NVG nou vry van ‘korrupte invloede’, sê FUL

Lawrence Mrwebi (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die afdanking van Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi sal die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in staat stel om hom weer op te bou sonder dié senior aanklaers se “korrupte invloede”, het die regsorganisasie Freedom Under Law (FUL) Vrydag gesê.

Dít volg nadat die presidensie vroeër vandag bevestig het dat pres. Cyril Ramaphosa Jiba, adjunkdirekteur van nasionale vervolging, en Mrwebi, spesiale direkteur van openbare vervolgings, die trekpas gegee het.

Dit kom nadat ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van oudregter Yvonne Mokgoro bevind het dat albei deur Ramaphosa uit hul poste ontslaan moet word.

“Onder die leiding van die nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, kan die NVG vandag ernstig begin met die herstel van dié instelling, vry van die korrupte invloede van Jiba en Mrwebi,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring wys Mokgoro se verslag daarop dat Jiba en Mrwebi nie net onbevoeg was om hulle ampte te beklee nie, maar het hulle ook gewys dat hulle nie “die integriteit, pligsgetrouheid en nougesette eerlikheid het wat van senior amptenare vereis word in ’n instelling wat so belangrik is vir ons grondwetlike demokrasie nie.”

FUL erken in die verklaring dat Jiba en Mrwebi wel nie die enigstes te blameer is vir oortredings in die NVG nie, maar is van mening dat hulle tog die middelpunt was van oortredings by die instelling.

“Bevry van hul teenwoordigheid, kan mense in die NVG nou met hul werk en die take wat deur ons Grondwet vereis word, voortgaan,” lui die verklaring.

Mokgoro het in Februarie verdoemende bewyse teen die twee staatsprokureurs gedurende die kommissie van ondersoek aangehoor. Ramaphosa het Mokgoro se verslag, gegrond op dié bewyse, vroeër vandeesmaand aan Jiba en Mrwebi gestuur en hulle versoek om by wyse van skriftelike vertoë op dié bevindinge te reageer.

In die verslag het Mokgoro bevind dat inmenging met die werk van die NVG ʼn misdaad is. Sy het ook bevind dat albei ongeskik vir hul poste is, dat hulle oneerlik is, dat hul integriteit bedenklik is en dat hul werk nie van die nodige vlakke van professionele etiek, deursigtigheid en verantwoordbaarheid getuig nie.

Dit is bevind dat Jiba en Mrwebi versuim het om aan hofprosedures te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Wielspore ·

Ons almal het ‘n prys, party mense is goedkoop, die twee geleerdes is nie 1c werd.

Sarel ·

Hoe lekker lag ek nou . NVG vry van korrupte invloed ???? Net na die verkiesing gaan die twee, soos hulle voorgangers bevorder word, heel moontlik Parlement toe.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid. Daar het ons nou regstellende aksie in sy volle glorie! Wonder wat nou van die miljoene rande se salarisse, wat die twee narre verdien het, gaan word? Seker maar niks.

Henry ·

Hulle was seker Zuma se maatjies en nou sal hulle seker Rama se maatjies aan stel. Die een hand was maar die ander een.

Failed State ·

Lyk tog of die “regstelsel” nog effens tekens van lewe toon, sal maar moet sien.

Judge Dredd ·

Nee wat – daar is sommer nog heelwat korruptes in die NVG.

Andreas ·

Sooo reg, 2 is afgedank en hulle is bevry …. in jou lewe. Het hulle dan geen invloed op die ander gehad nie, en is dit nou bevestig dit was net die twee, so twee weke voor die verkiesing.

Gemaskerde Sopbeen ·

Weet nie waaroor die bohaai gaan nie….hierdie land het die beste vervolgingsgesag wat geld kan koop!!!

