NVG ontken inmenging in Malema-saak

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag ontken dat hy ingemeng het in Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), se korrupsie-saak.

“Die besluit om die vyf beskuldigdes, insluitend Malema, te vervolg is gemaak op grond van die bewyse tot ons beskikking,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. “Die saak is nou sub judice en ons wil nie met Malema deur middel van die media in gesprek tree nie.”

Malema het Dinsdag ná sy verskyning in die hooggeregshof in Polokwane aan EFF-ondersteuners gesê Mxolisi Nxasana, nasionale direkteur van openbare vervolging, gebruik die saak in ‘n poging om sy werk te behou. Hy het ook vir Dunstan Mlambo, regterpresident in Gauteng, daarvan beskuldig dat hy inmeng in die EFF se sake.

Malema het beweer dat Nxasana die aanklagte teen hom wou laat vaar, maar vir president Jacob Zuma gesê het dat hy dit nie sal doen nie.

Zuma het Nxasana in Augustus in kennis gestel van sy voorneme om hom te skors. Nxasana het in die hooggeregshof in Pretoria om ʼn dringende interdik aansoek gedoen in ʼn poging om te verhoed dat Zuma hom skors. Die aansoek is onbepaald uitgestel.

Zuma het op 5 Julie aangekondig dat daar ʼn ondersoek gaan wees na Nxasana nadat hy glo nie ʼn veiligheidsklaring gekry het nie weens vorige botsings met die gereg. Volgens mediaberigte is Nxasana in 1985 vir moord aangekla maar is hy later vrygespreek na sy weergawe van selfverdediging. Hy het glo ook erken dat hy in September verlede jaar vir roekelose bestuur en verset teen arrestasie in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Beslis n oorbodige vraag. Is daar dan nie n enkele een in die gepeupel wat n onbesproke karakter het nie?
Elkeen het n ellelange kriminele rekort. So baklei hulle onder mekaar en klae hulle die een en die ander aan met die hoop dat hulle daardeur n bietjie skoner kan lyk. Onderlinge vertroue bestaan daar nie. Gedurig in mekaar se hare omdat hulle vir mekaar n bedreiging is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.