NVG reageer op Gordhan-berigte

Pravin Gordhan. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pravin Gordhan. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag reageer op Sondagkoerantberigte dat Pravin Gordhan, minister van finansies, voor die einde van die jaar weer aangekla gaan word.

Rapport en City Press het Sondag berig Gordhan gaan weer aangekla word, dié keer oor die sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die NVG het egter Maandag gesê die ondersoek na die “rogue”-eenheid is in ʼn gevorderde stadium. Volgens die NVG is dit die polisie se prerogatief om ʼn beskuldigde aan te kla, maar daar sal eers ʼn besluit hieroor geneem word wanneer die ondersoek afgehandel is.

“Dit is nie in belang van die land dat die saak onbepaald ondersoek word nie. Die nasionale direkteur van openbare vervolging het dus ʼn beroep op die betrokke partye gedoen om die ondersoek te bespoedig ten einde finaliteit aan die saak te bring.”

Volgens die NVG lei bespiegeling oor die saak tot onnodige onsekerheid en dra by tot onstabiliteit. Die NVG het ook gesê die Sondagkoerante se bron, ʼn senior beampte van die NVG, is oneerlik aangesien hy of sy nie by die saak betrokke is nie.

Die koerante het berig die NVG en Valke wil dié keer seker maak hulle het ʼn waterdigte saak teen Gordhan.

Adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, het op 11 Oktober tydens ʼn mediakonferensie aangekondig dat Gordhan, Ivan Pillay, gewese adjunkkommissaris van die SAID, en Oupa Magashula, kommissaris van die SAID, van bedrog aangekla sal word en op 2 November in die hof moet verskyn. Hy het egter op 31 Oktober tydens ʼn mediakonferensie aangekondig die aanklagte is laat vaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henk ·

Ek weet nie wie die dwaas is by die NVG wat hierdie verklaring uitgereik het nie, maar ek voel dit my plig om een of twee dinge reg te stel. Eerstens, die polisie se plif ingevolge die grondwet van hierdie piesangboord waarin ons bly, is om misdaad te voorkom ( wat hulle nie doen nie) en om misdaad te ondersoek (wat hulle klaarblyklik ook net doen wanneer dit hulle pas). Tweedens is dit NIE die polisie se prerogatief om iemand aan te kla nie. DIT is die werk van die NVG. Wat hulle klaarblyklik ook net doen as dit hulle en hul politieke hoofde pas.

Fritz ·

Henk. Ek stem 100 % saam jou. SAPS en NVG nou self al so korrup, Niemand stel eens meer belang in dit nie. Dit stel die ware kriminele instaat, om te doen wat hulle wil.

Buitestander ·

Waarom kan Zuma nie net sy kabinet kommel nie ten einde van Gordhan ontsla te raak nie?
Hy is mos by magte om dit te doen!
Dan is die geweldage staatsuitgawe mos nie nodig om Zuma se brigade aan te hou nie? Is seker nodig om sy kamerade van ‘n goeie inkomste te verseker en die vingers en skuld van om af te trek.
Dit is mos wat ‘n fyn strateteeg doen. Verseker dat hy vry van alle blaam kan voort lewe.
Wat gaan die man nie doen om na 2019 voort te gaan as Presedent van die piesang RSA?

Henk ·

Dit is wel in belang van die land dat die 783 klagtes van bedrog ens teen Jacob Zuma met bekwame spoed ondersoek sal word. Waarom draal dit dan so?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.