net een agenda en dit is om SA totaal te vernietig. Hier kom nog groot probleme, want hulle is nie in staat om enigiets te bestuur nie.

JohanR ·

Die ANC is vasbeslote om die land die afgrond in te stuur. Wonder watter kaders kry nou weer groot geld uit NGV?

Miena ·

Ek wil net seker maak ek verstaan as sulks- “Die wetsontwerp beoog om die land se private gesondheidsorgstelsel te sentraliseer en só universele toegang gehalte gesondheidsorgdienste vir alle Suid-Afrikaners te bied” so die idee is dan om al wat n Pvt Hosp is bv Life Kosmos Wtbnk, Meulmed Pta, Wilgers Pta, Pta Oos Pta, Netcare Margate Hosp, Netcare Christiaan Barnard Kaap, Shelley Beach Hosp. e.a. oop te gooi vir “om gehalte gesondheidsorgdiens vir alle SA’s te bied”? Prov. Hospitale Bronkhorstpruit Gen, Witbank Gen, Pta Wes Hosp, Port Shepstone Hosp, e.a. se dienste gaan opgegradeer word? Dis nou Dr’s, Verpleegpersoneel, Beddens met n kussing en n kombers, n gordyn voor die venster, n skoon toilet en gangvloere, g’n snaakse bedompige ontbinde reuke nie… Nou is daar dan mos 1 redenasie – Mediese fondse en hospitaalplanne gaan dan mos nie meer nodig wees nie. Of redeneer ek dan nou soos n tipiese blondine… ek is blond by the way!!!

Misky ·

Ja Miena, ek self al gewonder presies hoe verrykende gevolge daar gaan wees t.o.v. die genoemde privaat instansies. Daar is biljoene in daai hospitale en skemas belê. Hulle gaan mos nie sommer net opgee nie.

Miena ·

Ek kry solank die popcorn reg… ons gaan lekker eet, en nog lag.

Snuffels123 ·

Vader behoed ons. Nou wil hulle ons reg ontneem van ordentlike gesondheids sorg. Dis bitter sleg dat privaat medies op die been moes kom omdat ons prag hospitale deur hulle ????tte getrek is. Ongelukkig is daar nog mense in ons land wat kan onthou hoe trots ons medici was die verpleegsters ensv kon jy deur ñ ring trek. Almal het met trots en waardigheid hulle take vervul. Nou as jy by daai einste hospitale kom loop die uriene en bloed soos riviere. Nee dankie ek betaal maar my ore van my kop af vir privaat medies. Daai geld kan die diewe nie kry nie ons moet alles doen in ons vermoë om dit te keer.

Miskruier ·

Ek het tot die besluit gekom dat slegs God my lewe kan eindig en selfs al sou ek miljoene tot my beskikking hê, ek nie n dag langer sal leef as wat God besluit het nie. Ek kanselleer my medies wat ek feitlik nie kan bekostig nie.

JM ·

BID vir die val van die ANC regering! Regdenkende landsburgers is tot versadigingspunt keelvol!! Ons kan waaragtig nie meer nie.

Sarie ·

Daar word ten minste al 28 jaar daarvoor gebid. Dalk val dit op dowe ore. Dalk is die antwoord nee. Dalk, dalk dalk

JM ·

Die ANC-regering is soos ‘n bul wat op ‘n rooi doek afstorm.

Andre ·

Hulle kan nie eers water uit ‘n rivier in die dorp kry nie, nou wil hulle diens verskaf!

Miena ·

haha… lekker lag ek nou hardop!! Slaan spyker op die kop.

Swerwer ·

Dit is juis die ding Andre…………….ons land is in sy …………. in. Tuisverpleging en versorging en die dokters moet maar weer huisbesoek doen.

quartus ·

Ons moet maar so gou moontlik operasies en ander mediese prosedures ondergaan voordat die wet in werking gestel word, want later sal dit nie moontlik wees nie

Swerwer ·

Ai Quartus dink hoe gaan die mediese instansies na 3 maande lyk………..baddens vuil, toilette sonder sitplekke, tekort aan water…………….. te veel om op te noem.

Swerwer ·

Die Kommuniste sal nooit toegee nie. Alles moet ingepalm word ongeag of hul eie nasies daaronder lei. Alles strek tot hul eie voordeel. Voor die kommunis nie uitgeroei word nie sal daar nie vrede en regverdigheid plaasvind nie. Dit is waarom alle dissipline en Godsdiens onmiddelik uit skole en van ouers ontneem is deur die Kommunis toe hul aan beheer van die land gekom het. Die een wat daarvoor verantwoordelik is gaan beslis nie rustig in sy houhuisie rus nie.

Andre ·

As mens die Weste se doen en late bekyk, is kommunisme nie die probleem nie. Eerder die gekaapte demokrasie.

Strandloper ·

Feite asb. Jy sinspeel sekerlik op Amerika en Rusland?

Schalk ·

Eerder nog een stap nader aan totale mislukking van ‘n stelsel wat nog relatief goed gewerk het. Staatsbeheer gaan soveel mislukkings in die bedryf laat gebeur, loopbane verwoes, mediese hulp laat kwyn en alles laat platval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.