NGV nóg nader aan werklikheid: ‘Donker dag vir gesondheidsorg’

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kenny Eliason/Unsplash)

“ʼn Donker dag vir gesondheidsorg in Suid-Afrika.”

Só sê die VF Plus nadat die finale wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) ʼn kort ruk gelede tydens ʼn stemming van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid aanvaar is.

Die wetsontwerp sal nou na die Nasionale Vergadering verwys word vir oorweging en stemming.

Ses heeltydse lede van die parlementêre portefeuljekomitee (almal van die ANC) het ten gunste van die finale wetsontwerp (die sogenaamde B-lys) gestem. Twee lede van die DA, een van die EFF en Phillip van Staden van die VF Plus het die wetsontwerp in geheel verwerp.

Die IVP, wat ten gunste van die konsepwysigings (die sogenaamde A-lys) gestem het, was egter nie tydens vandag se stemming teenwoordig nie.

Van Staden, ʼn VF Plus-LP en die party se woordvoerder oor gesondheid, sê daar is beslis rede tot kommer.

“Dit kan naelskraap wees in die Nasionale Vergadering indien die IVP en kleiner partye nie na ons kant toe swaai nie.

“Dit is jammer, want hierdie kleiner partye is nie eens lede van die komitee nie. Hulle het nie vier jaar lank met die wetsontwerp gewerk nie. Ek hoop hulle doen hul leeswerk behoorlik en besef wat aan die gang is voordat hulle hul stem in die Nasionale Vergadering uitbring.”

Die wetsontwerp beoog om die land se private gesondheidsorgstelsel te sentraliseer en só – ten minste in teorie – universele toegang tot gesondheidsorgdienste van gehalte vir alle Suid-Afrikaners te bied.

Die VF Plus en sommige ander belanghebbendes beskou die NGV egter as die nasionalisering van openbare en private gesondheidsorg in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig daar sal na raming ʼn tekort van minstens R112 miljard in die nasionale begroting ontstaan indien die NGV op pres. Cyril Ramaphosa se tafel beland en deurgevoer word.

Discovery Health het vroeër ook geraam dat 44% (R212 miljard) van die algehele bedrag wat aan gesondheidsorg bestee word aan die privaat sektor betaal word. As private mediese fondse dus uitgeskakel word, soos wat in die NGV-wetsontwerp aangedui word, sal die gevolglike tekort deur die staat gefinansier moet word.

Die verhoging van belasting blyk in dié stadium die enigste manier te wees om die NGV te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sobymykoolkop ·

En alle anc/ eff parlementslede besoek natuurlik staatshospitale

Catherina ·

Al wat ons oorhet is ordentlike mediese sorg. Maak mens net meer moedeloos. Ons is nie n eerste wêreld land waar NHS soort van werk. Ons kan nie almal bekostig om Rusand toe te gaan soos party ministers vir nodige mediese song nie. Ai ai

John ·

Hier in Engeland sukkel die NHS en daar is sprake dat hulle dit wil privatiseer. So kan nie sien hoe dit in S A kan en sal werk nie…

Koos 100 ·

Nog ‘n stap nader aan ‘n regering wat alles wil beheer en alles verniet wil weggee op die rekening van die hand vol belastingbetalers. Aka komunisme.

Fritz ·

So kanselleer maar vroegtydig jou mediese fonds en gebruik daai besparing in premies vir die verhoogde belasting. Help nie om tot op die laaste dag vas te klou aan jou mediese fonds nie. Maak die beste van n slegte saak.

Aggie ·

Nooit! Ouer mense kan dit nie waag nie. Dit sal baie dom wees om so-iets te doen. Die wetgewing sal in elk geval so vertraag word met hofsake dat dit ná die volgende verkiesing net sal verdwyn.

Anel ·

En ons is nog nie ‘n mislukte staat nie, volgens sekere ministers! Wel, ons is vinnig oppad na een! Die ontwerp werk nêrens is die wêreld nie, in die ontwikkelde land, nie. Hoe op aarde gaan dit hier werk? Hier is nie eens geld vir krag nie, nie poste vir afgestudeerde dokters wat hulle vervloekte zumz jaar moet dien nie!!! Maar laat ek maar niks verder sê nie.!!

Andries ·

Moenie bekommer ni kamerade. Puti(n) en kie help anc salarisse betaal so, vra net…

Cherokee ·

Ek weet steeds nie, as dit deurgevoer sou word, hoe dit lede van privaat mediese fondse kan of sal raak nie. Ons is lede van ‘n mediese fonds wat nie uit Suid Afrika bedryf word nie. Die fonds se hoofkantoor is op ‘n Britse eiland en ons is lede daarvan die afgelope sowat 35 jaar.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Nog ‘n bron van inkomste vir die Marxistiese Mzansibabwe kader-voertrog. Mzansibabwe Afrikaan getransformeerde Marxisme in werking op sy beste! Ta-ta nog meer Suid-Afrikaanse mediese personeel. Ta-ta. Welkom Russiese mediese personeel.

Althes ·

Ek verstaan nie – wat is die nut van staatshospitale en waarom die NVG?

Ons as belastingbetalers finansier alreeds openbare sorg vir die armes en werkloses.

Ek weet van ñ staatshospitale onder weskaapse regering (DA) wat indien ñ persoon ñ inkomste verdien, maar nie ñ mediese fonds het nie, hul betaal vir daardie dienste volgens hul inkomste.

En met Andre de Ruyter in sy nuwe boek, verstaan ek met wat hy bedoel dat ñ onderneming se housekeeping in orde moet wees, netheid van gebou en omgewing en geen stukkende ruite byvoorbeeld. Dit verhoog trots van werkers en is meer produktief. Dis presies wat in hierdie staatshospitale gebeur. Daar is dissipline, werkstrots en goeie diens.

Wat gaan van mediese fondse word? Gaan nóg mense hul werk verloor as gevolg van die onbevoegde ANC regering?

annie ·

Die NGV werk net wanneer ‘n land geld het om te splash. Die ANC glo vas die Weste moet die Ou SA se eerstewêreldvlak op standaard hou. Afrika het oorleef en floreer op witmense se bydrae wat nie uit die onderste vlak van bestaansreg kan presteer nie. Die waarheid skyn reeds deur en ‘n goeie mediese standaard kan nie op warrelwinde en twak behoue bly nie. Brittanje sien dit reeds.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nuwe mediese planne vir gevorderde prosedures kan uit Mauritius bedryf word. Dit kan ook dekking bied vir reis en verblyf na private hospitale in Botswana en Mauritius.

Andries ·

My een seun en sy gesin is in Londen en die ander een in Australië en albei sê dat die nasionale gesomdheidsdiens ontoereikend is. Oms regering kan nie eens bestaande gesondheidsdienste in stand hou nie, nou wil hulle ‘n perd opsaal wat nog eers ingebreek is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.