NVG ondersoek Selebi-saak

Jackie Selebi

Jackie Selebi

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) is besig met ‘n interne ondersoek rakende die vervolging van Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiekommissaris, berig The New Age.

Volgens die berig het Selebi se familie en regspan ‘n klag van wangedrag gelê en voer hulle aan dat die staatsaanklaer nie alle bewyse aan die hof voorgehou het tydens Selebi se saak nie.

Prince Mokotedi, geskorste hoof van die NVG se integriteitsbestuurseenheid, het aan die koerant bevestig dat die klag ondersoek word. Mokotedi gaan glo Vrydag uit die NVG bedank.

“Ek weet dat Shawn Abrahams, ‘n senior aanklaer, aangestel is om te kyk na die saak. Hy het die Selebi-dossier by die Valke gekry en bestudeer die inhoud.”

Wynanda Coetzee, Selebi se regsverteenwoordiger, het bevestig dat hulle die NVG genader het rakende die wyse waarop die saak hanteer is.

Selebi is in 2010 skuldig bevind aan korrupsie en is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het in Desember 2011 by sy huis inmekaargesak nadat sy finale appèl misluk het.

Selebi is in 2012 op mediese parool vrygelaat nadat hy volgens berigte met nierversaking, hoë bloeddruk en diabetes gediagnoseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.