Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, het gesê hulle sal nie gedwing word om ʼn vinnige besluit te neem nie. “Dit sal afhang van die omvang van die saak en of daar honderde dokumente is wat nagegaan moet word. As ons eers nog ondersoek moet instel, sal ons vra vir verdere ondersoek,” het Mfaku gesê.
Hy het bevestig dat die Valke die dossier Vrydag aan die NVG oorhandig het, ʼn dag nadat voormalige SAID-hoës, Ivan Pillay, Johann van Loggerenberg en Oupa Mahashula, deur die eenheid ondervra is.
Daar is wyd bespiegel dat Pravin Gordhan, die minister van finansies, binnekort in hegtenis geneem sal word nadat hy ʼn opdrag van die Valke om hom by hul kantoor in Pretoria aan te meld, geïgnoreer het. Gordhan het dieselfde dag ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê dat die bewerings teen hom heeltemal ongegrond is.
Mfaku het beklemtoon dat die NVG nog “geen besluit geneem het om enigiemand te vervolg nie”.
Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het Maandag in ʼn onderhoud met ANN7 ʼn beroep op Gordhan gedoen om sy samewerking aan die Valke te gee, omdat sy standpunt “die indruk skep dat hy homself bo die gereg ag”.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
so, wanneer gee zuma homself oor aan die valke vir vervolging? 780 klagtes!!! Klagtes waaroor ‘n hooggeregshof regter reeds bevind het hy was korrup en is sy mede beskuldigde reeds skuldigbevind en gevonnis. En toe op parool vrygelaat omdat hy kwansuis doodgaan
Jessie, jou baas jz dink hy is bo die gereg en vee hom af aan gesag en die hof.
Die is n heksejag oor SAL en min Gordhan wat nie na jz se pype wil dans nie.
Ja. So cover alamal vir hulle eie gatte. Want wanneer die bom bars gaan skrapnel seer tref…vir ZUMA en ay handpoppe. Skokkend om te dink dat Zuma homself SO bemagtig!!!!! En dis wat ons van weet ek kan sien?
Kan iemand my vertel wat is die sonde wat die “rogue eenheid sou gepleeg het. As dit n “spesiale eenheid (spionasie eenheid ) is om diegene wat verdag vir SARS is wat moontlik korrup is en belasting onduik , is dit wonderlike eenheid- net nie vir skelms nie. Daarvoor betaal ek belasting met graagte. Zuma jou dag in die hof kom nader soos jy al gevra het
Kan dit ASB net tot n punt kom !