Annalise ·

En nou? Gaan hulle nou tronk toe?. Dis lagwekkend. Flippen la-la land. Ek was nooit groot gemaak om rassities te wees nie. En was ook nie. Gun die son om oor almal se koppe te skyn. Maar hoe redeneer n mens met die tipe mens. Wil net vat en vat en vat ens. Hier kom n ding.

Pieter ·

Netso, Annalise,
Wonder ook hoekom Mokgoro verslag nie ook voorgeskryf het beide moet alle verkwiste gelde en voordele ontvang en/of aangegaan insluitend alle regskostes, dadelik en ten volle moet terugbetaal aan die Staatskas plus 1% per maand rente daarop vanaf die datum van elk se wandade, onbevoegtheid en/of skorsing aan die lig gekom het, en dat al hul en uitgifte bates waarookal in wereld opgespoor kan word, dadelik op beslag geleg moet word as verbonde sekuriteit vir die volle terugbetaling aan die Staatskas, wat die Minister van Finansies ten volle moet boekstaaf, plus Burgers en Media moet inlig.

Cobus.panther ·

Korruksie is tot in die kern….gaan jare cat om te herstel indien ooit….

Buite Stander ·

Een groep korruptes word net vervang met ‘n ander groep korruptes. SA is ‘n ganster land.

Kobus ·

Kom ons wees positief. Dit is ń stap wat nooit tydens die vorige presidensie sou
plaasvind nie. Hulle kan seker aangekla word vir dwarsboming van die gereg maar ten minste is die NVG van hul ontslae. Regslui neem die eed om die reg sonder vrees, vooroordeel of partydigheid toe te pas. ń Verleentheid vir vervolgingsgesag, die tweetjies.

Elbie Naude ·

“NVG nou vry van korrupte elemente” Baie goeie begin, maar twee swaeltjies maak nie ‘n somer nie. Vir seker nie die enigste twee sondebokke nie.

Johanna Botha ·

Maw net 2 korrupte mense daar terwyl alles n gemors is ? !

Dries du Toit ·

As jy nie weet nie. Gaan trek dan net n kruis oor die stembrief. Bedorwe stemme tel ook. Anders stem vir die VF+ as jy iets vir ons voel

Zumie ·

As ‘n oud aanklaer giggel ek effens om die kommentaar gesluk te kry …. elke stappie vorentoe is ‘n stukkie gewen maar daar is nog BAIE om te doen en die stryd is verseker nie gewen nie..

LouE ·

Korrupte politici het korrupte leiers aangestel. Die korrupte leiers het korrupte amptenare aangestel. Die korrupte amptenare is nou ge-fire. Problem solved!

Felix ·

Klink reg vir my ….. hehehe. Als is mos reg in die land van melk en heuning, net solank die ondergeskikte se probleem nie die leiers en politici se probleem gemaak word nie.

Lerato ·

Kobus
Ek stem met jou saam. Cyril het al van ‘n hele klompie ongures ontslae geraak. Tom Myane, Shaun the Sheep en nou die twee Zuma advokaatjies.
Ongelukkig kan hy nie van sommige in die top 6 omslae raak nie. Hy het nie die bevoegdheid nie. Hulle is deur die party aangestel

Sarel ·

Die vervolgings gesag tot op die kleinste dorpie in SA, net soos met alle ander staatsdepartemente is verrot met die uitsondering van sommiges.
Dankie tog dat daar nog amptenare is wat die professie met integriteit beoefen.
Dit sal egter jare duur voor die semels uitgewan is, indien ooit.
Soos orals is daar nie meer toesig en beheer om van te praat nie en is elke aanklaer maar op sy/haar eie misie.
Hulle is skynbaar ook nie meer daar om die klaer se saak te behartig nie maar tree saam met die beskuldigde se regsverteenwoordiger op tot die se beskerming .

aj ·

Hulle is skuldig aan VERRAAD teen die burgers van die land en die grondwet!

Saam met “… he … he …he …” verdien hulle om lewenslank opgesluit te word!

…. anders gaan hulle wéér probeer!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.