NVG sal nie haastig besluit oor SAID-sage

Pravin Gordhan

Pravin Gordhan

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê daar is geen sperdatum vir die NVG om te besluit of iemand vervolg sal word oor die omstrede kwessie van ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê hulle sal nie gedwing word om ʼn vinnige besluit te neem nie. “Dit sal afhang van die omvang van die saak en of daar honderde dokumente is wat nagegaan moet word. As ons eers nog ondersoek moet instel, sal ons vra vir verdere ondersoek,” het Mfaku gesê.

Hy het bevestig dat die Valke die dossier Vrydag aan die NVG oorhandig het, ʼn dag nadat voormalige SAID-hoës, Ivan Pillay, Johann van Loggerenberg en Oupa Mahashula, deur die eenheid ondervra is.

Daar is wyd bespiegel dat Pravin Gordhan, die minister van finansies, binnekort in hegtenis geneem sal word nadat hy ʼn opdrag van die Valke om hom by hul kantoor in Pretoria aan te meld, geïgnoreer het. Gordhan het dieselfde dag ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê dat die bewerings teen hom heeltemal ongegrond is.

Mfaku het beklemtoon dat die NVG nog “geen besluit geneem het om enigiemand te vervolg nie”.

Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het Maandag in ʼn onderhoud met ANN7 ʼn beroep op Gordhan gedoen om sy samewerking aan die Valke te gee, omdat sy standpunt “die indruk skep dat hy homself bo die gereg ag”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Henk ·

so, wanneer gee zuma homself oor aan die valke vir vervolging? 780 klagtes!!! Klagtes waaroor ‘n hooggeregshof regter reeds bevind het hy was korrup en is sy mede beskuldigde reeds skuldigbevind en gevonnis. En toe op parool vrygelaat omdat hy kwansuis doodgaan

Sylvia ·

Ja dit is nou ‘n geval van the “pot blaming the kettle black” .

Uys ·

Jessie, jou baas jz dink hy is bo die gereg en vee hom af aan gesag en die hof.
Die is n heksejag oor SAL en min Gordhan wat nie na jz se pype wil dans nie.

Johann ·

Ja. So cover alamal vir hulle eie gatte. Want wanneer die bom bars gaan skrapnel seer tref…vir ZUMA en ay handpoppe. Skokkend om te dink dat Zuma homself SO bemagtig!!!!! En dis wat ons van weet ek kan sien?

Johannes ·

Johann, ons wou dit dan so gehad het – ons wou mos met mandella en die terroriste ANC “onderhandel”. Nou huil ons?

Pieter ·

Kan iemand my vertel wat is die sonde wat die “rogue eenheid sou gepleeg het. As dit n “spesiale eenheid (spionasie eenheid ) is om diegene wat verdag vir SARS is wat moontlik korrup is en belasting onduik , is dit wonderlike eenheid- net nie vir skelms nie. Daarvoor betaal ek belasting met graagte. Zuma jou dag in die hof kom nader soos jy al gevra het

Cherokee ·

Hoekom? Waarom pla dit jou? Laat die ANC hul eie binne-hevegte hê. Gun hulle dit.

JC ·

Die Duarte affere self is seker so skelm en korrup sy weet nie hoe het sy dit nie!!
Haal eers die balk uit jou eie oog, en los die wat hul werk probeer doen!

Politikis-kritikus ·

Ja, Pieter ek stem saam. Is dit dan ‘n sonde dat ‘n verantwoordelike persoon op ander se verantwoordbaarheid laat spioeneer wat verdag is? Is dit nie in landsbelang nie? Is dit nie dalk eerder ‘n geval van vrese dat hul (die regering se) eie oneerlikheid en korrupsie oopgevlek gaan word nie? Pravin is tipies ‘n slagoffer van die ANC se werkwyse, net soos Thuli Madonsela wat ook die swye opgele moes word. Nou is Van Rooyen skielik weer op die voorgrond, nogal in intimiderende militere drag, om wie bang te maak? Die hele spul is siek en dink almal is net so kortsigtig as hulle.

Koos1 ·

En intussen kan iemand asb vir die Rand ‘n valskerm leen, totdat hierdie dinge klaar is.

The falling Rand…. Proudly brought to you by the ANC!!!!!

Cherokee ·

Julle is so naief dat dit grens aan die belaglike. Wat maak julle seker dat Gordhan so onskuldig is as wat jùlle hom verklaar? Daar bestaan bewerings dat hy ‘n SARS-amptenaar se vroeë aftrede goedgekeur het en hom kort daarna weer aangestel het. Daar is ook bewerings wat tred hou met duurder kontrakte vanuit Indië wat aanvaar is terwyl daar goedkoper lokale kwotasies was. Hoe waar daardie bewerings is sal ons nie weet nie maar daar is mense wat sulke stellings maak. Indien dit nie waar is nie kan hy mos so sê.

Kobus ·

Maar dit is nie waaroor hy nou ondersoek word nie, gaan google gerus.

JC ·

Ek stem Kobus, nie OM NAIEF TE WEES NIE; MAAR: DIT IS ‘N HEK-SE-JAG!! MENS SAL KORTSIGTIG WEES OM NIE DIT TE WEET NIE VERAL IN DIE HUIDIGE GEK POLITIESE KLIMAAT…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.